file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 9 months ago #138625 by Kimika
Shoo ek het 'n paar wilde woeste dae gehad maar ek dit lyk vir my almal het :)

Goggie het toe nou Do sy 18mnde inspuiting gehad. hehe.. hy is eintlik al 20mnde maar nou het ons so-te-se ingehaal. Shame hy was so oulik.. toe ons in haar kamertjie ingaan begin hy dadelik huil en wys na die deur en se : mamma uit! Hy wil toe net daar uit hoor! Maar ons het met hom karre gespeel en suigstokkie gegee en toe is hy fine! Bietjie gehuil vir die inspuiting wat seker gebrand het maar het amper dadelik weer opghou. En hy het 1kg opgetel die maand! Kannie dit glo nie.. maar die suster se obviously het iets gewerk wat ek hom gevoer het die maand :) Seker al die pediasure en wors :) hehe

Nou nog net Januarie waterpokkies dan is ons kla tot 6jaar!!! yipee

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #137066 by Kimika
Haai ek het nie besef ek het so lanklaas ingeloer nie!!

Junita, ag dis nou cute dat hy sulke goedjies se en doen :) Die cheers is te oulik!

Delucey, bly die funksie het so goed afgeloop! Shoe jy het darem baie moeite gedoen hoor!

Verder gaan als maar goed met my, probeer bietjie goedjies gekoop en afgehandel kry. Ons gaan more na my sussie toe in Rustenburg, dis haar meisiekind se laaste kleuterskool konsertjie en sy sing alleen 2 liedjies :) Sy is baie cute en gladnie skaam nie ;) En daar is 'n fantastiese kersmark daar elke jaar so gaan kyk of ek bietjie kan kerspersente kry.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #137064 by Delucey
Ek was die laaste ruk erg besig met reelings en goed so dis my verskoning vir my skaarsheid ;)

Ag cute... sien jy het verniet geworry oor die praat. Moet se met my seuntjie het ook ook meer oor al die mylpale geworry as met Bianca. Met haar "go ek met die flow" hehe

Bianca ook mal oor cheers... ons almal - tot boetie - moet haar gereeld cheers. Dis te oulik. Eben het dit ook altyd gedoen.

Die partytjie was vreeslik lekker. Ek het dit regtig baie geniet. Lekker gekuier en geeet en gedans. Het natuurlik 'n groot stuk koek oor so ek deel net koek uit - tot die bediende het gescore! Ja ek het nou al van sondag aand af 'n seer keel. As dit nie more beter is nie sal ek maar kyk of ek kan dokter toe gaan of die suster kan gaan sien by die clicks apteek. Sy is nogal oulik. Ek gaan nou amper slaap ook wil nie te laat slaap nie. My man slaap oor by sy ma vanaand. Sy broer kuier mos hier van Duitsland af so hulle kuier bietjie.

Verder het ek niks nuus nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #137047 by junita
Waar julle :huh: ?

Wou net sê....sowaar daar begin Luan ook babbel ! Hy kyk my so in die oë en dan praat hy sulke lang stories, te oulik. Het uiteindelik ook begin "tatta" wys.
Sy gunsteling is om te "cheers", laas Sondag in die kerk toe staan daar 'n dogtertjie met haar bottie, toe hardloop hy na haar met sy bottie om te "cheers" :laugh: .

Ag julle moet kom inloer, mis julle.

Delucey hoe was jou man se verjaardagspartytjie toe ?? Lees op FB jy bietjie siekerig ? Voel jy al beter.

Kitty daai website al klaar ?

Kimika hoe gaan dit nog verder met die swangerskap ??

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135617 by junita
Welkom terug Kitty ons jou gemis jong !!!! Baie geluk met daai 4 kg, jou lyfie amper reg vir die somer neem ek aan ;) .
Kan nie wag om jou website te sien nie.

My man vannaand en môre aand weg, kom Vrydag weeg terug, ek hou mos niks van alleen slaap nie :( .
Vrydag is dit ons werksfunksie ook, sien uit na bietjie uitkom.

Luan babbel ook glad nie, sy manier van kommunikeer is om te huil en na iets te wys en as hy regtig in 'n goeie bui is lag hy darm vir ons, so darm nie "all bad" nie, so ek weet nie eintlik of ek moet bekommerd wees nie, dink tog hy verstaan my al ?
Hy gooi mos deesdae alles in die drom, het nou al lepels, bordjies, glasies en sy bottels daar gekry.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135165 by Kimika
Hi Kitty!! Ek het gedink die werkgoete hou jou besig :) Jy moet ons bietjie die link gee vir jou website, sal nice wees om te loer!

Baie geluk met jou 4kg gewigverlies!! Dis fantasties baie :)

Oor die tandjies.. as jy dit elke dag borsel dan het jy seker maar jou deel gedoen.. Dis meer as wat ek doen! Dis so 'n mission dat ek dit omtrent net elke 3de aand borsel.. ek hoop nie hy gaan vrot tandjies kry nie :( Dalk moet jy hom maar tandarts toe vat dat hulle loer? maar dit gaan omtrent 'n storie wees..

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135150 by Delucey
Hallo Kitty! Klink of jy goed besig was/is. Maar dit klink na 'n lekker besig. Mapane... wat beteken dit? Ai ek het Sotho gehad tot op derde jaar universiteit en nou kan ek amper niks meer praat nie. Eintlik nogal hartseer. Wil myself nou weer leer en dan Zulu ook. Dink dis nodig vir die toekoms :dry: en ek geniet tale.

Ek dink die kleur kan die antibitiotika of die sap wees. Drink hy dit uit 'n bottel of sippy cup of glasie? Dalk moet jy 'n strootjie probeer. Minder direkte kontak met die tande? Ek dink nou weer bianca se gebreekte tand pla haar. Sy moan elke keer wat sy haar bekertjie in haar mond sit of partykeer as sy iets eet. Sy mos geval toe sy 'nog nie 'n jaar oud was nie en die tand gebreek. Maar die tand begin nou verkleur so ek dink dis dalk nou in die wortel in. Dalk sal die tandarts dit moet trek :S

Ek dink nie jy hoef op die stadium te worry oor die praat nie. Ek onthou ek het gelees as hulle op 18 maande nog niks babbel nie dan is daar rede tot kommer en hy babbel darem al voort. Bianca praat ook nog nie veel nie. Soos jy se hul eie taal. Se woorde agter ons aan en dis dit. En maak so paar diere geluidjies na. En julle moet hoor hoe se sy melk... haha nogal oulik.

Sjoe kyk hoe laat is dit al dink ek moet gaan slaap. Ek het gou die padkaart geteken vir die gaste en die aanwysings in 'n mail getik. Hoop maar nie die mense verdwaal nie! Want ek en rigting is nie goeie maats nie. :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account