More julle
Sjoe, ons oorweeg om prepaid in te sit as ons eendag nou uiteindelik ons eie plek koop!
Gaan beter met my, my oe is so bietjie kleiner geswel hier bo, en die goete wat afloop is sommer irriterend, maar ek kla nie, ek sien uit na die eindresultaat.
My neus is lekker gevoelig en ek sal nog die steke moet laat uithaal bo my oog.
Mensig maar dis koelerig vanoggend!!
Shame Riley se magie werk hierdie week baie meer en dis allerhande vreemde teksture. En vir die eerste keer in 9 maande van haar lewe het dit haar boudjies gebrand
Ons smeer maar Bepnathen en Sudocrem aan laat dit bars. Dit lyk al baie beter.
So hierdie keer dink ek regtig miskien dis tande want nog nooit het sy sulke doeke gehad nie. en ek wil my verbeel die tandvleisies onder voor is bietjie witter, maar ek weet ook nie regtig nie
Ag julle sy raak net ouliker by die dag!! Daar word net heeltyd tata gese en gewaai en dan praat ons nie van handkies klap nie, sy doen dit tot in haar slaap, dis soooo funny!!!