file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #32660 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
More girls

Hoe gaan dit met julle? met ons gaan dit goed behalwe dat ek weer tandvleis inveksie het en alw vir bobby terug het ai!!!!!!!!!

Wel ons het n rustige naweek by die huis gehad het saterdag toemanlief gewerk het gaan kyk hoe my klein neefie rugby speel dit was so cute hul is nog so klein maar wil mekaar al kla piets.
Sal seker die nawek bietjie baby shopping gaan doen as manlief nie werk nie.

Hoop julle het n lekker daggie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32527 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Dankie Janine, dis baie mooi woorde! Laat my weer meer gerus voel!

Toemaar, die regte naampie sal nog verskyn!

Riley beteken "courageous".

Het Vrydag na werk, 'n paar goedjies toe gekoop by Baby Boom, is nou baie arm!!

Sal nou eers maar weer bietjie geld spaar!!

Ag ek is sooo bly die Bulls het gat geskop met die rugby gister, en vir julle Kapenaars, sal ek maar se, geluk Stormers! :blush: Hulle is mos maar ons Bulle se aardsvyande! ;)

Lekker Sondag vir julle! Gaan maar rustig wees en wasgoed was en dan net koffie drink vanmiddag saam my vriendin wat kom kuier het van die Kaap.

Baai

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32502 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ag maar julle kuier lekker.

Christa het jy toe jou waentjie gekoop? Ag ek wens ek het myne al. Is nou ook lus om te gaan koop. Miskien die week dalk.

En jul ander moet jul naweek almal geniet.

Tata 4 now. ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32350 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
hallo al die mammas

uiteindelik is ek by die huis. ek is stokflou

my kuiergaste kom ook binnekort

het gou eers die hond gaan bad, want hy was baie vuil. plaashonde bly mos nie skoon nie. hy raak nou amper te swaar vir my om uit die bad te tel

lekker naweek

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32340 by Melody
Replied by Melody on topic Re:Oktober mammies 2010
Shoe dis mooi, en ek glo dit ook. Dis darm maar iets groots wat nou met ons gebeur en n gawe van GOD. "The meaning of the name Kayla is Pure And Beloved"

Lily, hulle se as jy die baba sien sal jy weet wat die naam moet wees, so wees maar gerus dat as julle nie n keuse maak voor daai tyd sal dit self ook uitsorteer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32337 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen en Melody, hierdie som dit vir my op "When a baby is born, so is a mother" (en sommer 'n father ook!) Glo daar's maar tye wat mens bietjie onhandig gaan wees met so 'n klein ou lyfie, maar op die ou end kan niemand beter vir jou babatjie sorg en liefde gee as jyself nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32335 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Christa, en dankie vir jou lysie ook! Is lekker om almal se datums en als so bymekaar te sien. My kop is seker weer plat vandag, maar wie's Marion nou weer? :blush:

Carmen, ek bly in Elarduspark. Waar bly jy nou weer? Geniet die shopping by Baby Boom (ek was nou die dag by Baby City, maar gits my kop het omtrent gedraai na die tyd - al die baba goed is vir my nog baie oorweldigend en vreeslike deurmekaar tak...). Het natuurlik na vanoggend se sonar gou eers by winkel gestop vir ietsie pienk!

Melody, jou name is mooi en gelukkig kort - ek weet van 'n Christiaan Gerhardus Marthinus Jansen van Rensburg en hy's nou maar eers 1 jaar oud. Imagine om dit te leer skryf! :blink:

Ons het nog glad nie dogtertjie name nie, het so een of twee seuntjie name gehad (wat ons lankal al gedink het mooi sal wees), so nou moet ons omtrent begin rondsnuffel en dink!

Geniet die naweek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account