file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #196426 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Skies julle, ek was nou so ver agter, ek het net vlugtig hier en daar gelees, so jammer as ek baie nb goed gemis het!!

Hasie, ek kon NIE jou post mis van die stout wees nie, wulps jy!!!!! :-)

Bly julle het die troue so baie geniet!!

Ag ek was Vrydag mos by die spesialis en het dit my toe amper die hele dag gekos. Maar ek is bly dis darem nou gedoen.

Let wel, ons spaarplan is begin Julie officially uitgeput, so Vrydag het my R1500 op my kredietkaart gekos, en lyk my mens betaal nou standaard R850 bybetaling by mediese fondse vir opersasies, so daar moet ek weer die kaart swipe!! EK HUIL SOMMER!!

Maar anyway....hier is die storie:

Ek moes CT scan gaan doen en toe is ek na die spesialis, btw, hy is een van die beste dr's wat ek al by was, jy voel sommer net gerus en jy weet sommer net hy weet waarvan hy praat. Hy het ook sy tyd gevat om my vrae te vra, gald nie haastig voorgekom nie, (julle weet mos hoe kan spesialiste mos wees) en het soveel verduidelik wat hy kan. So as julle ooit oor, neus en keel spesialis soek, besoek gerus Kobus Venter by Unitas!!

Hy moes toe kamera in albei my neusgate opdruk en dis die weirdste gevoel, dit gaan tot bo in jou sinusse. Die CT scan en sy ondersoek is baie duidelik, my sinusse is op kritiese punt septies en verstop, geen medikasie gaan nou help nie.

Ek gaan vir operasie volgende Maandag dan gaan hy die vlg doen:

My sinusse alles skraap en skoonmaak binne. Al my sinusse is verstop, frontaal, maksiler, jou name it, daar waar 'n holte moet wees, het ek septiese etter!! Sorry dis gross, maar dis die realiteit!

Dan gaan hy die sinusholtes en kanale vergroot vir beter dreinering in die toekoms.

Dan gaan hy my neus septum regmaak, die ding is vreeslik skeef na links?? Geen idee hoekom nie, maar hy maak my een neusgat amper toe.

MAAR die operasie is een ding.

Dit gaan oor om uit te vind waarvoor ek allergies is wat hierdie reaksie veroorsaak.

Ons het die veltoets gedoen vir Inhalate, maar ek ek het bietjie regaeer op goed, maar niks noemenswaardig nie. Volgende gaan ons moet kyk watter kos ek eet wat dalk die chroniese sinusitis veroorsaak.

So dis 'n lang lang proses!!

Sal bietjie kiekies van Riley opsit binnekort!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196414 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
my laaste post wys nie. ek het gese.... wat is die karma storie? ek sien ek het 1 karma LOL wonder nogal

bollie, is jy okay? wat se die dr.

Kwaatjie, ag maar M is so pragtig. hy het so besonderse gesiggie! die fotos is pragtig.

lyk my dis net ons hier.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196407 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Okay so waar is almal vandag?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196373 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Oe my sus het die mooiste fotos van Mare op fb gesit! Moes net eers gou bietjie kom spog! :blush:








Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196370 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi

shoe ons is so besig vandag, sommer aaklig LOL

Ons naweek was baie lekker, het saterdag bietjie zoo toe gegaan, henko het dit vreeslik geniet en ruben was so rustig. Hy het vreeslik min geeet die naweek, eintlik het hy niks geeet nie. net flings en melk, dis dit. sy linker boonste tand is uit en ek dink dit was nog bietjie seer. en toe gister.... wil die klein bogger nie slaap nie. hy het nie een keer genap nie en teen 9 uur was ek moedeloos. hy was glad nie moeilik nie, net gesit en smile en was te vrolik maar mens kon sien hy is doodmoeg. ek het vir hom ponstel gegee en toe later bietjie rescue drops toe slaap hy eventually. en hy het nie deur geslaap nie en is vanoggend gewone tyd wakker. wonder wat het oor sy lewe geloop :)

Dragonfly, sterkte met die krampies. shame man, sleg dat sy dit nou nog kry. en yay vir die goeie eet wat sy nou aankweek!

Kwaatjie, bly julle het 'n lekker tyd gehad. kan dink dat M die ander kids geniet het, hy het hom seker verkyk !

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196353 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Hasie duidelik het julle die troue BAIE geniet! :woohoo: Stefan wat so staan en piepie klink so oulik! Lyk my die mannetjie kan mooi mik! Hoop saam dis pienk vir jou niggie! Hasie moet ons hoop vir "consequenses" of nie? :whistle:

Bollie yay vir die eet baie en wees vrolik! Hoop julle het 'n lekker naweek saam met manlief gehad! Wanneer gaan jy vir jou sinus operasie en wat gaan dokter doen? Sterkte!

Dragonfly dalk is dit beter as sy nou waterpokkies kry, dan is dit klaar! Ek is nie 'n voorstander van kfc nie! Dis heeltemal te vetterig! Ek sal saam met Grenaat pizza eet! En moenie die wyn vergeet nie! Yay vir Kayla wat nou so mooi begin eet!

Grenaat Ek kan eintlik sien hoe gryp Ruben mamma se lekker lang hare! Het hy dit nog nie 'n goeie eina pluk gegee nie? Mare gryp ook nou ons hare en dan gee hy soms so wilde pluk!

Handjievol daai klein man raak darem nou oulik! En kyk net die kaal voete op die teels! Kry hulle nie koud nie? Lol vir die "buite-egtelike vetjies"!!!

Ons was Saterdag by my sus se twins se 4de verjaardag. Mare het die kinders om hom geniet! Hy het so lekker buite met balle gespeel! Verder was die naweek maar stil. Ons datalyne was Vrydag af. Toe sit ons heeldag by die werk en bolle rol. By die huis het ons net edge en dit dryf my teen die mure uit! Ek kry permanent "time out" errors, so dis nie eers die moeite werd om internet te probeer nie. Selfs fb op my foon is 'n nagmerrie! :angry:

Ek hoop almal het 'n lekker dag!
The following user(s) said Thank You: Grenaat

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #196156 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Lol. Hasie nou dit klink soos n lekker troue- so lekker stoud wees is baie goed vir n huwelik!

Klink te oulik hoe ou Stefan piepie...
En hou Claudia klink sowaar soos n klein bright spark!

Granaat ek is net nie lus vir so n Siek baba nie! Kayla sukkel nou juis met lelike winde elke aand-en krampe...ek weet nie eens wat om te doen. Ek gee vir haar tissue salts No 9 en kan buscopan as dit te erg is,maar is eintlik maar raadop, voel of dit net nie beter raak nie.

Goeie nuus is sy begin darm nou textuur te eet - whoop-whoop! Dis n groot stap vir hierdie mamma!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account