file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #196953 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie ek het skoon vergeet om te se. Lily is nie op fb nie. Sy het gese die gebrek aan privaatheid rondom dit is nie vir haar nie. Dis ook hoekom sy glad nie haar van op moomie gebruik het nie. Ek pm haar selfoon nommer vir jou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196927 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo

Grenaat hoop jy voel okay! Klink niks lekker nie! Reguit bed toe met jou! Het jy bietjie lang naweek gevat dat jy eers Maandag terug is?

Hasie soen maar die boudjies beter! Hoop die tande kom vinnig dat dit kan ophou brand! Ek dink bi-poler mense moet leer dat dit aanpassings van hulle vra en dat hulle elke dag MOET medikasie neem om normaal te funksioneer. Soos jy moes aanpas sonder gluten(wat baie dinge beteken!!!) in jou lewe, moet hulle aanpas sonder byvoorbeeld alkohol in hulle lewens. Ek kry sulke mense diep jammer, maar terselftertyd wil ek niks met hulle te doen he nie.

Bollie Riley sal te oulik lyk in die watte, weet net nie hoe lank dit sal hou nie! Siestog, pappa sal sy storie met haar moet ken volgende week! Ek is so bly vir jou dat hy gaan tuis wees! Jy gaan hom nodig he, al is dit net sodat hy kan se hy is lief vir jou en jou hand bietjie vashou! Sal jy kans sien om ons te laat weet hoe dit met jou gaan Maandag? Seker op fb, sal daar gaan loer. Geniet die team building Vrydag! Dit klink na groot pret!

HV Ek hoop Andre voel gou beter en dat dit net die tande is! Hy is darem so pragtig met sy rooi hare! Hoe gaan dit met die ander kinders?

Het enige een van julle iets interessant vir aandete? Ek raak nou moeg vir my eie kos. :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196866 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal

Hasie - Ag lekker vir daai deurslaap.

Bollie - Bly jou man gaan by die huis wees.

Kwaatjie - Bly dit gaan nou goed met Mare.

Grenaat - Hoe voel jy vandag? JY moet jouself oppas.

Andre se twee boonste tande is ook nou deur. Die een nog net so bietjie.
So hy het nou amptelik 4 tande. Mar hy voel nie so lekker nie, hoop dit gaan nou oor dat dit die tande kry was.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196839 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Claudia se tandjie is nog nie uit nie, maar sjoe, die doeke!!! Dis terrible. Tog het sy die afgelope twee aande heeltemal deur geslaap, nogal vreemd vir 'n kind wat tande kry... en dit sonder dat ek haar nurofen of iets ingegee het, sommer net vanself. Sal maar sien of daar 'n tandjie uitkom.

Bollie eks bly jou man is darem volgende week by die huis. Dink jy hy sal vir Riley kan aantrek sonder jou hulp??

Lekker daggie!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196817 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat, aai ek hoop jy voel gou beter!

My man gaan darem nie volgende week Kaap toe, daai trippie is gecancel, want iemand moet na Riley kyk, so ek is baie bly!

Ons het lekker Team building Vrydag aan, ek sien nogal uit. Ons gaan Wickedfood toe in Rivonia, dan maak almal in groepe kos, ons gaan Italian maak. Ek dink jy maak 5 disse en dan eet almal saam op die einde!

LOL, ek en my man kom baie goed oor die weg, SOLANK ek hom toelaat om baie golf te speel!!! :P

Gesels weer later!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196793 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee, ek ken min mense wat met my man sou kon uithou, maar vir my is hy die wonderlikste man en greatste pappa in die wereld!!! Ons is vir mekaar gemaak, ek is sy ribbebeen...

Grenaat, kyk bietjie op die fb page, hulle het 'n spesiale mobile weergawe van die site vir blackberries. Werk blykbaar baie lekker. Maar jy moet jou foon se bookmark erase, battery uithaal en terugsit en dan die link gebruik wat hulle jou op fb gee. Dit was so 2 of 3 dae terug op die fb site.

