more girlies hoe gaan dit met julle op die koue dinsdag oggend? met my gaan dit goed dankie is weer vol energie en wil net als reg ruk. Wel soos julle weet was manlief gister by die huis en ons het lekker in die baba kamer in gevaar en dit begin darm nou soos n baba kamer lyk jipeeeeeeeeeeeeeeeeee nog net n paar goedjies om uit te vat dan is ons gefix. Dan kan ons maar die pram en compactum gaan koop want daar is nou plek vir dit.
Hulle kom vandag die huis se wardasie doen jipeeeeeeeeeeeeeeee want nou weet ons die bal is aan die rol hopelik is ons hier uit voor september ek kan regtig nie wag nie ek en manlief sien so uit daarna om op ons eie te gaan ek dink dit is nou bietjie nodig.
Wel met baba gaan dit nog goed sy was bietjie rustig gister en ek het gewonder wat aan gaan maar ek dink sy was net lui want sy is al van vroeg oggend af besig so ek dink als is ok ons gaan donderdag gynae toe en ek kan nou nie meer wag nie.
Anina baie welkom by ons, ons hoop jy gaan dit so geniet hier soos ons en dat jy ook verslaaf raak hieraan want die res van ons is verslaaf aan die site kan nie van mekaar af weg bly sonder om mekaar te mis nie. Baie geluk met jou dogtertjie.
Julle ons was toe saterdag na my swaar hulle toe en daai seuntjie van hulle is te pragtig hy is nou net oor die 3 maande oud en weeg n hele 7kg en ek wens julle kan sien hoe lag hy dit is om van broeis te raak. Ek het n kakhuis vol kleure by haar gekry n boks en 2 sakke vol en glo dit of nie maar ek het nie plek om dit te pak nie nou het manlief gese ons moet maar nog n laai kassie gaan koop dan bou hy altwee onder die bed in. Ek het ook sulke ander goed by haar gekry dalk kan julle my se wat die is die goed se naam is blackthorn berry elixir?
Kan julle glo laat dit al amper july is ek meen my stork is in augustus dis net om die draai hoe vlieg tyd nie ne?
Wel ek moet gou weer aan die kant maak voor die mense na die huis kom kyk, Manlief is weer van more af by die huis dan werk hy eers maandag weer so dan weet julle as ek bietjie stil is want ons probeer maar ons goedjies uitsort terwyl hy hier is dan het ek nie nodig om al die swaar goed op te tel en rond te skyf nie en ons geniet die tyd nogals saam en geniet om die baba se goed saam reg te kry maar ek sal probeer om so 1 of 2 keer per dag gou gou te kom in loer
Lekker daggie