More julle!
Jinne, maar dis lekker koud! Gelukkig sit hulle die heaters so warm in ons gebou, jy kry lekker warm!
Ek moet se, ek is baie gelukkig! Het nog nie sooibrand gekry nie!! Kom ons hou duim vas, ek skip sommer heeltemal die sooibrand, want ek het mos sommer die naarheid ook helltemal geskip!
Wat ek wel kan se is, ek het verseker die dooie hande en vingers gekry! Ek word elke oggend wakker, dan is my hande en vingers heeltemal dood!

Maar gelukkig is dit niks ernstigs nie, mos net baie water op die senuwees en tendons druk, blykbaar!

Maar ek moet gereeld deur die nag en in die oggend my arms beweeg en my hande en vingers wikkel om weer lewe terug te kry!
Nope, my borste het ook nog nie begin lek nie!
Mense, maar ek het nie meer klere om aan te trek nie! Ek begin nou baie ongemaklik voel met my eie lyf!!
Het my bes probeer om te le en vir Riley te voel, maar nope, niks!
O ja, het mos die gynae gevra en my placenta le anterior, so dit le eintlik hier by my naeltjie (voor) so dit kan maak dat ek nie babatjie voel nie, want daar is 'n buffer!
Lekker daggie xxx