More julle,
Weer naar gewees vanoggend... maar darem nie meer so vergeetagtig nie.
Claudia was blykbaar gister vrek moeilik die heel dag. Toe ek gisteraand in haar mondjie kyk is dit duidelik 'n tand wat probeer deur kom. Daar sit al 'n gaatjie waar die tandjie moet uitkom, Stefan se voor tande het ook so gemaak, eers die gat dan die tand. Maar toe is dit vanoggend WEG!! Niks meer tand nie, net mooi niks. Die swartmense glo mos as jy kyk dan verdwyn die tand, miskien is daar waarheid in
Grenaat, ek het jou terug gekazam met 'n karma!
Kwaaitjie, ek moet nog 'n paar goed doen voor ek gesertifiseer word as 'n doula. Die naweek was die 1ste helfte van die kursus. Nou moet ek allerhande goed uitvind oor my geboorte, my man se geboorte en ons boeties en sussies se geboortes, ook dinge oor toe ons ma's swanger was met ons. Dan moet ek ook 'n boek lees oor geboorte en 'n boek report skryf daaroor. 'n Voorgeboorte kursus bywoon (verkieslik meer as een by verskillende tipes instansies) en ek moet 'n borsvoedings kursus bywoon. Dan doen ek die 2de helfte vd kursus in Augustus en dan eers mag ek begin geboortes bywoon. Dan gaan ek saam met 'n mentor doula na geboortes toe en kan as trainee doula op my eie geboortes bywoon. As ek tussen 6 en 10 geboortes gedoen het (afhangend van of almal dieselfde soort geboortes of verskillend was) kan ek sertifiseer en begin praktiseer. Hopelik kan ek alles gedoen kry voor einde September sodat ek van Oktober af op my eie geboortes kan doen en geld vra daarvoor.
Let wel, 'n doula is nie 'n midwife nie. As ek se op my eie geboortes doen beteken dit dit is nog saam met 'n midwife of gynie, net sonder 'n ander doula.
Lekker daggie!!!