file Oktober mammies 2010

14 years 9 months ago #217155 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ai DF, sterkte man, ek dink aan jou en hoop alles sal reg wees. {big big hug}

Hasie, ek moes ook progestoroon aanvulling kry met Henko na ek 2 miskrame gehad het. mens is so bang dit gebeur weer dat jy sommer dadelik op die 'help vasklou pilletjies' wil gaan as jy uitvind maar dis nie altyd so maklik nie.

Dis dinsdag, whoopwhoop :silly:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217149 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal!

Grenaat, jy maak ons lekker jaloers! Ek wil so graag ook Phuket toe gaan, maar met ons finansies soos wat dit op die oomblik lyk sal sulke dinge net drome bly. Miskien eendag as ons groot is...

Bollie, as die bloedtoets se tellings val is dit gewoonlik te laat om die swangerskap te red. Wonderwerke gebeur wel. Ons moet maar almal vir DF bid, dat die Here se wil geskied.

Slegs omtrent 60% van swangerskappe kom tot by 6 weke, meeste swangerskappe termineer voor mens nog weet jy is swanger. Dit is baie keer agv 'n abnormaliteit of 'n swak eiersel / spermsel of ongunstige toestande in die baarmoeder. Dit is maar survival of the fittest, maar dit maak dit nie makliker nie.

Stefan was amper nie hier nie agv my tekort aan progesteroon wat nie die swangerskap kon onderhou nie. Tog is hy 'n lewenslustige klein seuntjie wat niks makeer nie (behalwe dat hy so mal is soos sy pa...). Ons is deur 'n nagmerrie met die dreigende miskraam en het 'n groot sug van verligting geslaak toe ons uiteindelik by 12 weke uitkom. So dis belangrik om uit te vind wat die miskraam veroorsaak. As dit net 'n progesteroon tekort is, kan mens met die volgende een vroeg optree en dit stabiliseer. Maar as dit agv genetiese afwykings is, moet mens dit verder ondersoek. Die eerste stap in behandeling is gewoonlik om progesteroon voor te skryf van so 10 dae na ovulasie af. As die volgende swangerskap dan steeds termineer, doen hulle 'n chormosoom toets om te kyk of dit agv 'n genetiese afwyking is.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217143 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Grenaat, ek is so jaloers ek wil nie eers met jou praat nie!! :sick:

Dit gaan heerlik wees!!!!!

DF, aai, ek hou duim vas.....is dit dan verseker 'n teken?? Skuus, maar ek weet nie regtig hoe dit werk nie :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217132 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai tog DF, drink jy progesteroon? Baie sterkte vir julle, ons dink aan julle.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217131 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Laat gou weet, ek het weer bloed toetse laat doen en dit lyk nie goed nie. Die count het gedrop van 199 na 96.3 ....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217119 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
oe die dag sloerrrrrr omtrent. :angry: hoop nie die hele week sloer so nie LOL

Ja ons ry vrydagaand 6uur George toe na my skoonfamilie. ons kom die keer bietjie vroeer terug want Henko begin mos skool die 4de so ons wil hom dadelik insit en dan is ons daai week nog by die huis (dalk gaan dit bietjie makliker wees om by die huis te sit en huil as by die werk :blink: ) So ons is so 2 en halwe wekies by die see. en 9de terug by die werk.

ja tyd vlieg so vinnig.

Kwaatjie, sterkte met die medicals, shame man. bly ek het dit nie by my werk nie. maar ag sien dit as 'n goeie ding, dis 'n checkup :lol: dan weet jy weer als is reg!

Oe julle, ek het nog nie eers vertel nie. Ons gaan vroeg Junie Phuket toe. omw ek is so opgewonde. ek het nog nooit gevlieg nie en ook nooit oorsee nie. Ons gaan 6 nagte in phuket in 'n 5ster hotel bly en 4 nagte in die Phi Phi eiland wees. (ek sien nogal hier is 'n advertensie vir Koh Phi Phi hotels, maar dis nie die een waarheen ons gaan nie).
Hulle pryse is nou vreeslik goedkoop, ons 6nagte in phuket is maar R3500. Alles saam is R12000 ppersoon. dit sluit in 10 nagte in 'n 5ster hotel/spa, ontbyt, vlugte en vervoer na die eilande. Ek dink dis 'n bargain. Kyk bietjie na die hotel in phi phi, dis asemrowend (kyk so paar minute na die fotos op die 1ste blad voor jy ingaan na website. )
Hulle het james bond en the island hier geskiet :) www.ppisland.com Jis ek is so exited hoor, kan nie wag vir dit nie.

urgh, kom nou tyd, loop asb!!!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217106 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie ek sekondeer die kraamverlof! Dit was great! :woohoo: Nou knip jy net jou oe dan is die dag verby en dit is slaaptyd! :huh:

Ag tog! Ons het more "full medicals" by die werk! Dis aaklig! Ek was die jaar soveel keer by die dokter, hy kan hulle sommer se of ek reg of weg is! :dry: Eintlik is ek nie lus vir 'n wildvreemde persoon se kommentaar oor my gewig nie. :blush: Ek is besig om daaraan te werk en dit het niks met hulle te doen nie. :unsure:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account