file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #16693 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
more almal, die son skyn en ek is omtrent op my stukke vandag. Onse Vader is goed vir ons.

christa, tieties mag ons verseker se, net jammer ek is een van daardie strykplank vroue. i don't have tits, but nipples. lol... het gister vir my nuwe buustelyfies gaan koop - volle padded no. 34A's. as ek reg onthou het jy gevra oor medisyne. iets wat 'n absolute moet is, is daardie stoommasjientjies vir ingeval kleinding sukkel met borsie na geboorte.

ralmarie, geluk met jou seuntjie. die dame wat my scans doen is ongelukkig eers weer 15 Mei beskikbaar so ek sal moet ander plan sien voor die expo. as ons 'n dogtertjie het gaan ons haar elizabeth noem en as dit 'n seuntjie is giovanni. my man is mos 'n italianer en die naam moet minstens by die van pas. sjoe, ek is ook nou lus vir avo's en maak sommer vandag 'n draai by fruit & veg.

carmen, weet jy dalk of daardie man wat die kotte bou 'n co-sleeper vir my kan maak? ek wou met my seuntjie een gehad het, maar my man het gese dit is te duur om so baie geld vir 3 of 4 maande te spandeer.

hi chelle en welkom hier by ons. jy gaan my nou nie glo nie, maar ek het 'n vriendin met jou naam wat ook chelle is afgekort, sy woon ook in durban en is ook baie lief vir haar diere. enigste verskil is dat sy nie 'n man het nie. geluk met jou swangerskap en gesels asseblief gerus saam. ai, nou verlang ek te veel vreeslik baie na my maaitjie.

geniet die dag mammas, ek weet nog nie wat my pva is nie, maar sal wel aan iets dink.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16692 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Petro, ek is by Medi Help - Prime 3. Is nog al tyd tevrede gewees maar die laaste ruk het ek so baie bybetalings wat na die tyd deur die pos kom. Dan het die medies een of ander rede hoekom hulle nie betaal het nie, dit maak my kwaad. maar gelukkig is ons vir meeste goed gedek.

Wat se my ticker? ek sien 14weke 5dae, is dit wat jul ook sien?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16685 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, die kraam en hospitaal bed en alles is in die hospitaal dekking. hospitaal is mos gewoonlik 100% maar partykeer vra 'n dokter bietjie meer of narkotiseer. ek was gelukkig, ek het GEEN bybetalings gehad nie, maar glo almal s'n is dieselfde.
Hulle dek mos keisers en normaal.

hierdie keer het my dokter net 'n fooi van R1000 wat hy vra en ons moet dit uit ons sak betaal.

as jy by jou einde - dink dalk by week 28 (nie seker) jou bed gaan boek by die hospitaal betaal jy R200 of so - seker maar administrasie fooi of iets. Dan is die 4D scan gewoonlik ingesluit omdat jy daar kraam. jy boek dan jou 4D vir tussen 29 en 31 weke rond. Maar die dokter sal vir jou alles verduidelik nader aan die tyd. anders kan jy net jou hospitaal bel of jou kraamsaal gaan sien, hulle sal jou mooi help!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16621 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, baie-baie geluk met daai seuntjie! :woohoo: Dis wonderlik! Kan nie wag vir die pics nie!

Sjoe, ek het gedink my mediese fonds is nie baie goed nie, maar julle mediese fondse maak my bang! Ek het 'n spaarplan wat eerste gebruik word, dan betaal ek een volle premie aan rekeninge en daarna het ek volle dekking vir die res van die jaar. Die een premie is so R2100.

Carmen, die geboorte behoort ten volle deur jou hospitaal-plan betaal word. Die dekking is vir alles in die hospitaal en gewoonlik sluit dit een week se medikasie tuis ook in(in geval van operasies of siekte en so aan). Jy kan altyd hulle kliente-diens bel en seker maak. :)

Gerne, jy is reg. Ek betaal gewone konsultasie-fooi vir elke besoek aan my GP. Medies dek tot dusver alles. Sonar en bloedtoetse vir Downs is ook alles gedek. :cheer:

Lekker dag vir julle almal! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16583 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
WOW ralmarie - dis great nuus. baie geluk

2de seuntjie ne ??

kan dink pappa is in sy noppies.

kani wag viri fotos

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16580 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
toets toets die ticker

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16578 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle, wil net gou se dis 'n seuntjie!!
Yippiieee!! :woohoo:
Pa is so bly. Sal more probeer pics post.
Lekker slaap. B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account