Ek het gedink dis dalk daai foto.. Ok in my opinie: ek sou sy comments delete en hom vra om dit eerder vir joupersoonlik te maak. Dit kom voor asof hy spot met die swanger vrou.. obviously wil sy nie kaal wees nie!!!! Daar is regtig niks fout met die foto nie en as hy konstruktiewe kommentaar wil maak en jou regtig probeer help om jou te verbeter in jou fotografie dan moet hy dit meer taktvol maak. Ek sou def nie daarvan gehou het as die onderkante van my boobs op my matenity shoot is nie

Soveel te meer as hy ook 'n profesionele fotograaf is! Kyk wat het Joli vir jou gese.. dit is actually iets om jou te help en verbeter.. ek het probeer uitfigure of hy 'n grap maak of ernstig is!
Ok dit was my 2c
Hey gisteraand vra my man my of ek nou al 'n naam vir ons seuntjie het. Ek se toe nee ek het opgegee

Hy se toe dat hy hom dan sommer Ruben gaan noem.. en ek se dat ons dan netsowel hom Rueven kan noem dan is ons altwee gelukkig. Hy het toe dit net so bietjie afgeskiet.. nie so baie soos laas nie

Toe se ek vir hom as dit nie Rueven is nie gaan ek hom Logan noem

Logan het nogal gegroei op my maar ek dink nie my man gaan byt vir dit nie!! lol