Hi julle!! Voorspoedige nuwe jaar! Mag al julle drome waar word hierdie jaar
Delucey, hoop jou pa word sommer gou weer sterk en beter. Dis darem nie lekker om geliefdes in die hospitaal te he nie.
Ons hond was net 7 en half jaar oud. Hy het hartversaking gehad. Hulle moes 'n autopsy (sp) doen omdat hulle nie kon fout vind toe hulle hom opgeneem het die aand van die 22ste nie. Hy was net baie moeg en wou amper nie meer opstaan en speel nie. Die veearts het gedink hy het dalk 'n beroerte of iets gehad omdat hy niks kon foutvind nie en het die autopsy toe vir ons verniet gedoen omdat hy so sleg gevoel het dat hy niks kon doen nie. Sy hart het 'n defek gehad en was vernou aan die een kant en verdik aan die ander kant en het begin vog opbou. Hy se dis heel waarskynlik 'n geboorte defek en ons sou dit net nooit geweet het nie, ook niks wat jy daaraan kan doen in diere nie. Enigste troos is dat hy regtig net vir 24uur agteruit gegaan het en net baie moeg was, darem geen pyn ens. Ons is net baie hartseer.. hy was regtig vir my soos 'n kind. aaii..
Junita, shoe, moeilike ene nou met jou meisiekind.. soos Delucey se dink ek ook dis baie normaal vir kinders om eerder by mense soos oupas en oumas te wil bly.. daar is dit net lekker en speel en persentjies en bederft.. niks van die ander dissipline en dinge wat ouers moet toepas nie. Verduidelik dit net so vir haar op 'n mooi manier. Haar pa is maar net streng want hy wil die beste vir haar he maar is nogsteeds baie lief vir haar. Dan moet jy miskien een of ander tyd met jou man gesels... jy hoef nou nie vir hom te se waar dit vandaan kom nie, maar se vir hom jy voel hy is dalk partykeer te streng. As hy voel hy wil so streng met die kids wees is dit reg, maar dan moet hy dit ook uitkanselleer en *goeie* tyd met hulle spandeer en hulle treat met lekker goed wat hy saam hulle alleen doen. My pa was en is nog altyd so kwaai streng man en as kind is dit nie altyd lekker nie maar nou dat ek ouer is is ek bly dit was so! Sterkte xxx