Hi julle
Ek leef!!
Ek het regtig probeer opvang met al die posts, ek kon dalk ietsie gemis het vergeef maar.
Hasie, ag Abby is te oulik. Hare of te not.
Geluk met Rosy wat kom kuier het!
Grenaat, ek is bly jy kon darem antwoorde kry tov. van jou neus, hoop die medisynes gaan nou help om die probleem op te los.
Stella, Xander is te pragtig, die mooiste mannetjie onder die son.
Riley was ook vir haar 9 maande afspraak, so Stella, jy kan die sheet update:
Sy weeg nou 7,45 kg, (eish, bitter klein lyfie

) en sy is nou 67 cm lank.
Sy was 3,18kg met geboorte.
Ek is nou by die huis, het oornag in die hospitaal. Mensig dit was gister baie seer, ek het skoon gehuil van die pyn. Dit is die ongelooflikste brandoyn en hoofpyn wat ek gehad het.
Maar dis te verstane, want my operasie wat gewoonlik 45 min moes vat het toe op die ou einde amper 2 ure. Die chirurg se dit was 'n baie interssante operasie gewees.
Want hy het omtrenet 1,5 koppies etter uitgehaal. GROSS!! My septum was baie skeef, so dit het hy reggemaak.
Maar wat die weirdste is, my sinusse was abnormaal anatomies. Daar is goed missing in my sinusse, so hy het nie die usual landmerke gehad om mee te werk soos altyd nie. WEIRD?????? Hoe de hel is daar goete weg?? Hy weet ook nie, maar hy kon alles suksesvol doen.
Ek het 'n snytjie in my wenkbrou ook, want agv. die baie etter en die snaakse samestelling van my sinusse, moes hy my boonste sinus dreineer deur my skedel.
Gelukkig is dit klein en dit is in my wenkbrou, maar ek weet daar gaan mos nie weer hare daar groei nie.
Ek dra hierdie lekker worse onder my neus. Daar loop heeltyd bloed en allerhande lekker goete hier uit.
My mooi kiekie is op FB
Sal nounou weer inloer xxx