file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 9 months ago #140516 by junita
Kimika Petertjie klink na 'n regter groot meneertjie, hy gaan sommer lekker speel met sy klein boet :).

Luan nou eina agter gekom, hy wys net heeltyd sy eina.

Ek ook eina...ons Donderdag by werk presentjies uitgedeel en sommer elkeen 'n snack dingetjie gebring. En daai aand toe raak ek sommer siek, verskriklike maagpyn en braking. Vrydag oggend voel maar weer papperig maar glad nie meer naar nie. Vra toe my dr om sommer gou te loer met sonar, sê toe my galblaas is uitgesit, maar geen steentjies of so nie en my milt is glo bietjie vergroot (14cm), dit moet glo 12 cm wees ??? Andersins geen probleem.

Vanoggend nogsteeds pyn, toe gaan ek maar GP toe, neem toe maar spoed bloede en stuur my huistoe en my gebel met toetsuitslae - normaal. So weet nog steeds nie wat eintlik fout nie en nogsteeds baie pyn ??? As ek onder my ribbes aan die regterkant druk wil ek deur die dak spring. Hy my niks medisyne gegee nie en weet nie eintlik wat om te doen nie ? Voel of ek ippekonders het.

My man weg na 'n batchelors, kom eers more terug, kinders slaap, ek gaan ook sommer in die bed klim.
Lekker naweek verder.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #139869 by Kimika
Klink vir my jy move nogal met die fotos! Dis fantasties :)

Goggie het hierdie week weer 'n brightspark week gehad! Hy is sooo snaaks :) Hy het die laaste ruk vir my bietjie stilgestaan met die ontwikkeling en het amper minder gesels.. maar nou skielik die laaste week raak hy die oulikste goed kwyt ! MIskien het hy net die laast ruk opgelet na als wat gedoen en gese word. Hy het vanoggend toe ons nog bietjie in die bed le net skielik begin afklim met 'n spoed en se toe: "gaan ouma toe" . hehe.. en vanmiddag toe ek hom wil kos gee besluit hy dis lekkerder om dit die hele vertrek vol te spoeg en hy se nogal hy spoeg. Gevolg met: "wil nie kos nie mamie" ! so nou hoe kan mens dan stry? ;) En hy het die ding aangeleer om as hy ietsie wil he soos 'n koekie of 'n noemie om mooi te vra daarvoor en dan trek hy sy oe sulke skrefies! Ek kan hom opeet!! Hy leer regtig die snaakste goedjies.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #139690 by Delucey
ek toe nooit tyd gekry om te kom post nie... :blush:

Dit gaan maar net te rof hierdie kant. Bianca is ook nou siek. Ek het kliente wat vir hul fotos wag. Een kom vanmiddag hare haal. Moet nog vir twee kliente dvds maak van 'n helse klomp home movies af wat ook nog geedit moet word. Ai... En het nog 'n moontlik fotosessie of twee in die pyplyn. Almal wat vir kersfees fotos wil he. Het mos saterdag 'n familie shoot gehad. Het dit nou nogal baie geniet en dink die klient sal tevrede wees. Het 'n hele paar nice fotos gekry.

Ek moet se Bianca was baie siek na haar MMR inspuiting. Dis nou die enigste inspuiting wat haar geaffekteer het. Al die voriges het niks gemaak nie.

Ek dink nogald ie kleintjies skrik vir die groot rooi oom... lyk seker nogal vreesaanjaend met die vreeslike baard en als.

Sjoe Kimi jy is al goed gevorder met die swangerskap... nie meer lank nie ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #139667 by Kimika
grrrr gepost en toe seker perongeluk cancel gedruk ipv submit :(

ek lewe nog :) 28wke vandag = 3de trimester .. en prinsie het nog nie 'n naampie nie! eeekkk.. ek gaan vry gynae toe en sat 'n 4d gebook saam manlief.

Kitty, die laaste 2 inspuitings het niks gemaak nie, net 'n rash op sy been.

Junita, Pietertjie het vreeslik geskrou toe hy op kersvader se skoot moes sit! hehe... kan dink hoe scary daai vet oom met die baard vir die kleinspan is!

