Hello Julle
Kimika, jy is heeltemal te fluks!

Ek is gister spinasie gekook, en dit was klaar 'n groot issue vir my... Ek diet mos nou, so gisteraand het ek vis en spinasie geeet.. die spinasie was nog okay, maar die vis was yuk..!!

Delucey, ja ek weet nie hoekom begin die klas so laat nie. Ek was later redelik geirriteerd, want dit het aangehou tot 12:30!!!! Alex trek heavy amps teen daai tyd... .en gister was baie koud, en toe speel almal buite met water!??!!! Die vrou wat dit aanbied se seuntjie het sommer met 'n kort broekie en hempie buite rondgehardloop.. Sjoe, ek is defnitief nie so 'n "relaxed" ma wat hulle maar laat begaan nie.. Ek het soos 'n heks gevoel, want ek was die enigste een wat nie wou he Alex moes in die water speel nie!!!
Ek weet nie of ek dalk vir vir vrou moet vra of ons nie bietjie vroeer kan begin nie,,, maar om nou weer die klas net vir my te skuif... (die ander kinders het heel okay gelyk teen 12:30.. !!?! )
Die bleddie tuindienste... laas toe vreet ek hulle uit omdat hulle presies 11:30 wanneer Alex gaan slaap kom gras sny (ek het vir hulle gese hulle kan enige tyd kom net nie tussen 11:30-13:00 nie.. wragtag toe kom hulle 11:45 hier aan, net toe ek Alex in die bed gesit het.. Dis nou 06:40, Alex slaap nog, nou hoor ek alweer die grassnyers hier buite.. wat gaan met hulle timings aan????!!!!
Junita, hoop Luan voel darem bietjie vandag?!
Delucey, hoe lank is jou moms en tots klas, en hoeveel is julle? Ons was gister net 4, maar blykbaar is daar gewoonlik 6.....
Ek wag nog dat daai vrou my terugbel oor die speelgroepie.. ek hoop nie sy het besluit Alex is nog te klein nie, want dan moet ek maar wag tot volgende jaar.