More julle
Ek het my nuwe laptop gekry, ek het mos 'n laptop en 3G kontrak by Vodacom, eish, dis 'n beauty!!!! MOERSE Dell met 6G memeory en the worxB)
Grenaat, aai die wag kan nogal 'n pyn raak, ek sal bietjie die maizena oorstrooi vanaad, haar boudjies lyk darem nou weer ampertjies gesond!
Dragonfly, ek is soooo bly dat jy 3 uur kan huis toe gaan!! Sterkte met Kayla, hoop julle sort die probleem gou uit!
Julle ou Riley loop nou so 3 tree alleen, dis te oulik! My man vertel toe met groot opgewondenheid vir die juffrou vanoggend, toe se sy nee Riley doen dit al lankal

, its just a matter of time nou. Dis sooo funny om die minituare lyfie te sien loop, en dan wieg sy so vorentoe en gatertoe en dan val sy neer. Die balans is nog nie heeltemal verfyn nie....
Sy hou mos nooit haar eie bottel vas nie, maar deesdae vat sy hom sommer self. Lyk my hulle lewe 2 lewens....een by die skool en een by die huis, want sy doen allerhande dinge by die skool wat sy baie goed vir ons wegsteek by die huis!
Ek watch nou maar daai gums elke oggend!!
Hasie, GELUK met Claudia se tand!!!!! Riley staan agter in die tou

verseker!!
Mens sink jy rus by die huis, maar as jy eers begin met jou mails, dan is jy alweer ure lank besig!!!
So ek is darem redelik op datum met my werk!
Lekker daggie en ek sal later weer inloer!!