Gou gou weer opgevang, ek kan nie vir julle se hoe bly ek is dat dit naweek is.
Ekt vandag lelike maag krampe, hoop regtig dit gaan nou bietjie kalmeer.
Ek is n projects export controler, werk by n internationale maatskapy SDV in die projects aftdeling. Ek is in beheer van 4 verskillende projecte op die oomblik, 3 na Ghana en 1 na Congo....en dis baie dol op die oomblik en maak my lekker moeg. Deesdae het n baie notas nodig om by te bly....en partykeer kan ek nie eers onthou wat ek laas met die nota boekie gedoen het nie
Ek het gelukkig nou net geeet so gelukkig het julle resepte my nie honger gemaak,maar shoe dis goed om nuwe idees te kry. Daar is niks wat my meer onder kry as die vraag van wat eet ons vannaand - SUG!!!
Dis die snaakste ding, ek is glad nie broeis nie, was nog nooit, ek sien verskriklik uit na ons baba en voel asof ek nie meer langer wil wag en weet sommer hoe lief ek vir haar sal wees, maar is glad nie broeis vir ander se babas nie, dis hoekom ons so lank gewag het om te probeer vir die eerste enetjie en nou voel ek ek wil tweetjies he....snaaks
O, vir name langs babas hier bo, ons het op Kayla besluit.
Dankie vir die Weetbix idee, dis meskien makliker as die rusks en dan sal dit meskien nie voel asof ek ooreet nie.