More al die Mammas!
Julle het omtrent gekuier die naweek!
Carmen, Melody en Janine, ek stem saam, wanneer daai ou klein dingetjie in jou arms gesit word, sal jy sommer net wwet wat om te doen. Janine, daai woorde van jou stel dit so duidelik, alle nuwe mammas moet dit so kan sien!
Ralmarie, ek het toe Saterdag my waentjie gaan koop. En sommer 'n donut ook! So ronde een met rooi, navy en dan wit en navy check driehoeke! Manlief was ook dadelik mal daaroor, oor die helder kleure wat dit het!
Die Baby Shoppe by Game het 'n Lemmetjie groen waentjie. Jy kan met Bashir praat by 018 464-4687. Hy is die eienaar van altwee winkels. As jy reg voor Game se ingang staan is dit die 3de winkel aan die regter kant. So 'n klein BAAAAIIEEE vol winkeltjie, maar hulle is vriendelik en behulpsaam. Die waentjie het 'n 12 maande waarborg ook.
Petro, bly jy is vielig tuis, al is jy doodmoeg! Hoop die gaste het jou darem bietjie ruskans ook gegee!
Carmen en Melody, julle dogters se name het pragtige betekenisse!
Ralmarie, hoe het dit met jou verjaarsdae gegaan?
Ek kan nie wag vir Vrydag nie!!!

Ons gaan vir sonar by die analis en pappa gaan die eerste keer vir baba sien! Hy kan net nooit saam gaan nie omdat ons saam werk, maar het belowe om 'n plan te maak vir Vrydag!

Dan sal ek ook fots kan kom post! Jippiieeeeeeee!!!
En waar is Helene? Sy is darem BAAAIIIEEE stil!
Lekker dag almal!