file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #198968 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie en Grenaat julle kort elkeen 'n glas wyn dat julle kan ontspan!

Grenaat dit gaan nog baie geduld van jou vra, so chill!

Hasie, ja! Die munisipaliteite is net so treurig soos ons staatsdiens! Alle sterkte met hulle!

Ag kon ons nie maar 3uur al getjaila het nie?! (SUG)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198897 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Grenaat, dis nie lekker nie. Hoop julle kantoor word sommer nou opgepak! Jy moes maar 'n boek gekoop het toe julle rondgeloop het.

Kwaaitjie, ek kry nie die munisipaliteit in die hande nie. Voetjies se man het vir my 'n privaat company se details gestuur, maar hulle is in Tswane, nie Jhb nie. Sal maar weer probeer.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198888 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Urgh julle, dis freeken erg om net so te sit,en sit en sit. My baas het gese ons kan gaan rondloop of watookal doen maar ons moet 2uur weer terug wees.ons het die stad plat geloop en is 2ure later terug,nou wag ons maar weer. Mens kan oook net solank rondloop

Bollie,ek gooi dier maizena sommer net so op soos babapoeier en vryf dit lekker oralsw op die boudjies (en meestal balletjies ook want hul brand ook). Maar dit werk regtig vir my wonderlik.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198857 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie sover ek weet moet mens aansoek doen vir die meter by jou munisipaliteit. Dan doen hulle die installasie ook of hulle het kontrakteurs wat dit kom doen. Die kaarte is deesdae amper orals bekombaar, ons koop ons sin sommer by Spar.

Ek het nou al na die chinese crested ook gekyk. Wat my so bietjie bekommer is die moontlikheid van ekseem en dan moet hulle ook gereeld vogroom op hul lyfies kry en beslis sonbrandmiddel as hulle buite is. Dan is daar ook een of ander oogsiekte wat hulle kan kry of dra. Gaan kyk bietjie by www.dogbreedinfo.com/chinesecrested.htm . Maar ek dink nog steeds hulle is cute! Ek het my man van FORA vertel. Hy klink nogal asof hy daarvoor sal val. Weet net nie hoe hulle met die home check sal maak nie! Die R300 is regtig nie baie vir wat mens kry nie, en dan help jy nog 'n huislose hond ook!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198854 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
HV duidelik sal ons ernstig moet gaan huiswerk doen oor die hond storie! So sommige poedels verloor hare en ander nie. Ai tog dat Andre nou al sy tand so moet chip! Wat het gebeur? En dan wil die klein klits sommer al klaar homself speen ook! Sterk willetjie met sy rooikop! :lol:

Grenaat ek is dol oor die miniatuur worsies! Ek het 'n swart tefie gehad. Maar ons plek is te klein vir 'n worsie! Hulle soek baie hardloop en speel spasie! Is lewendige honde en voel baie sterk oor hul gebied! Wees maar versigtig vir een terwyl die kinders nog so heel klein is, worsies kan nogal geniepsig raak wanneer hulle speel.

Bollie bly jy begin beter voel! Een van die dae kan jy lekker asenhaal en ruik en proe! Siestog vir Riley se ou brandboudjies! Hou maar net aan met jou salf, dit sal wel beter word. Hoop jy is reg en juffrou kry haar eerste tand! Bly jy geniet haar so! Hulle word regtig 'n plesier soos hulle ouer word, ne!

Mare het besluit hy hou nie van water in 'n bottel of glasie nie, maar badwater is baie lekker! Hy proe nou elke aand aan sy badwater, kom dan regop met die water wat oor sy gesig stroom, knipper sy oe so paar maal en kyk my met hierdie reuse smile aan! En dan is daar die giggeltjies in sy slaap! Soms skater hy sommer van die lag! Ag ek vreet hom sommer op!

Grenaat jy beter kom hallo se! Ons gaan jou darem erg mis!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198840 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Bollie bly dit gaan beter met jou, jammer oor die brand boudjies. Claudia het ook mos laas week erg brand boudjies gehad, ek het net sudocrem aangesit. En hare was defnitief agv die tande, sy het mos toe Sondag haar eerste tandjie gekry.

HV, my Stefan se een voortand is ook gechip. Seuntjies is mos maar rof jong, gelukkig kry hulle eendag nuwes.

Kwaaitjie, die enigste honde wat geen hare verloor nie is hairless honde :laugh: :laugh: :laugh:

Interessant om te sien dan HV se krag steeds goedkoper uitwerk per eenheid. Maar as mens minder eenhede gebruik, sal dit tog weer duurder uitwerk omdat jy dan die levies deur 'n kleiner hoeveelheid deel. So ek dink dis maar omtewe op die ou end. En ek dink die feit dat mens nie foutiewe rekeninge kry nie en meer beheer kan he is vir my 'n wenner. So nou moet ek net uitvind waar kry mens 'n meter. Dis nogal 'n frustrasie want om city power in die hande te kry is amper onmoontlik en hulle website het net vendors van die prepaid krag op nie mense wat die prepaid meters doen nie.

Hopelik kry ek hulle vandag in die hande.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #198819 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Baai Grenaat, we love you!!!!! :P

Maak mens net 'n pasta van die maizena?
The following user(s) said Thank You: Grenaat

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account