file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 7 months ago #151710 by Delucey
Ek weet nie wat fout is met Bianca nie. Sy is nogsteeds warm maar darem so bietjie minder lusteloos. Ek weet nie of dit die tande is nie (die pediater het al vir my gese tande maak nie koors nie) maar die juffrou by die skool het gese daar is iets in die lug want 'n paar kinders daar het nou onlangs so koors gehad.

Sjoe kimika as ek reg onthou is dit op 2? Noem hulle dit nie die "two year molars" nie? Of dink ek nou aan die verkeerde tande :blink:

Ek gaan nou tien teen een die naweek deurry oos rand toe om my pa te gaan besoek. Sal maar net moet kyk wat maak ek met die kinders. En nou met Bianca ook nog siek sal ek maar eers die kat uit die boom moet kyk.

Die niks slaap gisteraand begin my nou bietjie vang. Hou duim vas dat Bianca bietjie beter slaap vanaand!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151706 by Kimika
Hoe gaan dit vandag met almal??

Hierdie weer maak dat nogal baie mense en kids deesdae siek is.. dis warm / koud / warm / koud heeltyd!

Wanneer sny die agterste kiestandjies?

Lekker aandjie vir almal!

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #151691 by junita
Hi julle...internet was op, so ek omtrent agter !!

Waar sal ek begin..

Kitty...gewonder waar jy was ? Thailand klink goed :) . Oorsee is definitief nie vir ons 'n opsie nie, ek sou natuurlik nie omgee nie, my man maar familie of meer vriende en kultuur vas (braai ens ens).
Wag nog steeds vir my trek na Paarl...maar wil ok nie realiseer nie.

Luan pratery darm al gevorder na mamma, pappa en tatta en dit basies al, maar hy verstaan baie goed ;) . Babbel baie, maar gun mens weet wat hy sê nie.

Delucey gelees Bianca koorsig, wat fout ? Luan Maandag koors by skool gehad, gister weer (elke keer 38.6) en toe vanmiddag weer, maar net 37.9, so hopelik dit verby ? Maar hy nie siek nie, net kermrig (sy ou gewone kermrigheid), dink dalk tande ? As môre weer sal ek maar dr toe gaan.

Delucey sterkte met jou pa !!!!

Kos op die tafel en manlief roep so sal later weer chat..

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #151216 by Kimika
Ag Delucey :( Dis darem baie swaar, veral as jy nie heeltyd by hom kan wees nie. Dis nou jammer dat hy die virus ook nog moes opdoen, klink my sy liggaam trek maar baie swaar. Ek dink dit sal 'n goeie idee wees as jy vir hom gaan kuier. Soos jy se moet jy maar dalk net goed skrop en ander klere aantrek na die tyd sodat dit nie dalk kan oordra na die kids toe nie. Dan sal jy darem die gerustheid kry dat jy by hom was as hy nou so van jou praat en na jou verlang. Ek hoop regtig dinge gaan binnekort beter, sal vir hom gebedjie opse! *hugs*

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #151201 by Delucey
Kitty jy moet dit sommer baie geniet by Plett! Dan gaan ons seker weer minder van jou hoor hehe

Sjoe ek voel nou beter oor die pratery want Bianca is presies soos Alex. Bianca praat ook nog net 'n paar woordjies en het so in die laaste week begin twee woordjies saam se soos boetie stout of so iets maar sy verstaan ook presies wat ek vir haar se. As ek se gaan haal jou kombersie gaan haal sy hom of kom ons gaan maak melkie dan vat sy my hand kombuis toe ens. Sy verstaan alles wat ek vra. so ja ek dink sy is maar net lui :blink:

My pa het nou daai MRSA virus (blykbaar daai virus wat die 6 babatjies laasjaar mos aan gesterf het in daai een hospitaal) en ek het nog nie gaan kuier nie want ek is nou erg paranoid oor die kiem en my kiddies. Die kinders mag glad nie gaan nie maar ek geworry dalk kry ek dit en gee dit vir my kids. Mens moet maskers en jassies en handskoene aantrek as jy daar ingaan. Dis nou ook 'n uitslag op sy vel. Ek het gisteraand so gesit en huil na ek met my ma gepraat het want ek worstel nogal erg hieroor. Sal dalk die naweek gaan en die kinders by my suster los en maar net seker maak ek was en skrop myself voor ek hulle weer gaan haal of so iets. Dis 'n baie gevaarlike virus vir kinders. En dan ook vir mense met verswakte immuunstelsels. Dis blykbaar hoekom mense in hospitale dit so maklik kan kry.

En my pa halusioneer blykbaar so erg. En ek dink hy mis my want my ma se hy se vir haar of sy dink ek in daai huisie wegkruip. En hy sien 'n seuntjie met rooi kleertjies in sy kamer (hy is in isolasie) en my ma se hy praat baie van goed uit die verlede. Dit upset my baie julle...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150728 by Kimika
Shoe Kitty, hulle gaan seker hartseer wees as julle soontoe moet trek.. Maar dit klink als baie exciting.. ek hoop dinge werk so mooi vir julle uit! En die lekker ding is dat ons nogsteeds op Moomie kan chat :)

Pietertjie se praat het 'n ruk stilgestaan maar die laast 2 weke leer hy weer baie :) Ek het verlede week sy asem geruik (ek probeer hom leer hoekom ek sy tande moet borsel!) toe se hy vir "dis disgusting" LOL hy het dit by sy niggie gehoor ;) En hy tel een twi ses :) of een twi vyf.. hy wil nie drie se nie want hy kan nog nie r se nie. Maar jy sien hy kan nou nog nie so mooi die opdragte uitvoer nie.. hy het gister vir die eerste keer iets in die asblik gegooi toe ek hom vra. En hy ignoreer my maar lekker as ek vir hom goed se om te doen .. hoop hy kom oor dit!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150725 by kittycat
sorry julle, ek bedoel ek gaan my ouers in Plett sien .. ek sal seker vir hulle van ons plannetjies moet vertel...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account