Whahahahahaha Hasie! Ek lag my 'n papie! Ons weet jy wil nie judge nie, maar met almal se alewige gevegte daaroor, vra jy sommer al klaar verskoning! Bogger hullein elk geval!
Die dag toe ek hoor ek is swanger (en dit was totaal onverwags en ongelooflik en onmoontlik!!!) het die dokter gevra en my eerste reaksie was "normaal". Terug by die huis en na die nuus / skok ingesink het, het ek mooi oor die hele ding begin dink. Al die voor en nadele opgeweeg, het ek toe op 'n keiser besluit. Ek het my dokter gevra en sy voorstel was 'n keiser agv my ouderdom. Met die 22 weke sonar by die analis, het sy gese ek waag my en die baba se lewe om normaal te wil kraam. Haar redes het my finaal laat besluit. Daar was vir haar geen gewin in as ek op 'n keiser besluit nie, sy het regtig bekommerd geklink oor my ouderdom vir 'n eerste kind. En ek is glad nie spyt daaroor nie. As ek nog kinders wou he, sou ek dieselfde gedoen het. Hoe ek agterna gevoel het? Ek weet nie. Alles was vir my bitterlik onwerklik. Toe die dokter oopmaak, het Mare se kop heeltemal verkeerd gele. Verder sou my stuitjie wat ek nog tot op daardie stadium probeer ignoreer het, ook probleme veroorsaak het. So genadiglik was my besluit die regte een vir my en vir Mare.
Sjoe Grenaat die koppe afsit is darem bietjie drasties! Waar gaan ons dan 'n ander Bollie en Grenaat kry?!
Daar was 'n paar verwikkelinge by die dagsorg. Die juffrou wat hulle gehad het, is bipoler. Ek het dit gehoor nadat sy weg is. As dit voor dit was, het ek my kind weggevat. Ek was getroud met 'n man wat as bipoler gediagnoseer is, 3 maande voor ons geskei is. Ek was byna dood. Gaan nie verder daaroor uitbrei nie. Julle kan oor bipolar mood disorder gaan oplees. Sulke mense is skrikwekkend en lewensbedreigend vir jou en hulleself. Hulle verander van mood in honderdstes van sekondes. En ek jok nie en dik ook nie aan nie. In elk geval, nadat sy weg is, was daar sommer 'n algehele attitude change gewees. Almal lag weer. Ek kry weer sms'e van my seuntjie wat lag en speel.
Ek het nog steeds vrek lae bloedyster. Dokter behandel my bykomend vir depressie, maar ek twyfel of dit die probleem is, want ek word nie beter nie. Bly tot die dood toe moeg. Moet hom juis nou-nou bel vir jongste uitslae van toetse. Dan sal ons nou sien wat verder. Intussen is my medies in selfpayment gap, so dit gaan baie lekker!
Sien dis hoekom ek net kommentaar lewer op julle posts, want myne is net een lang gesanik. Hoe boring!