YAY vir Ruben! Sommer staan en kruip-posisie op een dag! Dis great! Baie geluk trotse mamma! Ek smeer Bennets nipple cream aan Mare se wange anders lyk dit soos perkament. Dit brand glad nie. Pappa gebruik dit sommer vir sy lippe ook as dit skurf is. Probeer dit.
Bly julle het ook eindelik begin pak! Yuck vir al die bokse wat die wereld vol staan en dubbel yuck vir die uitpak! Ek haat ook uitpak! Hoop nie julle gaan dit nog dra ook nie! Jy mag nie, dit sal jou nek en rug en alles heeltemal opneuk! Dan is jy dubbel gekrink, maar ons sal jou nog steeds "take"!
Stay at home mom . . . . . WISHFUL THINKING!!! Dit sal nie sommer gebeur nie.
HV hoop jy voel gou-gou beter! Ek sal glo die kids se goedbedoelde by mamma wees is nie nou lekker nie. Jy sal maar baie subtiel moet verduidelik dat jy net so bietjie wil rus. Bly Ludwig geniet die landloop so! Ja, dit is die begin van nog 'n nuwe ryery! Miskien moet julle die sussies aanspoor om saam te hardloop dan word dit 'n familie sport.
Voetjies weereens welkom hier by ons! Val gerus in. Ons klompie is maar min wat nou gereeld chat, maar jy is beslis welkom. Vertel bietjie van jouself.
Al gehoor van 'n Labradoodle? Dis 'n honderas, 'n kruis-teling van poedels en labradors. Weet nie of enige van julle vir Boomer op tv onthou nie, maar die honde lyk soos hy. Hulle is blykbaar ook geskik vir binneshuis en klein ruimtes en het nie baie oefening nodig nie. Dus ideaal vir ons huidige omstandighede. Ek sal 'n foto aanheg.
Die een is vir my pragtig!