file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 7 months ago #150724 by kittycat
Hello julle
Ek sien nou eers dat my post 2 keer op is, maar dat net die helfde op is.. die ander helfde is missing?!!! :dry:
Ek kan nou nie onthou wat ek alles gese het nie, maar ek wou weet hoe dit met Junita en delucey se kiddies se pratery gaan? Kimi,ek weet Pietertjie praat al baie goed.. Alex begin nou al meer woordjies se, maar nog nie so baie as wat ek dink hy moet kan se nie?! Seker so 20 in totaal, maar hy verstaan elke liewe dingetjie wat ek vir hom se. Ek sal bv se, gaan haal jou skoene, en maak toe jou kasdeur, dan doen hy dit, maar praat.. mmm.... net woordjies hier en daar...! :(
Kimi, is raak nou weer verskriklik vinnig verveeld met dieselfde plek.. Snaaks genoeg is ek heavy oor roetine (bv met Alex) maar ek raak versrkiklik vinnig verveeld met myself en 'n plek...!! Ek wil al baie lank al oorsee iewers gaan bly het, maar my man wou nie. Hy het nou ingestem dat hy Thailand toe sal gaan, maar net soontoe.
Delucey, ek was al 4 keer in thailand, en ek voel daar is baie geleenthede vir besighede en toerisme.. my man wil aanhou vlieg, (ons kan enige plek bly omdat hy in elk geval nie in SA vlieg nie) en ek kan miskien 'n klein besigheid of shop begin!!! :woohoo:
MY DROOM!!!
Die visa kan miskien bietjie tricky wees, maar dis hoekom ons vir' n maand soontoe wil gaan om dinge mooi uit te vind voordat ons so groot besluit neem.
Die area waar ons wil bly is daar VREK baie expats en jong families - ek voel as ons dit nie nou doen nie, dan gaan ons nie later weer 'n kans kry nie... Daar is 3 Engelse skole. Al drie is blykbaar uitstekend.
Delucey.. aai man.. eks jammer om te hoor van jou pa.. ja sjoe.. dit moet seker maar swaar vir julle almal wees... :( baie sterkte, en hou ons op hoogte...
Kimi, geniet jou ooievaar!! Ek hoop jy kry darem 'n paar oulike goedjies vir Boetie!! :)
Ek gaan Donderdag vir 2 weke Plett toe. my man gaan JNB vir werk. Ek sal seker vir hulle van ons thailand plannetjies moet vertel.. mmmmm....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150303 by Kimika
Hallo Kitty!! SHoe, klink omtrent of jy 'n woeste en besige tyd agter die rug het! Bly jy en jou man kon dinge uitsorteer en tot 'n *compromise* kom oor die familie. Dit klink vreeslik exciting om te trek na Thailand. Ek is nou weer heeltemal te area vas, en ek hou ook nie van te veel verandering in my lewe nie ;) Vakansie is een ding maar permanent skrik my bietjie af! Ons praat juis nou weer die naweek van werk soek vir my man Laeveld of Natal toe want daar is so baie geleenthede.. maar net die gedagte daaraan maak my vreeslik benoud!

Sterkte met Alex se operasie :( Ek kan net dink hoe jy voel.. dis baie scary om mens se kleingoed hospitaal toe te vat! Dink aan jou!

Delucey, ag nee, jammer om te hoor jou pa het weer versleg! Gaan hy nou permanent moet dialise kry? Dit moet ook seker baie stressvol vir jou en jou ma wees om hom so siek te sien :( Sterkte vir julle almal!

