file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #198571 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
O ja en terloops BTW kom nog by al die bedrae by. :angry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198567 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Ok so ons het op die rekening:
Service charge @ R12.45/dag * 30 dae = R 373.50
Network charge @ R15.20/dag * 30 dae = R 456.00
Totaal sonder enige elektriisiteit = R 829.50
Wow eerste keer wat ek dit so uitwerk, dan:
Energy charge
kWh @ R0.6948 / kWh Seker nou wat julle meer voor betaal
en ook Retail environmental levy charge dus:
jou eenhede
kWh @ R0.02 / kWh (Nie veel nie, maar wel geld wat mens betaal)

So my werklike krag per maand wat ek gebruik is in die omgewing van R1350.
1957 kW per maand verlede maand.

Dink nog steeds julle sin werk goedkoper uit sonder al die tjol wat mens betaal voor jy enige krag gebruik het. R830 is baie vir dit??
Nie besef dis so baie nie.
Ag nee, nou is ek sommer opgewerk.
Ontspan, haal diep asem.
Ok lekker dag almal.

Sien almal is nou offline, ek moet weer later perdry toe en gimnastiek toe en landloop toe en dan my fotografie besigheids kursus (sommer net vir 6 weke)
So my dag is vol van na 2 af.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198563 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallooooooooo!

Ek is vrek besig gewees sover vandag. En die klas wat nou hier moet wees bank, en ek gaan hulle verseker nie soek nie, hulle is my pyn in die nek klas... So ek maak asof ek 'n af periode het.

Grenaat, ek dink Kwaaitjie se chocolate raad is goeies! Sterkte met die alleen wees, ek kan dit nie handle nie. Gelukkig jag my man nie. Maar dink net aan al die lekker dinge wat jy met hom kan doen as hy terug is :whistle: Jy moet maar die kids kry om vir hom 'n verassing te maak, hoekom verf julle nie vir hom 'n hemp met die kids se hand en voet afdrukke op nie? Dis altyd beter as mens iets lekker doen.

Gepraat van krag... ons krag is sky high die laaste 2 maande en ons gebruik nie meer elektrisiteit as voorheen nie en die verhoging kom eers die maand. Die dat ek 'n pre paid meter wil kry want dis sommer nonsens, hulle raai raai riepa wat ons krag is. En ons betaal deur my landlord so dis moeilik om die lesings te kry ens. So ek gaan maar 'n prepaid meter laat insit (landlord het aangebied om te betaal) dan kan ek ten minste die hoeveelheid wat ons gebruik reguleer en met Paulina se gal werk as sy die tuimeldroeer te lank laat loop.

Ek wens ons het geld gehad vir 'n solar geyser sisteem. Maar blykbaar kom daar nou 'n nuwe ding uit wat jou hele huis se krag vervang. Ek dink dis ook met sonkrag so ons sal maar sien, sal seker 'n fortuin kos om koop en te installeer...

Ek dink ons moet in sonkrag en alternatiewe energie bele, as ons sulke goed begin verkoop gaan ons geld maak soos bossies! Gaan dit bietjie ondersoek. Net jammer daar is reeds so baie mense wat dit doen.

Bollie, jy moet rus man. Drink 'n pilletjie en slaap!!! Jy kry min genoeg kans om bietjie by die huis te sit, gebruik dit tot jou voordeel.

Lekker daggie almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198558 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Onthou net met die prepaid is die basiese heffing nie daar nie.
Ons het Eskom krag en betaal in die omgewing van R2000 per maand. Sien die laaste rekening is hoer.
Ek gaan gou die rekening soek en se wat die eenhede is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198541 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
All by myself . . . . al by myself . . .
I don't wanna be . . .
All by myself anymore . . . . (SUG)

Waar is almal?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198454 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more!

Grenaat nou hoekom die blues? Ek dink dis die gedagte van sonder Tim wees wat dit doen! Eet 'n slab chocolate by jouself op, dan voel jy sommer beter! Chocolate is altyd goed vir blues! Sjoe ja die krag is baie op! Dit is dus op van R1.01 na R 1.27 per eenheid!

So vir die van julle wat gewone krag het, gaan kyk wat betaal julle per eenheid, dan kan julle mooi sien wat is die beste. Ek wil ook graag weet asseblief.

Bollie nou kan jy nou eers rus terwyl jy siek is nie? Die jeuk is waarskynlik jou neus wat begin gesond word. En as al die gemors ophou uitloop, gaan jy soos 'n nuwe mens voel! Kan jy al ruik of is jy nog toeneus met die wors? Brand dit nog erg? Wat dink krokkie van mamma se wors onder haar neus? ;-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198419 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Ek sit maar en werk soveel ek kan van die huis af! Ek kry vreeslik koud vanoggend!!

Het ook geen idee gehad waarvan Kwaaitjie praat nie! :P

Die goete loop nog by my neus uit, dis die eienaardigste gevoel en my neus jeuk binne.

Grenaat, shamepies, sterkte tot Sondag wanneer manlief weer terugkom!!

So is Prepaid krag nou goedkoper of nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account