file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #197291 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie ek is so nuuskierig, het jou hond gaan google! Hulle is vir my net so cute! Ag ek hoop julle geniet die nuwe hondekind terdee! Jy klink so rustig oor rosy en die naarheid. Ek dink as jy nou nie swanger is nie, gaan jy teleurgesteld wees. ;)

Ai Grenaat dis aaklig om so te moet wag! Ek hou ook niks daarvan om te wag nie. Hoe voel jy nou?

Bollie jou dag is seker weer dol, die dat jy nog nie hier was nie. Jy moet more se team building geniet! Ek dink julle gaan lekker kuier! Hoop daar is 'n glasie wyn saam met ete!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197248 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Urgh ek sit nou al n uur by die dr. Vrek kyk,een ding wat ek nie kan doen nie is so sit en wag. Genade. En daar is nog mense voor my ook en na my. Grrrr

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197212 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Ek het vanoggend my graad 7 klassie na FORA toe gevat, dis 'n animal shelter soos die SPCA, maar hulle sit nie diere uit nie. Die kids het gekies om dit te doen vir hulle Madiba dag projek, hulle het sakgeld bymekaar gesit (R400!!) en honde kos ingesamel en toe is ons soontoe om met die diere te speel. Ek was glad nie lus om saam te gaan nie, want ek het hope werk, ek sou een van die ander onnies saam gestuur het maar die kids het my toe omgepraat om saam te gaan. Ek was nie 10 min daar nie, toe neem ek 'n hond aan!!!!! Sucker!!! Dis die cuteste ding!! 'n Chinese Crest, dis 'n haarlose hond, sal kyk of ek 'n foto kan gelaai kry. Nou gaan hulle 'n home check doen en dan 'n microchip insit, dan kan ek haar gaan haal. Eks so opgewonde!! Dis die sweetste hond, so 'n nice persoonlikheid en blykbaar 'n baie goeie kinder hond.

Stella, jou fotos is pragtig. Ek neem heeltemal te min fotos. Lekker lui met die 2de baba...

Grenaat, bly jy kom darem hier uit om in te loer. Geniet die af tydjie en sterkte by die spesialis more, hoop hy kan jou help.

Ek verwag vir Rosy eers die naweek, ek het baie lang siklusse, gewoonlik tussen 5 en 6 weke. Die naweek is nou 5 weke, so dan sal ek eers ernstig begin panic as daar teen vlg naweek nog niks is nie. Maar ek was weer naar vanoggend, so ek sal dalk maar die naweek 'n toetsie doen, as ek al naar is, en swanger is behoort daar mos al genoeg hormone te wees om te wys op die stokkie. Hoop so. Ek sal laat weet...

Lekker dag verder!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197193 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Stella daai klein mannetjie is te pragtig! Ek is mal oor die foto met sy klere so halfpad oor sy kop uitgetrek! En kyk net hoe pragtig dik en lank is sy hare al! En hy kruip! Eerste van die seunskinders wat ek van weet! Baie geluk! :woohoo: Laat weet ons sy gewig en lengte wanneer julle by die suster was. Die spuit kan hulle siek maak. Mare was so 2 dae bietjie koorsig en klaerig, maar nie te ernstig nie. Dis mos die masels inenting.

Bollie ek glo Lily leef nog. Het baie lanklaas met haar gepraat. Lol vir jou en fb! Is seker jy sal ons op hoogte hou! Terloops ek is mal oor jou profile pic! Dis baie mooi! :laugh:

Grenaat ek is sommer jaloers op jou gecuddle! Jy moet dit geniet! Wanneer sien jy die spesialis? As jy jou oe uitvee, hardloop jou ou lui-gatjie die wereld vol. Hy laat hom net nie aanjaag nie! ;)

Ag nee Dragonfly! Dit het gister tweemaal met my ook gebeur!

So Hasie het rosy al verskyn?

HV hoop jy het lekker geslaap en goed uitgerus!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197129 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo da!

Dankie vir die tip oor bb moomie,gaan bietjie loer!

Gaan okay hier,ek is net erg opgesnot :( so bly ek gaan spesialis toe en het dit nie weer uitgestel nie,sal laat weet wat hy se.

Die kids is gesond,oe ons cuddle so lekr in die oggend!

Xander is so oulik! Sy haartjies is al mooi lank ne. En hy staan al baie mooi. Ek dink R is die enigste een wat nog nie staan nie,lui gat :)

Bollie,ek dink so baie aan j,is jy okay oor Mndg? Nie op j senuwees nie? Jy klink so rustig. Hoe lank gaan j af wees?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197038 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Oe julle, ek is nou so moeg!!
VAnaand se ek maar net lekker slaap almal!
Mooi fotos, sal more behoorlik kyk. :side:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #197036 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het nou net n hele post gepost en dis weg! Alla wereld!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account