Delucey, hooop jou kids word gou gesond dat julle almal reg is vir Kersfees!!

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #139522 by Delucey
Ek is ook nog hier!!! sal later kom post. Enkelma vanaand (soos 99% van die tyd) moet net eers kids bad en in die bed kry dan kom chat ek gou!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #139145 by kittycat
swak swak swak... dis al wat ek te se het oor my besoeke hier!!
Die website karring maar aan, ek moes elke liewe package verander, want die landing fees in zambia en Botswana het nou ewe skielik opgegaan, en dan is daar 'n issue met sekere van die lodges wat nie meer die boat transfers insluit nie bla bla bla... net 'n klomp bollie wat uitgesort moet word....

Shame Junita, arme Luan se ken! Ja nee, dis tipies iets wat Alex sal doen.. om in die sloot in te ry.. ek het besluit sy 5 gunsteling dinge om op die oomblik te doen is om goed te breek, om op goed te klim,goed van die tafels af te smyt, te karring met die toilet of om my hare uit te trek...(en as dit nie werk nie, my in my gesig te krap...) nice... Ek lyk al soos 'n warsoldier uit vietnam..

Delucey, lyk my jy het 'n lekker aandjie gehad. Ek het al vergeet hoe dit voel om te kuier en te dans.. dit voel asof dit laas in my vorige lewe gebeur het...
Ja... dit kan wees dat dit dalk sap is wat sy tandjies gevlek het..!!
:blush:
Ek gee vir hom (nie meer nie maar het nou die dag) sap in 'n bottel. Hy weet baie goed hoe om uit 'n strooitjie te drink of 'n sippy cup, maar dan maak hy sy mond vol sap, en spoeg dit op sy hempie uit, of op die mat?!?!? :blink: Dis so 'n gemors later dat ek maar vir hom die bottel teruggee, want snaaks genoeg doen hy dit nie met 'n bottel nie.. die "flow" is seker bietjie stadig om sy mond te vul!!

Kimi, hoe gaan dit met Mrs Preggie??! :) Hoe ver is jy al? Het julle nou al 'n naam? ;)

Ons was mos in Paternoster. Dit was ontsettend lekker en mooi. Alex kon nie sy luck glo met so 'n moewiese "sandpit" om hom nie!!! Ek het tot sand uit sy neusgate in die aande uitgegrou...
Ek het 'n gat gegrou en hom toe in die gat gesit. Hy het gedink dis nou die coolste ding ooit om in die gat te kan staan en te probeer uitklim. Ek het natuurlik my naels stompies gegrou aan die gat, en my rug is bloedrooi verbrand van die viervoet posisie wat ek moes inneem vir die gegrouery... :blink:

Kimi, het Pietertjie siek geword van die intentings? Dis nou Vrydag se mission vir my om vir Alex te vat vir die goed... Hy gaan seker weer skree asof dit die begin van Oordeelsdag is, maar nou ja.. ek sal ook maar sweets en brmm brmm's saamvat...
Hy het darem nou al nog 'n paar goedjies begin se" Hampoe vir enige iets wat soos shampoo lyk, en dan waai hy elke aand vir my "bye" as ek hom in die bed sit, dan se hy "tata mamma!", en dan ook "groot dan"... dis nou 'n bal. Ek het opgegee om vir hom te probeer leer om "BAL" te se, want die "dan" het nou net 'n "groot dan" geword....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #138712 by junita
Ja gaan maar net so rof hierso...die tyd van die jaar, afskeide ens ens.
Gister hoeka kerspartytjie (my man se werk) gehad vir die kinders en Luan het niks van vader Kersfees gehou nie !!! Mense omtrent vir hom gelag wat so tekere gaan as daai vet man nader aan hom kom.
Het met sy fiets rond gery daar en ek seker net vir 'n paar sekondes weg gekyk toe ry hy in 'n sloot in, kennetjie nerfaf, hy ons omtrent besig gehou !!

Hoop julle darm lekker naweek gehad.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account