file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #34566 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Weer Dinsdag, so ons het perd gery en toe is ek gou mall toe. Suzaan verjaar eintlik more so ek moet nog 'n beter persent kry as die hoela hoop, haarborsel en sepies. (Al is dit wat sy graag wou he) ;)

Gerne ek weet wat jy van praat!! Ek kry ook al daai ronde ligament pyne. (Dit word erger met elke swangerskap. :ohmy: )

Carmen ek is ook 'n groot rugby fan. Ek en manlief het nogal gisteraand na super rugby gese daar is maar min kaartjies om te koop. :(
Ons is in elkgeval te ver so sal maar die tv ding moet doen.

Christa iewers het ek iets gemis, gaan jy of was jy by sonar spesialis? Of is dit Vrydag se afspraak? :blush:

Happy dis goed dat manlief so lief is vir baba. My man slaap ook elke aand met sy arm oor my en hou dan my maag vas. Hy het al paar keer vir boeta voel skop. :cheer:

Nou ja lyk my jul is so 5% meer chatterig vandag. :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34484 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Christa, jip, ek is nogal 'n baie groot rugby fan!! Veral Super 14! :woohoo:

Gerne, jip, was maar net 3000 beskikbaar vir ons arme siele! :angry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34426 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
christa, dit klink lekker. jy moet dit geniet!

Carmen, dis jammer ne, maar daar was ook nie regtig so baie kaartjies beskikbaar nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34424 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, wat 'n teleurstelling moes dit nie wees nie! :blink: Klink of jy 'n ernstige rugby kyker en ondersteuner is! Nou sal jy maar op tv moet kyk, ai en dis net nie dieselfde nie! :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34393 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, goed om weer 'n salg van jou te hoor! :laugh:

Eina vir die ligament spasmas! :blink:

Die sonar analis is 'n ginekoloog wat in sonars gespesialiseer het. Sy sien goed raak wat ander dokters nie eers weet om na te kyk nie. Gaan basies seker maar kyk of alles reg ontwikkel het en baba se presiese grootte meet en so aan. Ek weet ook sy kan kyk of die hartjie en ander organe volledig ontwikkel het en reg funksioneer. Dis seker maar soos meeste van julle ginekoloe ook kan doen. ;)

lekker dag vir almal! dis maar stil die week! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34389 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More more julle!!

Ag shame Gerne, dis nie lekker nie! :( maar soos mens se, dis nou maar een van daai 10 dinge in die lewe!

My gemoed was baie swart vanoggend! Die Super 14 rugby Final kaartjies het van 09:00 op sale gegaan, en ek was reg en het al gebel vanaf 08:45 en die lyne het gecrash, jy kon nie eers op die website kom nie!!! Alles uitverkoop binne 15 min! :angry: Ek wou sooo graag gaan na die final Saterdag!

Maar nou ja! Voel goed, leef maar met die loopneus, ek moet se dit plan net in die oggend en in die aand!

Chat later weer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34265 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Petro wanneer sien jy weer vir "choppie"?

Lily, baie geluk met die girlie!!! Oe die kamer klink baie oulik hoor!

Carmen, mal oor jou naam se betekenis. Jou kamer klink ook baie mooi! kan nie wag om julle almal se fotos te sien nie. Jy weet jy kan ACC200 gebruik ne! dit help baie vir die sinus, maar net 2 per dag vir 3 dae. o ja, en allergex pilletjies.
Melody, jou dogtertjie se naam is baie mooi!

Christa, wat is die sonar annaliese?

Hi Paisly, bly om te sien alles gaan nog goed by jou. Ek verwag 'n seun, kyk by bladsy 2, daar is 'n lysie van almal se geslagte!

Happy, soutwater sal def help. sterkte

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account