hallo almal, ek is terug in die land van die lewendes, vir 'n paar dae. woensdag word ons afgesny van die wereld

ons trek mos en gaan ofline wees vir dalk 6 weke, sob sob
So, ek het glad nie sinissitus nie maar my neus is so krom soos my oupa se kierie. LOL. Ek kry mos baie gereeld koors-sere in my neus en dit het veroorsaak dat my hele neus binne so te se toegegroei is, die dr het selfs gesukkel om die kamera in te kry. ek het nou so pomp neus sproei ding gekry wat ek vir 'n maand moet gebruik en dan terug gaan om te kyk of dit reg gekom het anders gaan hul net 'n klein operasie doen om dit mooi oop te sny. maar dit is beslis wat die sinus drup veroorsaak.
dan my kopsere, my nek is nog krommer as my neus

. Kan nie glo dis so erg nie. ons was mos so 6 jaar terug in 'n motor ongeluk en nie gedink daar is fout nie en toe nooit dokter toe nie. wel die hekel en breiery het nou die probleem bietjie aangehelp en ek het baie slegte spierspasma. en dis blykbaar ook my spiere wat so erg geinfekteer is wat my nek so krom druk. so ek het nou meds gekry wat help vir die spasma en sal hul ook later kyk of dit beter is. jis maar die pille het my erg gevang die eerste 2 dae. ek was omtrent geplug hoor, dit was nie lekker nie. maar nou is ek okay, skuif vrydag van die 10g na 25g so hoop nie ek is weer geplug die naweek nie want ek is alleen

my man gaan vir 'n hele 5 dae jag
So dit is ek, die gekronkte persoon, take me or leave me
Ek moet se die spierspasma pille help regtig baie en as ek in die aand in die bed klim is dit nie meer so vreeslik seer nie.
Anina, ek kan net imagine watse oulike persoonlikheid daai woef moet he, ek meen... met looks soos dit, moet mens 'n goeie persoonlikheid he
Kwaatjie, hoe gaan dit met jou gorgeous?
HV, moet nie sleg voel nie, ek dink R is of kort op jou vettie se hakke of hy kan hom dalk so bietjie doodsit LMAO Wys jou hoe goed is jou melkies vir hom ne.
Wel ou Rubies is van die nag 'melk' bottel af. hy word steeds 1keer wakker en drink dan water, ek hoop hy vergeet gou om wakker te word vir die water

Jis hy was weer so vreksils moeilik die naweek. hy is te nuuskierig die klein apie. hy wil nie slaap nie en raak dan oormoeg en skree. hy wil net kyk wat sy boetie doen.
en dan het ek 'n kamera gekry die naweek. omw ek is so impressed. hy neem sommer die fotos dat die agtergrond self blur so ek hoef nie eers dit mooi te edit as ek wil nie. oe dit neem net pragtig fotos
Ek wou die Canon 1100 gehad het, hulle het hom toe nie in stok nie toe se my man vat maar sommer die een wat daar is. Die 500D, dit is die nuwer, beter sussie

oe-la-la