file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 8 months ago #142731 by junita
Jammer oor julle hond Kimika :( . Shame en oor Pietertjie, darm nie lekker tyd om ongevalle toe te gaan nie ?

Delucey bly om te hoor jou pa darm by die huis, hoop hy sterk gou aan en voel gou beter !

Het nie veel om te sê nie, het lekker Kersfees gehou, was by my ma'hulle en toe see toe vir die troue, was heerlik ! Het gaan swem ook in die see ;) .

Telitha by Martin se ma'hulle gaan bly en Luan by my ma agter gebly. Ek voel hoekal bietjie sleg vannaand, my skoonpa my netnou gebel en gesê ek moet nie vir my man sê nie, maar hy bietjie bekommerd oor T, sy vir hulle gesê sy wil nie meer by ons bly nie, sy wil vir altyd by hulle bly, sy sê haar pa skel haar te veel en sy hou nie meer daarvan nie :( , nou wil hulle by my weet wat gaan aan ?? My man is nogals streng met haar ! My hart sommer seer, weet nie hoe om die sakie te benader nie, aangesien ek nou niks mag sê nie en my man hou nie daarvan as mens vir hom wys op sy foute nie ! Ag julle ....

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #142729 by Delucey
Ag nee Kimika dit klink rof! *HUG*

Was die hondjie oud? Bly om te hoor Pietertjie is beter...

Ek het 'n ok kersfees gehad. Het 'n camcorder by hubby gekry. Maar was nogsteeds vies want hy het 'n seer tand en was heeldag maar stil en het nie eers gese ek lyk mooi nie :( het nogal opgedress - rok en juwele en als.

Was by my ouers en my pa was so twee weke terug in die hospitaal (hy is deesdae nogal gereeld in die hospitaal) en hy het die keer letterlik by die dood omgedraai. Die dokter se die telling Kalium in my pa se bloed sien hy gewoonlik op post mortem verslae. So ja lyk my as dit nie jou tyd is nie is dit nie jou tyd nie. Maar hy is baie sieklik en dan nog boonop half depressief ook so dis nie 'n goeie kombinasie nie.

Ek kry baie warm wonder of ons weer so 'n vreeslike storm gaan he soos laasnag :huh:

Kimika jy kry seker ook nou nogal erg warm? Ek onthou met altwee my swangerskappe (met Eben was ek in Desember op my einde) het ek regtig baie gesuffer wat die warm kry aanbetref want ek kry van nature maklik warm en dan nog 'n hitertjie binne jou te he help nie hehe

Sterkte daar hoop Pietertjie is teen nuwe jaar 100%!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #142665 by Kimika
Shoe, nie gedink ek gaan my reply as laaste ene sien nie!

Ek het 'n aaklige tyd agter die rug.

My staffie seuntjie is dood op oukerskag en ek is sooo hartseer :( Hy het hartversaking gekry en is baie skielik dood.

En bo-op dit het Goggie alweer Kersdag kroep gekry uit die bloute en ons moes met hom ongevalle toe die aand. Hy is nou bietjie beter maar het nog maar 'n hoesie en loopneus.

Sorry ek kla net maar vrek, voel asof als altyd op een slag moet verkeerdgaan!

Hoop julle almal het 'n lekker Kersfees gehad en lekker persentjies gekry!

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #141770 by Kimika
Hi outjies.

Sorry ons is so besig ek het nie eers tyd om op te vang nie :( En my data bundle is op so moet eers nog kry.. sal later weer inloer en opvang.

Sal later die resep ook doen ;)

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #141664 by Delucey
Junita daar herinner jy my - ek het ook skoon vergeet om die klei resep vir Kimika te stuur! Moet dit nog soek ook :blush:

Dalk moet jy as jy die geld het gaan vir 'n scio sessie en kyk wat se dit? Behalwe vir 'n paar rand het jy mos nie juis iets om te verloor nie. Ek is nogal verbaas oor hoe akkuraat dit was met goed wat ek vooraf geweet het fout is met my. En wys ook ek het Chronic Fatigue. So ja... dis een ding wat beslis waar is :P Al wat ek so bietjie oor bekommerd is is dat dit wys ek het bronchitis of iets met my longe. En ek het beslis nie bronchitis nie en hoes nie so nou hoop ek nie daar is iets anders fout met my longe nie. Ek rook nie so dit kan nie dit nie van so iets wees nie. Ek dwing ook nou maar myself om meer water te drink want dit wys ook fout met my niere. Wat ek glo want ek kry van tyd tot tyd erg pyn so op my lae rug en het al gewonder of dit nie my niere is nie.

Ek verstaan hoe jy voel oor jou vriendin. Ek hou niks daarvan as ander mense met my kinders raas nie. Shame man hy seker gedink sy wil ook speel omdat sy dit opgetel en vir hom gegooi het.

So wat doen julle almal vir kersfees? Ons is by my ouers hierdie jaar.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #141532 by junita
Kimika nog nie reseppie gekry nie :( ?

Op skool was ek anemies en altyd moeg gevoel en kon nooit bloed geskenk het nie, yster was altyd laag en as dit die dag wel reg was en ek skenk wel dan het ek altyd flou geword na die tyd. Pille gedrink en reg gekom en nooit weer dit laat toets nie. Die laaste tyd voel ek altyd net moeg en toe sê my ma dat ek moet net weer my yster toets. Die suster wou mos nie (gesê my oë blink ek is fine ??) en ek wou nie weer dr toe gaan nie. Het toe Vrydag self pateloë toe gegaan en laat toets, dit is toe weer laag (5.8 en dink dit moet 12 en op wees ?).
Boonop sê almal by die werk wat fout met my, lyk soos spook ens, so dit my ook begin laat wonder en die feit dat ek heeltyd siekerig voel, het nou die dag vir die dr ook gesê ek voel mislik en bly moeg en ook nie iets gesê daaroor nie.

Nou wonder ek nogals oor die scio ding ??

Het gister gaan braai by vriende en Luan was die heeltyd wakker, het seker eers 10 uur gaan slaap, maar hy was so soet gewees.

Het my net vererg vir my vriendin, haar kind van 1 het geslaap en Luan lag in die huis toe maak sy hom stil (hoe moet hy nou verstaan) en dan sy sommer kwaai met hom ! Toe ons buite sit toe gooi hy sulke ringe rond en dan tel ek dit op en so gaan ons aan en toe gooi hy een na haar kant toe en sy tel dit op en hy doen dit weer en toe skel sy hom en sê hy moet nou ophou gooi vir haar sy gaan dit nie heeltyd optel nie :ohmy: , ek my net daar vererg !!! Ek speel heel aand met haar kinders en dit pla my nie as hulle dit doen nie ! Ek sommer die ringe gaan bêre en hom weer besig gehou met iets anders.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #141441 by Kimika
Junita, daar is een van die ysteraanvullings wat mens nie hardlywig maak nie.. cher something. Hoekom dink hulle dis jou yster?? Weird..

Delucey, my ma-hulle het ook al iemand se hare vir hulle scio ou gevat. Ek dink as hulle my moet toets gaan hulle def se ek eet ook te veel suiker! hehe.. too bad ;)

Hoop nie hy het 'n gaatjie nie, kan dink mens sukkel nou om tandarts afspraak te kry!

Sal vannaand vir julle die resep stuur.. sommer oor facebook.. hoop dis ok so, laat weet as julle dit nie kry nie.

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account