file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 9 months ago #141348 by Delucey
Kimika .. hmmm dalk moet ek dit dan maar maak en klaar kry. So stuur vir my ook die resep asseblief :P Ek sal kyk waar is my klei resep en dit vir jou stuur.

Ai Junita ek hoop jy voel gou weer beter. So van die Scio gepraat. My skoonma het laasweek se kant 'n stuk van my hare afgesny en vir haar vriendin gevat wat scio doen. Bel my toe gister met al my kwale. Moet se ek is nogal impressed. Ek is mos maar skepties oor al die natural remedies ens. Amazing dat hulle net jou hare kan vat en dit doen! Maar nou ja ek nogal 'n lywige lys kwale :blink: En ek moet minder suiker eet :( dis 'n groot straf

En Eben sit met tandpyn ook nog en ek kry nie vir hom 'n afspraak nie. Stupid tyd van die jaar om met enige kwaal te sit. Almal maak toe. :S

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #141270 by junita
Jissie Delucey jy kon baie seer gekry het ! Hoop jy voel ok al beter ?

Kimika stuur vir my daai rice crispies reseppie asb, ek dit laas gemaak vir L se b-day en kan nie meer so lekker onthou nie ??

Ag die maag nogsteeds maar seer, ek voel baie papperig, vroeër huistoe en kon toe nerens 'n dr afspraak kry nie, maar kom lê, voel nogsteeds nie myself nie :( , was toe na 2 apteke toe, sodat hulle sommer my yster ook kan toets, maar die een vol en die ander een sê nee ek gaan my geld mors en wil sommer 'n stropie aan my afsmeer, ek wil nie onnodige ysteraanvulling drink nie, dan raak mens mos weer hardlywig. Ag was toe nie lus om verder met haar te redeneer nie toe los ek die stropie en als.....

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #141243 by Kimika
Hi girls.

Shoe Junita.. dit klink eina hoor! Voel jy al enigsins beter? Hoop jy word of gou beter of hulle kry die oorsaak :(

Delucey, jitte dis 'n woeste val hoor! En jammer om te hoor van jou pa.. wat se hulle, sal hy heeltemal weer herstel?

Ons boom is opgelsaan, Pietertjie het 2 balle gebreek en die boom 2 keer omgestamp maar nou los hy hom uit. Gelukkig het hy nog nie agtergekom wat persentjies is nie ;)

Ek het net die resep vir die marshmallow ricekrispie koekies. Jy herinner my nou ek wou juis bietjie klei maak.. het jy nog 'n resep vir dit?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #140533 by Delucey
Ek het dit op my facebook gehad :)

Ek het vir Bianca vasgehou en 'n speelding uit die boonste houer gehaal in boetie se kamer (dis by sy deur) en toe ek uitloop sien ek nie die walker wat in die gang staan nie en val oor die ding agteruit en probeer keer dat Bianca nie seerkry nie en val toe die hekkie wat keer dat sy by die trappe afgaan in sy kanon in. So my rug is stukkend, hand geswel, boud seer :-) en voet seer. *sug* Ek het sommer begin huil toe se sy vir my "Eina" hahaha Maar gelukkig het B glad nie seergekry nie. My bloukolle is nou swart :huh:

Junita dalk moet jy daai Scio oorweeg? Ek het nou nog nie self dit probeer nie maar my man het en Eben het. Sal nou nie se dis 'n miracle cure nie maar mens weet nooit? 'n Vriendin se kerel se broer het daai siekte wat maak dat mens vir 'n onbeperkte tyd verlam is (iets met 'n G) en hy het gegaan en sy se hy se hy kan al 'n verskil voel.

Eben se skool sluit woensdag dan is dit ek en die twee kinders. Wil bietjie klei maak, vingerverf maak, sal dalk van daai rice krispie balletjies saam met hulle maak. Een van julle nie 'n lekker resep vir dit nie? Verkieslik met kondensmelk. Weet nie of die marshmallow een meer van 'n gemors gaan afgee nie. En dan maar rondry en kyk wat ons kan doen... anders gaan boetie net heeltyd wil dvd kyk en dis ook nou nie goed nie. Is lekker vir my hahahaaha want dan pla hy my nie elke twee sekondes om iets te wil eet nie.

Nee Junita ek moet nog ons boom opslaan. Sal dalk vanaand. Hang af hoe laat ons by die huis kom. Anders moet ek wag tot Eben met vakansie is en dit dan saam met die kinders doen.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #140528 by junita
Wou nog vra is julle kersfees bome al opgeslaan ? Wat maak die kleingoed daarmee, Luan gooi die heeltyd die balle af :( !

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #140527 by junita
Delucey waar jy dan geval, weet nie daarvan nie !!! Shame man.
Jammer oor jou pa ook, hoop hy sterk sommer gou aan ! Sterkte.

Ek nogsteeds seer, weet nie of ek weer moet dr toe gaan nie ? Voel ek mors my geld en hulle tyd, ek ook nie eers 'n eetlus nie :( , dit vat baie om my eetlus weg te vat.

Die kinders is erg vervelig by die huis, want ek nie lus om te speel nie, lê en sit net, soos ek tik sit Luan op my skoot, hy wil my nie uitlos nie, maar gelukkig is hy rustig, hy ook so bietjie verkouerig.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #140517 by Delucey
Sjoe Junita dit klink sommer seer. Weird dat hulle nie kan uitfigure wat dit veroorsaak nie.

Ek darem nou weer beter na die val. Is nog erg blou maar my lyf nie meer so seer nie. Net seer waar die actual bloukolle is.

My pa is in die hospitaal - het beroerte gehad. Kan nie lekker sy bene gebruik nie. Ons gaan nou more soontoe, my ma se hy is darem al beter so ek is bly daaroor.

Ons het vandag vir my man se IT outjies partytjie gehou, sommer by skoonma se huis, en dit was nogal lekker. Ek bietjie baie moes rondhol en het nie eers by swem uitgekom nie. :blink: sou graag wou want ek het erg warm gekry.

Dink ek moet nou in die bad gaan le en ontspan :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account