Christa, eks so bly dinge gaan nou weer goed by die skool! Sien jou instink was reg!! Gelukkig is die juffroutjie nou weg. Ek het 'n aangenome boetie waarvan min mense weet, wat bi-poler is. Dis 'n nagmerrie!!! Hy maak ons mal, met tye kan ek hom tolerate maar meestal moet hy onder my oe uitbly of ten minste sy mond hou. Ek ken daai buie wat so vinnig verander baie goed, nie eers van die talle selfmoordpogings gepraat nie. En dan change hy sy mind en bel iemand om hom te kom help voor hy suksesvol kan selfmoord pleeg. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek wil hom nie dood he nie, maar dis elke keer 'n moerse drama om sy maag leeg te pomp, wonde te verbind of wat ookal te doen om die bloedjie se lewe te red. My ouers het hom as 'n tiener aangeneem en hy is so 3 jaar jonger as ek. Maar tiener was te laat, die skade was reeds gedoen. Hy het nog niks met sy lewe bereik nie en ek twyfel of hy ooit sal, hy kan net nie 'n job hou nie.

Bollie, jy moet maar daai meisiekind in watte toedraai tot Vrydag! Sy is kapabel en val weer op haar snoet die week. Claudia het darem nog net 'n blou oog gehad.

Lyk alweer of Claudia se tandjie wil uit, baie opgeswel en sy het rowwe brand doeke. Arme ding se boude is bloedrooi. Sudocrem, sudocrem, sudocrem, werk gelukkig binne minute!

Dankie vir julle stories oor geboorte, dit help my om my data basis op te bou. Elke geboorte werk vir die mamma en baba soos dit moet. Kyk nou maar vir jou Grenaat, nie asof jy veel van 'n keuse gehad het nie. Bollie, mens kan defnitief 'n normale geboorte he na 'n keiser. Orals behalwe in SA word dit actually aanbeveel omdat dit veiliger is as 'n 2de keiser. 'n 2de keiser is baie meer risky as 'n 1ste keiser. As jy eendag weer swanger is en nog belangstel daarin sal ek by jou kom kuier en vir jou al die details vertel. Kwaaitjie, interessant dat hulle jou as so 'n hoe risiko beskou het, maar op die ou end was dit tog die regte besluit vir julle.

Grenaat, ongeag van die onbeplande keiser, hoe was die geboorte vir jou? Jy het nou byde normaal en keiser gehad so jy kan mos nou mooi vir my vertel wat die beste was en hoekom. En hoekom het jy besluit op 'n epiduraal? Hoeveel inligting het jy oor 'n epiduraal gehad voor jy vir Henko gehad het? O, en hoekom het jy 'n induksie met Henko gehad? Jy hoef natuurlik niks te antwoord as jy nie wil nie... dis net vir my data basis.

Ek het nog nooit Lily se birth storie gehoor nie, het iemand haar op fb? Ek sal graag bietjie met haar wil gesels oor haar ervaring met 'n midwife.

Lekker slapies almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196720 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
dis altyd so stil, en die dag wat ek wegbly gons dit :)

ek het etenstyd so goor gevoel, voel of daar sand in my oe is, ek wou sommer net huil. toe le ek bietjie op die mat vir 'n uur. nou is ek nog moeer en kopseer :( gelukkig is dit ek en die dr more

kwaatjie, ek is bly dit gaan so goed nou, elke kind verdien die beste en M verseker ook! kan nie glo hulle het die vrou kinders laat oppas nie. shoe. ja ons almal kry tog eventually ons match ne.

Bollie, wat gaan jy nou maandag doen? is jou man hier om jou by te staan?

Hasie, jy weet my siening.... normaal en borsvoed, dis al :) ongelukkig werk dit nie altyd so uit nie ne :( sob sob
ek dink dit is baie spesiaal om geboorte te skenk en natuurlik om te borsvoed want dit is 'n wonderlike bond wat ma en kind deel.

okay julle ek gaan maar groet. ek is maandag weer terug op kantoor, sal maar sien of ek die nuwe moomie op my sel regkry, anders sal ons maar weer dan chat.

baie liefde vir al die kleingoed.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account