file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 7 months ago #155228 by junita
Delucey baie jammer vir julle verlies ! Weet net ons dink aan julle.
STERKTE !!!!

Kry maar min tyd vir rekenaar, so vang maar so nou en dan op.

Luan vannaand al 6 uur aan die slaap geraak, weet nie of ek moet bly wees of bekommerd wees nie (dat hy dalk 10 uur wakker word of so ?). Saterdag my ma na hom gekyk, ons rugby gekyk saam met vriende toe slaap die mannetjie van 11 am tot 4 uur toe :ohmy: , kon dit nie glo nie.

Kimika hoe gaan dit met jou ? Hoeveel daggies is oor ?

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154830 by Delucey
Ek wil net gou vir julle se my pa is vanaand oorlede. Een troos is dat dit lyk of hy net rustig weggeraak het. Ai my hart is baie seer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154432 by Kimika
Ag cute man .. ek love hierdie ouderdom! Ek kannie glo hoe baie neem hulle in en hoeveel leer hulle nou nie.

Ons is nogsteeds semi op Reuben/Ruben.. stry nou weer oor die spelling :) Tweede opsie is Morne. Ons wou Juan ook maar is bang mense verwar dit met Jean. My man het gese ons moet teen Sondag kies so sal maar sien ;)

O ja tassies is soortvan gepak. Myne is reg maar ek wag nog vir my doeksak. Het hom bestel maar hy is nog nie hier nie, dalk more dan kan ek als inpak. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154238 by Delucey
Nee jong ek weet nie, die dokter het net gese dis masels :blink: Sy is vandag weer skool toe en dis great hoeveel werk ek vandag gedoen gekry het!

Sjoe klink my jy gaan vroeer hospitaal toe hehe Jou en meneertjie se tassies al gepak? Julle sal maar moet vinnig besluit oor daai naam! Wat van "Pietertjie the second" :laugh:

Bianca begin ook nou twee woorde na mekaar se. Sal byvoorbeeld se Boeite stout of Buite toe... Maar praat nog nie juis so dat ek kan se ons het 'n gesprek nie :P Maar ons verstaan mekaar darem so op 'n manier...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #154223 by Kimika
Delucey, ek wou nou net kom vra het hoe dit met jou pa en met Bianca gaan :)

Bly altwee is bietjie beter!

Het sy regte masels gekry of babamasels? Nie dat ek rerig die verskil ken nie :)

Pietertjie het gister sy *simptome* van sy waterpokkies inspuiting begin kry.. snotneus en hoes :( Hy raak so kwaad vir sy toe neusie en word heeltyd wakker dan huil hy, vryf sy neus en gesig en se "mamma neusie", shame ek kry hom so jammer!

Was gister by dr vir 36wke ondersoek. Als lyk goed, outjie is 2.5kg en begin insak. Ek is ook darem al 2cm ontsluit so ek is baie dankbaar vir elke ou sentimetertjie se afslag ;) hehe .. o en nog geen finale besluit is gemaak oor sy naam nie! aaii!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #153824 by Delucey
... en daar val 'n stilte weer neer op ons groepie... :(

Bianca het toe masels ... ai Maar ek dink ek gaan haar more weer skool toe vat want sy is nie meer koorsig nie en van dinsdag af het sy nie meer 'n uitslag nie. sy het dit lig gekry want dit was net op haar gesig en haar rug. Moes dit by die skool gekry het ek kan nie dink dat sy die iewers anders gekry het nie.

Ek was toe by my pa sondag gewees. Nogal sleg om hom so te sien maar ek het hom op 'n goeie dag gevang want hy het my herken en gevra waar is Bianca, sy meisiekind. My man het by die huis gebly met die kinders so hy moes bietjie siek kind oppas - sy beurt is sy beurt hehehe

Verder is daar nie juis nuus nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151714 by Kimika
Ek sal duime vashou vir slaap!!

Daar is def so kiem in die lug wat so koors maak!!!! Die vervlakste ding is kersfees deur ons hele familie behalwe my. Dit maak vreeslik koors en dan heelwat later is hy skielik in die bors. My man moes antibiotika en my ma moes 2 reekse antibiotika kry voor dit beter geword het! Pietertjie het dit ook gehad maar ek kon hom darem regdokter voor die antibiotika.. maar dit het hom kroep gegee mos op Kersaand :( Sterkte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account