Nie veel gebeur hier aan my kant nie. Dis die naweek my ooievaars en ek sien regtig daarna uit!
En Pietertjie word ook net ouliker by die dag :) Ek kan hom sommer opvreet vir als wat hy nou leer en doen.. klein snaaksie :) En ek moet nou seker maar sy hare sny.. sy kuifie hang al verby sy oe en sy nekhaartjies is lank en krul.. my man begin nou moan! hehe.. so ek gaan sommer self die week dit met die sker trim.. hoop net nie ek verwoes dit nie.. aai! hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150215 by Delucey
My pa is toe weer die begin van die week opgeneem in die hospitaal daar by my ma hulle en sover lyk dit nie te goed nie. Kry mos ook nou dialiese elke dag - dink dis vir 3 ure lank. Het ook aan bloei gegaan en nou se hy weer vir my sy keel is erg seer en voel of hy begin verkoue of griep kry.

Sjoe Kitty klink of jy 'n rowwe tyd agter die rug het so tussen die fights en die werk deur. Hoekom nou juis Thailand? Is daar darem engelse skole? Ek wens ook ek kan landuit maar my man wil niks weet nie. Ek raak jaloers as ek vriende se fotos sien waar hulle met hul kinders in parkies gaan speel het of net bietjie uit was met die kinders. Hier moet jy iewers 'n fortuin gaan betaal om jou kinders te kan laat buite speel en dan voel mens maar nogsteeds paranoid.

Sjoe hy nog klein om dit te laat uithaal... Eben was drie toe hulle sy mangels en adenoids uitgehaal het. Ek onthou nog daar was baie bloed by sy neus gewees toe hy uit die teater gestoot is. So wees maar voorbereid op daai moontlikheid. Maandag gaan ons in hospitaal toe vir hom dat die tandarts aan sy tande kan werk want hy wil nie stilsit in die stoel nie so nou gaan ons dit in die teater doen dat hy hom kan onder narkose sit om dit te doen. Die arme kind weet nog nie eers nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150181 by kittycat
Hello Julle, jammer ek was so lanklaas hier, en dat ek julle afskeep.. Die afgelope 2 maande was net ontsettend besig, en daar het so baie goed gebeur (goed en sleg)
Julle sal my nie glo nie, maar ek en my man het 'n MOEWIESE fight gehad op die 31ste Des. Ek vat toe al my goed, vir die mannetjie en gaan na my ouers toe.... Ons het alweer baklei oor sy familie. (soos gewoonlik)
Gelukkig is dinge nou baie beter, en ek het besluit om te terug te kom, en ons het 'n goeie chat gehad en sekere goed besluit. (bv dat ons nie meer oor sy familie gaan praat nie, en dat hy my meer moet help met die klein mannetjie..) So far so good.., maar hoekom moet mens altyd tot uiterstes gaan voordat die pennie by 'n man val????
Anyway.. ons landlords het mos nou besluit om ons huis te verkoop.. nou wil sy een keer 'n week 'n 'open house" he vir 2 ure. Dis seker nie te veel gevra nie, maar ek is glad nie lus vir mense wat hier inkom nie, en ek gaan al my toys uit die kos uitgooi as hulle nie by die ooreenkoms hou nie...
Verder julle... ek en my man dink daaraan om Thailand toe trek.. Dis 'n lang storie, maar ek wens ons kan..ons is nou besig om te kyk na al ons opsies.. eks so gatvol vir my boring lewe, en Alex is nog klein genoeg (maar ook groot genoeg) sodat ons sal kan gaan..Ek sal vir 6mde alleen daar moet bly terwyl my man werk, maar dis fine met my. Ten minste 'n nuwe omgewing, nuwe mense, nuwe plekke, nuwe kos ens.. Ons gaan in Mei of Junie vir 'n maand soontoe om te kyk of ons soontoe wil gaan op 'n meer permanente basis..

