file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 6 months ago #161320 by junita
Ons rekenaar die gees gegee, tik nou maar van my man se werk laptop.

Kimika het jou birth story gelees, dit is baie spesiaal !
Moet se ek wou dit sooo bitter graag ook ervaar het, maar met T was dit nood en toe ek weer swanger raak toe se ek van die begin af ek wil normaal kraam, toe gebeur dit nie :( . Telitha was ek in kraam, water gebreuk en kontraksies maar wou nie ontsluit nie, so daarmee kon ek vrede maak, maar met L het dr gese die dag moet keiser gedoen word ens ens en dit was net nie vir my dieselfde nie !

Miskien nommer 3 ;) .

Luan skree ook nog so....dit werk op ons hele huisgesin, my man se geduld min met hom en T se vir ons sy wil nie eendag kinders he nie want hulle skree net !! Die skool ok vir my gese dat hulle nie aldag weet hoe om te maak, se net altyd hulle dink dis tande, maar ek weet darm nie.
Praat nogsteeds nie ?? Gee julle kinders drukkies en soentjies, T dit altyd gedoen en het dit so geniet , maar L glad nie so liefdevol nie :( .

Kitty wou nog se, ons stadig maar seker oppad Paarl toe, het aansoek gedoen vir 'n werk en so te se gehad , toe vind my dr's uit en vir my gevra om te bly, hulle sal my pos na ons Paarl tak, so wanneer ek reg is kan ek skuif :) , maar een probleem ons nog nie, nou is dit weer finansies....

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160989 by Delucey
Kitty wat ek doen is voor ek submit click copy ek eers dit wat ek getik het so as dit wegraak dan paste ek dit net weer in :-)

Dankie Kitty... ja dis maar 'n groot skok as mens daai oproep kry jong. Maar wat kan mens maak - die lewe gaan aan... Dink nog baie aan hom en onthou goedjies. En nou die dag moes Eben iets vir sy maatjies vertel by die skool van 'n gebruik van water toe dink ek ons kan vir oupa vra vir iets oulik hy sal weet... toe besef ek weer ons kan nie... ai... Toe laat ek hom vertel van mamma kook water op die stoof om sjokolade te smelt :P wil hom leer om oorspronklik te dink en nie die gewone goed te se wat die ander maatjies sal se nie hehe

Kimika ek dink hy sien seker maar boetie vat van sy mamma tyd weg ;-) Sal dalk beter wees soos die tyd aangaan Maar ek moet se Eben was nog nooit 'n goeie slaper nie en ons moes altyd by hom le ens waar Bianca nou weer maklik is in die sin van ek lees vir hulle, sit haar in haar bed, gee haar 'n nagsoentjie en loop. Dan slaap sy. Eben is nou nog 'n riller... dalk is jou kiddie nr 2 ook makliker in alle opsigte ;)

Nee hel na my keiser was ek te seer om te makeup hahaha Kan nie sien hoe kies mense uit eie vrye wil 'n keiser nie...

Ek raak nou bietjie gatvol vir juffie se geskree elke oggend! Is al amper twee maande :-(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160967 by kittycat
aai julle, eks party dae lus en smyt my pc deur die venster. Ek het nou alweer 'n hele post getik, en toe ewe skielik is alles weg (my keyboard spring nogsteeds!!!!)
Wil maar net se jammer om van jou Pa te hoor Delucey!!! Sjoe, ek weet nie hoe handle mens so iets nie....?!!!.......

Kimi, ja met my afwesigheid hier voel ek nou asof ek alles gemis het!!!! baie geluk met die geboorte!!!! :) Post nog so 'n paar fototjies op FB toe?!

Junita, jammer eks so min hier. Eks gedurig iewers heen, en as ek hier is dan is dit maar gewoonlik redelik chaos!!

Gaan weer die playgroup ding probeer wanneer Alex 2 is (april)...
Lyk my darem of sy imuun stelstel so bietjie beter raak. Hy was lanklaas siek, en die laaste keer toe hy siek was, het hy vanself gesond geword, sonder 'n hele vrag meds... !! yay!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160712 by Kimika
Shoo.. ek was 2wke laas hier om te chat!!!!

Dankie vir die mooi replys op FB :) Hy is 'n ou engeltjie!! Pietertjie het heeltyd gemoan en ek moes hom van dag 1 af pat of vashou om te slaap!!?? Hierdie ene drink en slaap dadelik, ek kan hom net neersit.. dis baie weerd maar fantasties!! Hoop net dit hou so aan ;)

Delucey, ek het met Pietertjie se geboorte so baie water retensie gehad en ek lyk suuuper oes op al ons fotos!!! Ek het myself belowe ek gaan nie weer so sleg lyk nie. So ek het eerste oggend al hare gewas en gemakeup :) hehe..

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #159082 by Delucey
Ai ek dreig ook heeltyd om te post maar dit was maar dol die laaste ruk en nou die week bietjie probeer opvang met my werk wat agter geraak het.

Ja Kimika Reuben is te cute. En jy lyk baie goed op jou fotos! Ek lyk op my fotos na die kids se geboortes maar lekker oes! :blink:

Dit gaan ok met ons, dankie Junita. Die begrafnis is nou verby so mens kan maar se als is nou weer back to normal. Ek het myself verwyt dat ek nie daai naweek van sy dood ook daar was nie. Was die vorige naweek mos daar. Maar aan die ander kant is ek bly dat ek hom onthou soos ek hom onthou want hy het nie te sleg gelyk die dag toe ek hom gesien het nie. My ma mos gese ek het hom op 'n "goeie" dag gevang - daai aand was hy blykbaar weer erg deurmekaar en nie goed gelyk nie. Sy het my na sy dood gevra of ek hom weer wil sien om totsiens te se toe se ek nee ek wil hom nie so sien nie. Ai... nou gaan my kinders nie een van hulle oupas ken of onthou nie. My skoonpa is so bietjie meer as twee jaar terug oorlede - op sy verjaarsdag!

Verder het ek nie juis nuus nie... My man is in die kaap tot saterdag middag toe. Was gisteraand skoon verveeld so alleen hehe Youtube geloer en so aan. Maar geniet tog die bietjie stilte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #159057 by junita
Wat ek van almal geword ???

Kimika weereens geluk met Reuben, hy is pragtig !! Wat maak Pietertjie met hom ? Ag ek so bly als het goed afgeloop !

Delucey dink baie aan jou, hoop dit gaan goed met jou en jou gesin ?

Kitty waar jy ?

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155520 by Kimika
Delucey, ek is vreeslik jammer om te hoor van jou pa. Dis baie hartseer om iemand so na aan jou te verloor, mens mis hulle so baie! Darem kry julle bietjie troos in die wete dat hy nou op 'n beter plek is waar daar geen siekte of ongeluk is nie. Maar dis nogsteeds baie hartseer! Dink aan jou en sterkte! *hugs*

Junita, Shoo, dit was 'n reuse slapie :)

Dr se sy dink ek gaan net tot by 38wke maak.. sal maar sien hoe ver kom ek.. Gaan haar Do weer sien en sy sal seker weer ondersoek doen, ek was verlede week 2cm ontsluit. Ek weet nogsteeds nie of ek reg is vir die ding nie.. sal seker vinnig my attitude moet verander ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account