file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #198158 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle almal! skuus ek nou net hier inchip...ek is hasie se vriendin (m.a.r.s.a.) wat al lank al wou kom inval by julle groepie, aangesien ons november groepie dood geloop het!
dankie dat julle deur hasie laat weet het dat ek mag kom join hier by julle.
ek sal bietjie later my storie in kort uiteensit en kom post.
wou net gou vir grenaat se, ek sukkel net so met mia se gesiggie, maar het n antwoord gekry, en sover werk dit wonderlik!
gaan koop gliserine sommer by dischem, wat ek dan doen is ek vat n klein bietjie boudjie salf en druk sommer daai vinger wat die boudjie salf aan het, net so in die gliserine in, meng die 2 in my hand en smeer daai gesiggie blink! haar wanger is 100x beter! hoop die raad help.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #198145 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Oe julle, ek sit met lekker griep in die bed. Lekker hoofpyn en sinusse wat nie wil saamwerk nie. Wens en het die krag gehad om die kamera te kry. Al 5 die kids het hier op die bed kom oppile. Almal wil by mamma wees. Gaan hulle nou subtiel stuur vir koffie en toast, want al bedoel hul dit goed, maak dit my kop net meer draai as almal hier hop en spring.

Kwaadjie Ludwig het die landloop vreeslik baie geniet. Hy wil nou sommer begin oefen enlke middag. Sal maar sien hoe dit inpas in die program met ander aktiwiteite. Dinsdae is definitief uit, ek gaan nie spesiaal dorp toe ry net om te hardloop nie, hy moet maar hiet op die plot hardloop op 'n Dinsdag. Hierdie Saterdag is dit Orkney toe dink ek. En so begin net nog 'n geryery.

Grenaat hoop jy het nou al bietjie gepak. Ek sien sommer daai prentjie van almal met hul boksies en julle wat lekker chille n aangaan. :lol:

Hasie ja ek kan dink hul is oulik. Eintlik is dit maar soos kinders, daar is net oulikes. Behalwe as dit by ons Jack Russeltjies kom. Ek dink ek gaan hul SPCA toe vat. Hulle is mal oor die kinders, maar het nou al weer 'n gans doodgebyt. Hul los net nie die diere uit nie. Het al veroorsaak dat die skaap sy been breek ook. Ek is nou moeg hul opgepas om nie in die veld in te gaan nie.

Grenaat, daar lees ek nou net jou post. Ag dit klink te oulik hoe ruben nou ook wil kruip.

Kwaadjie ai dis erg met die speelgroepie storie. Wat maak 'n mens?

Hasie daai foto is te oulik, ek skop myself soms as ek dink ek vergeet altyd om sulke oulike goed af te neem.

Nou gaan ek eers weer slaap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #198132 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi daar

ek het gou vanoggend ingespring en is meeste kaste leeg. nou lyk ons kantoor aaklig met al die bokse wat amper tot by die dak staan. die inpak is nie regtig vir my 'n probleem nie, dis die uitpak wat nie lekker is nie :(

Hasie, die kids is pragtig! ek lag lekker vir stefan op jou kas, hulle kan lekker stout wees ne!

Kwaaitjie, ai jong, ek hoop en bid saam jou dat die regte ding sal gebeur. dalk kry hulle vinnig iemand om te help, en kom ons hoop net dat daai iemand dan ook goed is met kiddies ne. is daar glad nie ander skooltjies nie? ai man, dalk moet jy maar n stay home mommy word :)

Bollie het vanoggend op fb geskryf sy voel beter vandag, gister baie pyn gehad. hoop sy herstel vinnig.

ruben het toe gisteraand glad nie wakker geword vir sy water nie! vanoggend 7uur gou die bottel in sy bekkie gedruk toe word hy net daarna met 'n vol magie en lekker smile wakker.

jis julle ek sukkel nog altyd met my kids se wange, hulle is permanent skurf en ek smeer room, campher cream, boudjiesalf, tissue oils en als aan maar dit bly skurf. henko haat nou al cream want dit brand sy wange so as ek naby kom dan gil hy sommer klaar.

EN !!!!!!!!!!!!!!! Ruben het gisteraand gestaan EN in 'n kruip posisie gestaan :) wow ek was so verbaas, sommer net so skielik. die naweek nog wou hy nie daai beentjies reguit maak nie maar gisteraand toe staan hy stewig op sy bene, ek moes hom natuurlik net help met die balansering. Hy staan voor sy walker en speel met die liggies en goed. ek was so trots op my ou seuntjie. :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #198111 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more!