Okay genoeg van my
Delucey: jammer om van jou pa te hoor, maar ek is ook bly om te hoor dat dit beter gaan!!!
Kimi, ja, die speelgroepie ding pla my ook.... ek het dit mos al 3 keer probeer, en elke keer word Alex so vrek siek dat ek hom moet uithaal. Ek weet alle kinders word nie so erg siek soos hy nie, maar ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek voel ook hy gaan baatvind by 'n speelgroepie, maar ek is te bang hy word weer so erg siek soos die ander kere (en ek praat nie van verkoue, ek praat van ooronstekings, adeno-virus, bronchitis etc)Hier is nou 'n skooltjie hier naby ons wat blykbaar flippen goed is. Dis nie 'n kleuterskool nie, maar 'n speelgroepie. Dis net oop vanaf 8-12 elke dag en deel van 'n groot private skool hier naby. Hulle is blykbaar flippen streng met siek kinders -- wat my natuurlik fantasties pas !! Daar is ook blykbaar verskillende terapeute wat jou kind se ontwikkeling dophou en al sulke goeters.. Maar nou vir die bad gedeelte, hulle is FLIPPEN duur. Ek het nie eers geweet dis moontlik dat 'n speelgroepie so duur kan wees nie!!!!!! Ek moet nog eers oor die skok kom.. en dan moet ek hom op 'n waglys sit want hulle is baie streng dat kinders tussen 2 en 3 moet wees.
Juanita, miskien sal jy hulle ken? Bridge House se speelgroepie in Pearl Valley?

Julle, ek kan die 27ste Jan tot die 13 Feb Plett toe. My man moet werk, so ek en Alex gaan soontoe. Kan nie wag nie , maar eers 'n spanner in the worx.. Alex gaan Dinsdag om sy "adenoids" uit te haal, en pypies in sy ore te kry.. Hy het alweer oorontsteking, en die paed reken dit raak nou heeltemal te erg.... shame!!! EK gaan my doodhuil as hy hospitaal toe moet gaan, en dis nie eers so erg nie... ;(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #150180 by kittycat

15 years 8 months ago #148365 by Delucey
My pa se kalium (potassium) vlakke skiet die hoogte in en dis glad nie goed nie. Hulle weet nie hoekom dit so maak nie. Hy is darem nou weer ontslaan en by die huis maar is maar 'n baie siek man. Hy het kanker in die beenmurg (myeloma noem mens dit) en dan het hy ook 'n ander bloedsiekte. Polistemie of so iets.

Bianca het darem nou gister begin om self na die juffrou toe te gaan maar sodra sy daar is dan begin sy huil hehe So daar is darem al bietjie hoop.

Kimika waar bly julle nou weer? Jy weer terug in PTA? Dan moet jy kyk of jy die nommer kan kry van die dagmoeder vereniging. Dan kan jy daar nommers kry en dalk bel as jy voel jy wil hom iewers sit? Mens skeep maar die ouer kind bietjie af Kimika want kleintjie soek baie aandag. Gelukkig was Eben darem al groter en kon ek vir hom vertel van babatjie wat baie aandag gaan nodig he ens... ek het ook nie dat hy by die huis bly na babatjie gebore is nie. Het dat hy soos altyd skool toe gaan in die oggend ens. Ek dink beslis aan jou... twee kiddies saam is nie 'n grap nie ;-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146852 by Kimika
Shame Delucey.. hoop regtig jou pa is sommer gou beter! Wat 'n rowwe week, toemaar dis amper naweek en miskien kan jy dan bietjie afskakel.

Ek worry nou baie oor die hele skool/speelgroepie ding.. ek weet regtig nie wat om te doen nie.. ek ken ook nie die area se dagmoeders en dinge nie so sou nie eers weet waar om hom te vat nie!! My ma kan nie elke dag by my wees nie en eerlikwaar weet ek nie of ek alleen gaan cope nie. Met Pietertjie was my man voltyds by die huis saam met my en dit was ook maar rof.. nou werk hy so ek weet nie :( Ek kan ook nie rerig bekostig om Pietertjie nou iewers in te sit nie.. ons draai maar die sente om en om en om ;) Ek is die bangste dat ek hom gaan moet afskeep.. Maar nou ja.. ek sal maar net moet regkom! Ek sal altwee saam in 'n skooltjie sit as kleinboet so 6mnde is. Vrek, dink aan my! LOL

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account