file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #34242 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle.

ag ek is uiteindelik terug by die werk en dis nie lekker nie, sal eerder wil slaap :)

Ek was gister gou terug dokter toe want ek het vreeslik pyn op my maag gehad die heel naweek en was bietjie skrikkerig, raai wat is dit: Round Ligament Spasms. kan julle dit glo.

wel dit is my ligamente wat strek soos die magie groei en dan in spasma trek. nou dit kom meestal voor by 2de of 3de swangerskappe en eers hier by 30 weke, ek is ongelukkig dat dit nou al met my gebeur en is daar niks wat ons kan doen nie. die dokter se sy kry my jammer maar dis nou maar so. :) Dit voel amper soos ligte (maar baie seer) kontraksies. Ai lyk vir my ek gaan swaar dra hierdie keer!

gaan gou al julle briefies lees.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34232 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
ja nee christa ek wardeur dit baie dat hy so lief vir baba is en dis vir my ongelooflik om hom so te sien hy kan nou nie meer wag vir baba om gebore te word nie ons het sondag so lekker oor baba gepraat tope se hy ja hy wonder hoe kry baba dit reg om so woelig te wees maar hom self nie te koek met die naelstring nie so hy dink aan baie dinge oor baba.
Ek gaan defnitief die sous water probeer want ek is raad op en dis nie net 1 tand wat pyn nie die almal bo en onder aan die linker kant van my mond en glo dit of nie maar dit is net in die aand as ek in die bed klim om te slaap verder deur die dag weet ek nie van die pyn nie dis wat so snaaks is.

Ek wonder ook waar is almal

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34193 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Elise, dis lekker as manlief al klaar so lief is vir baba! :woohoo: My man is net so erg, prat met baba en vertel pappa is lief vir baba en wat nog als! Het nog nie die skoppe gevoel nie. :P

Het jy al probeer om jou mond met 'n sterk louwarm soutwater uit te spoel? Dit sal die tandvleise ontsmet. En probeer ook die Orochlor keelspuit, wat as mondspoel ook gebruik kan word. Dis anti-bakteries en verdoof sommer lokaal ook. Vra jou apteker. :)

Wat die kopsere betref, "join the club"! Dit voel soms of ek kan huil so seer is my kop. En ja, Panados doen nie juis iets nie! :(

Ek wonder waar is die res? :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34170 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
MOre Christa ja ek sien dis so stil hier ek was gister maar bietjie besig is besig om bietjie te spring kleen die plek ireteer my nou so ek is op die skoon maak veldtog is vandag besig om bedde goed te was en op en onder als skoon te maak in die slaap kamer en nou word manlief kwaad vir my want volgens hom doen ek te veel en ek moet dit rustig vat.

Julle my tande neek my op ek kry nie geslaap nie wil nou die apteeker bel en hoor of sy vir my raad het en nou kry ek ook hierdie vieslike kopseere ai ek wou regtig nie 1 van daai vrouens gewees het wat kla deur haar swangerskap nie maar lyk my dis maar deel van groot word lol

Ag julle manlief was gister aand op cloud 9 het my maag vas gehou toe ons in die bed klim om te gaan slaap en toe skop babsie vir n 1ste span en toe manlief sy hand af haal toe hou sy op en toe hy weer vas hou skop sy weer n hond uit n bos uit sou toe se pappa dis tog pappa se kind sy is kla lief vir hom ai dit was so sweet ek wou hom op vreet

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34010 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More al julle besige mammas! Hoop ons sien almal darem vandag hier! :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #34008 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More Elise, lyk my die ander slaap nog! En hulle wou ook nie gisteraand gesels nie. Ek wonder wat gaan aan? :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #33844 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Lekker aand vir julle almal! Hoop ons sien alaml more hier! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account