file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 11 months ago #114312 by Kimika
Delucey, jy hoef nie sleg te voel nie :) Meeste ma's wat werk se dis vreeslik uitputtend om kinders op te pas by die huis!

My ma het goggie gevat saam toe sy nou gaan shopping doen!! Dis amazing.. eintlik moet ek 'n middag slapie vat ;)

Wel as Eben so hulpvaardig is kan hy maar gerus by die huis bly!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #114309 by Delucey
Julle Eben het nou vandag gehelp om die skottelgoedwasser uit te pak en het netnou die klei wat sussie op die vloer gegooi het help optel... haha ek dink hy skimp vir meer tyd by die huis.

Ja Kimika dis erg frustrerend om so sonder kar te sit en nou gaan ek moms and tots ook moet mis more en dalk volgende week ook. Ek SMAG na 'n bietjie uitkom. NET EK!!!! :unsure: Voel partykeer soos 'n sleg ma as ek dink aan hoeveel mense hul kinders heeltyd by hul sal wil he maar nie kan nie en hier is ek heel in staat om dit te doen. Ek dink as hulle rustiger kinders was sou dit seker ook beter gewees het maar ek is 'n alleen mens en het absoluut niks me time nie - nou al vir meer as 18 maande lank!! (dis hoe dit voel hehe) Wel ten minste was ek alleen na die shoot toe so dis darem iets ;)

En ek en Bianca het nou sulke irriterende hoesies aan ons. :( Hoop nie dis die begin van iets nie... Gee nou maar vir haar immunocare en hoop dit help

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #114228 by Kimika
Kitty, is dit nou waar daai seding inkom van "absence makes the heart grow fonder" ? ;)

Ek bid ook al vir potty train tyd!! Hy het gister 3 keer gebollie en dis 'n absolute mission om die doek geruil te kry tussen die skoppe deur voor die bollie smeer :x

Delucey, ooo die verskonings wat hy uitdink!! Dis darem baie cute!!

Ek weet nou bietjie hoe jy voel met die kar situasie.. na die ruitjie vrydag uitgeslaan moes word.. *sug* is hy vanoggend eers kom vervang, so ek was in die huis vasgekeer tot nou toe, en nou toe ek wou ry is die wiel pap! Nou moet ek in elkgeval tot vannaand wag sodat my man dit kan fix!! Ek het nie meer lekkerruik sakkies vir die gagga doeke nie!! lol

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113857 by Delucey
Kitty ek het ook dat Bianca teen die deurkosyn staan en 'n merkie gemaak en haar so gemeet. Maar sy was nogsteeds nie happy dat mamma haar so teen die muur vasdruk en bo haar kop karring nie :P

Ek het nou vandag weer die suster gebel en gese ek moet Bianca se afspraak skuif en wragtig toe ek Citroen vandag bel toe se hulle hulle sal die part nou eers die 10de kry! ARGH! Eben bly nou more ook by die huis. En intussen word daar van my verwag om maar net my goed gedoen te kry en nog in die aande tot wie weet watter tyd te sit en werk (is doodmoeg hier waar ek sit - nie 'n grap om na twee kids te kyk nie) en mense te bel deur die dag ens ens. Toe ek Citroen vandag bel toe het Bianca die hele tyd geskree.

Kimika jy spot so - ek lag gister oggend so vir Eben hy se vir my hy het gesien daar het goo by sy oog uitgekom hehe skimp toe om by die huis te bly soos toe hy daai ooginfeksie gehad het en ek se toe net nee man hy is reg. Later is ek in sy kamer besig om Bianca se hempie uit te trek om 'n nuwe een aan te trek gee meneer agter my so flou aansit hoesie. "Mamma, ek is siek, ek dink ek moet by die huis bly" Ek het sommer gelag.

Jip doeke ruil en klere aantrek is 'n mission. Ek kan nie wag om haar te potty train nie ;) Maar dis nou nog 'n hele ruk weg!

Kitty as die mans by die huis is is hulle in ons pad en doen nie die goed soos ons wil he hulle dit moet doen nie maar as hulle nie daar is nie dan is dit weer te stil en voel dit net nie reg nie :) Ek dink dis maar met die kinders ook so. Eben kan so op my senuwees werk en rumoer maar as hy 'n naweek by een van die oumas gaan kuier dan voel die huis heeltemal te stil... en as Bianca dagsorg gaan begin gaan dit darem maar baie vreemd voel om alleen in die huis te wees.

Hoe lank gaan jou man weg wees?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113830 by kittycat
hehe Kimi, janee Alex is ook baie groot op skop as ek sy doek wil ruil!!! hehehe,, janee nou nou skop hy vir boetie raak!! :huh:
Alex skop gewoonlik vir my, dan trek hy so styf, en gaan le op sy maag, of in so 'n bolletjie sodat ek glad nie die doek kan vaskry nie!! Of hy skop die doek dat hy doer trek...!!!
Ek het hom ook nou die dag gepiets, want hy het so te kere gegaan, en toe gryp hy die hele pak wipes en gooi die hond met dit!! Die arme hond is al vrek bang vir hom...!!!

Julle, ek is nou so lus vir 'n stuk koek.. agh.. lekker chocolate of iets wat ontsettend fattening is.... :huh:

Nou net my man gaan aflaai.. ons het weer vanoggend so erg op mekaar se senuwees gewerk, maar nou voel die huis al klaar stil sonder hom.. :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113479 by Kimika
Delucey, Eben gaan nooit weer wil skooltjie toe gaan nie, dis heeltemal te lekker by die huis met die koek en al ;)

ok so ek neem aan julle sukkel ook so om klere aangetrek te kry en doeke te ruil?? Ek moes gisteraand vir Pietertjie so hard raps dat die vinger merke sit :( Ek het baie sleg gevoel maar hy skop my sooo hard op my maag.. dis dieselfde storie 3 of 4 keer 'n dag en as ek met hom raas dan lag hy net. Ek is bang sy arme boetie kry al daai skoppe teen die kop ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113272 by kittycat
Hello julle.. net gou.. Alex sal ook glad nie wil stille sodat ek hom kan meet nie...so ek het dat hy teen die muur staan, toe maak ek 'n merkie, en vat die maatband en kyk hoe lank hy is..

Junita, ja Alex is ook mal oor karre/motorfietse/vliegtuie ens en dan boeke en balle. Dis al waarmee hy op die oomblik homself besig hou!! (en ek moet natuurlik die boekies oor en oor en oor lees...!!)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account