file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #196712 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja ek dink ook elkeen se maat is net reg vir daai persoon.
Ons huwelik werk in elkgeval buitengewoon goed, ook net omdat manlief nooit by die huis is nie. Hehehe :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196708 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek dink hulle sit die kleintjies so tussen sonneblomme goete, so sien uit na die foto's.

Ag hulle is in elk geval sooo oulik, maak nie saak wie hulle afneem nie :P

Jip, niemand se man is perfek nie, MYNE VERSEKER nie, maar hulle is tog reg net vir jou en mens sal hulle nie verruil nie ;)

Waar is die res nou??

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196692 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie jy het dit raak gese. Die keiser was vinnig verby en dis dan hoekom dit so onwerklik gevoel het. Ek wil ook altyd seker wees van goed. Haat verrassings.

Jou klein rowwe jack is te oulik! Jy moet die fotos kom wys. Toemaar die tande kom.

Wat ek nou het is hemel teenoor wat ek gehad het. En net soos ons almal is my man nie perfek nie, maar hy is perfek vir my. :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196674 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Weet dit het nou niks van belang hier nie, maar van julle wat 'n plek wil bespreek vir space travel hier is die website: www.virgingalactic.com dit kos $200 000.00 vir 'n kaartjie. :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196662 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Sjoe ek kan ook nie vir lank weg wees nie, dan is hier 100 posts!! LOL

Kwaaitjie, ek is bly om te hoor dinge gaan soveel beter by die skool. Bipoler is 'n ergelike siekte, ons het dit nie in ons familie nie, maar my een vriendin se ma het dit erg, en dis sooo moeilik om saam met so iemand saam te leef.

Jy brei nie veel uit oor jou vorige huwelik nie, ek neem aan dit was rof, is sooo bly jy is nou saam met iemand wonderliks!

Hasie, hehe, lekker lag en nou vir daai tand wat so verdwyn! Lyk my Riley gaan genuine heel laaste 'n tand kry, ek sien regtig nog niks van tanne nie :S

Sy het soos gewoonlik by die skool haarself beseer, sy het haar neus teen die speelgoedboks flenters gestamp!, Ooo sy is 'n rowwe Jack! Gelukkig is die nues nou gesond, want hulle het fotodag by die skool Vrydag!

Ek moet nog eers gewoond raak aan die nuwe site?????? Alles voel vir my bietjie vreemd!!

Sal bietjie begin julle karma knoppies druk!

Ok, geboorte:

Ek het ook mos lank geworstel met die hele normaal vs. keiser.

Kyk ek was nooit van plan om heeltemal natuurlik te gaan nie, as ek normaal sou kraam sou dit altyd met 'n pynstillertjie of twee wees.

So het ek gewik en geweeg vir maande, en my gynae het hard probeer om my te kry om natuurlik te gaan.

Ek dink al wat my op die ou einde van die dag laat besluit het op keiser, was my linkerbrein metaliteit van ek wil alles in my lewe beplan. Ek wou weet wanneer Riley arriveer ens. Ek was bang niks lyk dieselfde meer daaronder nie, al die usual stories.

Nou kyk ek terug:

Daar was niks fout met die keiser nie. Maar as ek kom terugaan sou ek seker normaal wou probeer. Dis nie dat ek spyt is nie, maar die keiser het vir my vreeslik onwerklik gevoel en dit was so vinnig verby!! Ek het amper gevoel ek is nie 100% deel van die hele gebeurtenis nie. Miskien sou ek met normaal meer deel wees en sou dit meer spesiaal gevoel het?? Ek weet ook nie.

As daar 'n volgende babatjie sou wees, weet ek nie, miskien sal ek normaal probeer indien moontlik??

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196659 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
HV "good for you"! Ek verstaan wat jy met "nie skaam nie" bedoel en voel dieselfde.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196655 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek dink tuisgeboorte moet wonderlik wees! Maar dan moet 'n dokter die mamma en baba as gesond genoeg verklaar daarvoor. Dit is seker maar in 'n mate roekeloos, maar ons oumagrootjies en so aan het meestal op hul eie of met 'n vroedvrou tuis gekraam. My man is deur 'n vroedvrou op die plaas die lewe ingehelp. So dit kan gedoen word. Toe ek jonk was en aan trou en kinders kry gedink het, wou ek altyd 'n watergeboorte gehad het. Dis seker nie heeltemal "normaal" nie, maar ek sou daarvan gehou het.

HV jy is reg, ons beplan baie dinge en dan werk dit vir ons heeltemal anders uit.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account