file Oktober mammies 2010

14 years 9 months ago #217243 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Hasie, ek hoop die bike ding werk uit! Dis darem maar goor om sonder 'n kar te sit!! Ek kan jou frustrasie heeltemal verstaan!!

Ek het weer gelees die teething necklace word van amber gemaak en dit le teen die vel en word deur die vel geabsorbeer, dis anti-inflammatories of so iets...almal waarmee ek al gepraat het, het gese dit werk somehow!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217236 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Lekker lag ek vir Henko wat pappa se boude wil bykom! Stefan sal seker nog daai een probeer.

Ek het mos nou 'n nuwe ousietjie, sy sal maar moet werk as sy wil geldjies he want ek gaan haar nie betaalde verlof gee nie. So ons sal sien. Sy kom more weer, dan sal ek haar vra wat haar plannetjies is.

Claudia het nog net 4 tandjies. Maar ek dink sy is besig met nog ene, of dalk meer as een. Hulle sit maar diep, ek kan glad nie die wit sien nie. Maar haar doeke en ongereelde poewe verklap dat daar wel iets aan die gang is. Ek moet se, ek dink daai teething necklace help, want sy is glad nie moeilik nie. Ek was maar erg skepties oor die ding, maar tog lyk dit asof daar 'n verskil is. Ek het sommer kwaad geword toe ek die pakkie lees, dit se dat die ding werk omdat daar 'n elektromagnetiese veld om dit is, en dis absoluut nonsens. Ek kan heeltemal verstaan dat daar nog heelwat goed is wat Wetenskap nie kan verklaar nie, maar moet dan nie 'n simpel onwaar verklaring daaraan probeer heg nie. So ek weet steeds nie hoe dit werk nie, maar dit lyk tog of dit werk...

Stefan sny ook nog tande, hy sny nou al vir 3 weke lank aan die een kiestand, en toe ek vanoggend my vingers daar inkry toe kan ek voel dat hy uiteindelik heeltemal uit is. Nou is die ander kant aan die beurt, en dan sal dit seker die onderste twee se beurt wees. Gelukkig is ons daarna klaar met tande vir hom. Dan het hy alles minus die twee wat ons moes trek.

Johan gaan nou na 'n bike kyk wat hy wil koop. Dit sal vir my wonderlik wees as hy dit nou kry, dan het ek vlg week weer 'n kar. Ek voel so vasgekeer hier by my skoonma. Sy het gese ek kan haar kar gebruik, maar as ek dan ry, het sy nie 'n kar nie. En sy moet gereeld my skoonsus se twee dogtertjies iewers op of af laai. So dit bind my baie met tyd. Kan nie wag om voltyds my eie kar terug te he nie!!! En ons gaan so baie spaar op petrol as Johan met die bike stasie toe ry. En hy ry rowwe verkeer elke middag deur Voortrekker weg om by die huis te kom, as hy 'n bike het sal dit hom ten minste 'n halfuur in die verkeer spaar.

Ek dink Claudia is nou uiteindelik wakker, sy slaap al vir 3 ure, laat ek gaan kyk!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217227 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ja jong die weer is so lekker maar dit suck ook :S my vroutjie is ook net nog more by die werk en al die wasgoed moet gedoen word. hoop als word droog want ek is nou regtig nie lus om my vakansie by die see te begin met strykgoed nie. wag kom ek gaan kyk gou die weer :P

okay darem more en vrydag weer son. sat en sond weer reen!

ja Ruben het lank stil gestaan maar nou sommer ook 2 onder en nou besig met die 2 bo.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217214 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Stella, wekom! Bly jy kon inloer.

Grenaat, aai die tande kry tog! Riley het sommer op een slag 5 tande deurgedruk, en hulle is almal middel agter, bo en onder. En dan die een langs die een voortand.
Ou Henko is darem te ougat man!

Kan nie glo dit reen elke keer as my bediende kom nie!! :ohmy: En vandag is haar laaste dag en dan sy eers weer die 2de week in Januarie.

Julle is ek niks lus vir werk vandag nie!!!

DF, enige nuus, hoe gaan dit?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217209 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hello hello

waar is julle almal

Kwaatjie hoe het dit gegaan met die medials? hoop nie hulle het jou te erg ondersoek nie :pinch:

Hi stella, welkom terug, jy moet nou bietjie bly jong.

Julle, ou rubenkind se 2 boonste tande kom uit, die langs die dracula tande (wat nog nie uit is nie). shame man dis 2 vet mieliepitte wat daar sit,kry hom so jammer. en dis bo-op sy gums, nie onder die gums waar die tande gewoonlik uitkom nie (verstaan??? :blink: ) ek hoop nou maar net hulle pop vinnig uit, die arme kind is in vreeslike pyn.

ag hierdie henko, ek het so vir hom gelag. ons was die naweek by 'n partytjie en het hy nou iets opgetel wat eintlik vreeslik snaaks is. elke keer as tim iets doen dan se hy, ek gaan my ma se LMAO en dan hardloop hy na my toe en vertel my. En hy se vir tim gisteraand, ek het nou die laaste keer gepraat dan gaan jou gat brand Bwahahaaha tim het so gelag want dis wat hy altyd vir henko se.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217198 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal!

Stella, lekker om jou weer te sien, ons het begin dink jy het verdwyn. Jong die melatonien gaan nie vir jou werk nie. Dit help 'n kind om aan die slaap te raak, nie om aan die slaap te bly nie. Dis by enige apteek beskikbaar. My vriendin wat 'n oudioloog is gebruik dit om babas wie se ore sy moet toets aan die slaap te maak. Sy het baie navorsing daaroor gedoen want die botteltjie se nie vir kinders onder 18 jaar nie. Maar hulle gee dit vir prem babatjies om hul kanse op lewe te verbeter en baie kliniek susters stel dit ook voor. So ek glo dit is veilig om te gebruik. Dis die hormoon wat jou liggaam afskei om jou vaak te maak en dit laat vir Stefan uitkap binne 10 min. Maar hy is dan nie in 'n "drugged" slaap nie, hy slaap en skop en alles nog net soos gewoonlik. En as hy gewoonlik wakker word deur die nag, doen hy dit met melatonien ook.

DF, hoe gaan dit met jou?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217183 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle

Ek is so jamr dar ek julle so afskeep! dit was net eenvoudig n malhuis die laaste paar maande

Ek gaan regtig nie eers probeer inhaal nie

DF baie stertkte - ek dink en bid vir jullee

Ons het laas vrydag gesluit en open eers weer die 9de jan! ek is sooooo bly - het die lang bbreuk nodig! ons ry vrydag see toe tot die 27 ste - sien so uit! ons gaan na my ma hulle in natal

gaan baie goed met xander - hy loop al van so paar dae na sy eerste b day! het n mondvol tande - n hele 11! !!!!!! Stroopsoet in due dag, eet goed ens!

Dis die aande wat nig lol - soek sy melk of hy slaap nie - drink nog 2 keer un due nag en word heelwat wakker tusenin

Hasie - vertel my meer iir mekatonin en wanneer kan mens dit begin gebruik

Ek hoop om nou meer gereekd te kom chat

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account