Hasie dis die "understatement" van die jaar! Ek is glad nie lus vir my werk nie! Ek doen donkie-werk, daar is net geen uitdaging meer nie! Ek verveel my morsdood! Tot my filing is 100% op datum, vandaar al die sneeu in ons land! :huh:
Claudia is 'n pragtige ou dogtertjie! Sy het mooi groot geword! Dis kostelik hoe sy die honde beloer. Bly sy slaap so goed! Baie geluk met die tand! :woohoo:

Stefan lyk te cute op mamma se spieelkas! Lekker gemors ne! Een van die dae is daardie warmwatersak-lyfie saam met hom in die bed! :laugh: Hoop pappa kry sy slaap-patroon terug! ;)

Bly oor jou 1 strepie! Nou le die naweek sin nog voor. Sal duim vashou!

Ag dit sal wonderlik wees as jy nog by die skool kan aangaan! Moet nou net nie jou hart daarop sit dat die teleurstelling jou weer so erg tref nie. Sal bid vir jou!

Ons het alweer verwikkelinge by die dagsorg. Ek is al skoon moedeloos! Die ander jong vroutjie (terloops sy is toe die 9de Julie getroud) gaan ook nou weg. Haar man is verplaas Bloemhof toe met sy werk, so sy kan nie langer aanbly nie. Nou is ons terug by net die tannie en die oom. En daar is nege kids! Ja, julle het reg gelees NEGE! 4 babas en dan 5 ouer kids, maar almal is nog op doeke behalwe een! Die oom ruil nie doeke nie, so die arme tannie gaan heeldag met kinders badkamer toe vir doeke ruil! Dis 'n fiasko! Mare is 'n maklike baba en ek is bang hulle gaan daarom van hom vergeet en hy gaan geen aandag kry nie. Die ander huil en skree vir aandag! So ons is weer terug in skaak-posisie. Ek hoop en bid die oom kry vinnig iemand anders om te help, anders gaan ek Mare skuif. Weet net nie waarheen nie! Julle moet vir my bid vir 'n oplossing asseblief! As ek net kan werk kry in Klerksdorp, sal soveel dinge makliker wees.

Enige nuus van Bollie? Ek sukkel met fb by die huis, het net edge!

Lekker daggie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #198033 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Claudia is baie nuuskierig oor die nuwe woef.




En Stefan deel net soene uit! Hy is mal daaroor om aan haar te vat, haar lyfie voel soos 'n warmwater sak.


Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #198028 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar,

Grenaat klink my jy is erg krom en skeef! Sterkte ek hoop die spasmas en vergroeisels gaan mooi op die behandeling reageer. Dan voel jy dalk binnekort soos 'n nuwe mens!!

Julle moet lekker met my woef spot! Ek gaan nog kompetiesies met haar wen, sy is erg opreg en baie cute.

Ek het julle nog nie eers vertel nie, ek het toe Saterdag oggend op die ou stokkie gepieps, en daar was net 1 lyntjie!! Yipee!!!! Ek was sooooo verlig, ek dink Johan het ook maar asem opgehou. Maar nou ja, Rosy is nog nie met ons nie, maar soos ek gese het het ek baie lang siklusse so sy sal seker iewers voor die naweek haar opwagting maak, anders sal ek maar vlg naweek weer op 'n stokkie pieps...

Grenaat, jy moet begin inpak suster! Anders bly jy alleen oor in die ou kantoor. Geluk met jou kamera, dit klink grend. Jy sal moet kom fotos wys hoor. En jy sal maar moet uitfigure hoe die BB se nuwe moomie site werk, dan kan jy darem so af en toe vir ons kom hallo se.

Kwaaitjie, jy chat lekker baie deesdae, jy nie meer lus vir werk nie???

Ons het vandag 'n nuwe kind in die skool gekry en nog twee wat vanmiddag daar was vir 'n onderhoud, hulle begin dalk more al. As ons nog 2 kry hierdie kwartaal is daar dan dalk 'n klein kansie dat ek my werk kan behou!! Of ten minste deeltyds aangestel word. Dit sal great wees want ek kan die doula ding en die hypnobirthing ding doen al werk ek deeltyds by die skool, en dan het ek darem nog 'n bietjie geldjies aan die einde van die maand.

Ek wil dit nou nie jinx nie, maar Claudia slaap deur deesdae, selfs met die tand wat uitgekom het. Sy was net deur die dag moeilik ek dink sy was in die aande so moeg van al die min slaap en moanery dat sy net uitpass. Baie voordelig vir my! Nou moet Johan net weer vir Stefan leer deurslaap. Toe ek hom "oorgegee" het, het hy mooi deurgeslaap, en toe mors pappa dit weer op. So dis sy probleem om te fix.

Julle moet 'n lekker aandjie he, en warm aantrek.

Hier is 'n fototjie van hoe Claudia deesdae lyk...




En Stefan wat op my speelkas klim om die poeier in die hande te kry, lekker gemors...


Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197965 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
lekker aand almal, hou warm!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account