file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #197502 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag jinne Hasie sy is so cute! Gaan jy ook haar hare by die ore so bietjie langer laat groei? Dis vir my so mooi as dit lyk asof dit drooggeblaas is! Julle gaan haar so geniet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197498 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hier is Abby


Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197474 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
YIPEEEEE!!!! Ons kan vanmiddag vir Abby gaan haal!!! Hulle was nou net by my huis om die home check te doen en alles lyk reg ons kan haar gaan oplaai.

My vriendin wat hairless doggies bymekaar maak (sy vat eintlik rescue gevalle aan, maar hou op die ou end almal) se nou nou vir my: once you go hairless, you never go back.

Stella, genugtig maar daai mannetjie van jou het gegroei! Van 2,7 na 9,5!! Great stuff. Ek hoop nie hy word siek van die spuite nie, hopelik vat hy dit soos 'n man.

Ek het 'n fototjie van Abby op my foon, maar ek kry dit nie hier gepost nie, ek moet eers die foon se kabel kry en dit dan op die rekenaar oplaai sodat ek dit van die rekenaar af kan post. Sal kyk of ek vanmiddag 'n ander foto kan neem met die kamera, dis minder moeite.

Eks ook lekker lui, werk glad nie vandag nie. Die kids love dit natuurlik! Ons gesels oor spoke.

Lekker middag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197439 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Stella bly dit het so goed met Xander se spuite gegaan! Hy het mooi gegroei! Dankie vir die lysie! Ek kan nie glo hulle was so klein nie. Lyk my op 9 maande is amper almal so 3 maal hul geboorte gewig en so 20cm langer.

Ek is net so lui vir werk! Maar sal eerder gaan slaap, die week was wild!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197420 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

nou waar is die foto van die woef hasie

en waar is almal - nou dat ekkans vir vir gesels is dit doodstil

ons was nou net vir xander se 9 maande spuit. hy het sommer masels en waterpokkies gekry. dan hoef hy op 1 jaar net 2 te kry en nie 3 nie. die reels het nou weer verander oor waterpokkies - kan dit op 9 maande gee of op n jaar. hy was so soet - net klein bietjie gehuil vir die naald toe dadelik opgehou. hy is nou 9.5kg en 73cm. alles reg en hy mooi gesond

ek groet eers - is baie lui vir werk - lus op hele dag voor tv te sit !!! HAHAHAHA

Geboorte Gewig Geboorte Lengte 9 Maande Gewig 9 Maande
Xander 2.73kg 49cm 9.5kg 73cm
Riley 3.18 kg
Mare 3.67kg 51cm 10.2kg 73cm
Ruben
Claudia 3.6kg 50cm
Stefan
Andre 10.4kg 74cm
Kayla 3.25kg 50cm 9.38kg 74cm

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197412 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal!

Hasie ek moet lag oor die senuwees! Toemaar jy sal okay wees!

Gee kans Claudia sal later in die hondjie belangstel! Stefan gaan haar duidelik geniet! Watter kleur is sy? Ek sien jy kry so grys bonte en dan 'n bruin bonte. Ek mal oor daai lang hare wat so om hulle ore sit. Dalk kan hulle nog vandag die home check doen, dan kan sy die naweek lekker kennis maak met julle.

Grenaat hoe voel jy vandag? Hoop die spesialis kan vir jou ook help met die sinus!

En jy Bollie? Is die erge ontsteking darem al n bietjie beter?

Gesels later weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197372 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Nee genugtig Kwaaitjie, ek gaan baie bly wees as ek nie swanger is nie. Ek het gister 'n piepie toetsie gekoop, maar eks heeltemal te bang om op die stokkie te piepie... Ek sal more oggend as Johan by die huis is.

Daai hondjie is die cuteste ding hoor! Ons was gister middag daar met die kids en ons ander hondjie om te kyk of hulle oor die weg kom. Dit lyk darem of die honde fine is met mekaar en Stefan hardloop net al agter hierdie snaakse haarlose gedroggie aan. Claudia is min gespin, sy klap net handjies. Ek het gevra of hulle dalk vandag al 'n home check kan doen dan kan ek haar vanmiddag gaan haal, maar hulle is nogal besig vandag so ek weet nie wanneer ek die woef gaan kry nie.

Grenaat wat se die dokter toe? Moet jy ook 'n neus skraap operasie kry?

Sal nou nou weer chat.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account