file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 11 months ago #118913 by Delucey
Ek was Eben en Bianca se hare met Elizabeth Anne se Not a baby shampoo wat mens kry. Die 2-in-1 een. Ek koop dit by Dischem. Dit maak hulle haartjies lekker sag en ruik soos aarbei :-) Hulle het 'n sjampoo en conditioner wat mens apart kan koop maar die 2-in-1 is net vinniger en die gemoan is vinnger verby.

Was vanoggend erg vroeg wakker want my man het vroeg moes ry. Die twee luister liedjies in boetie se kamer.. cute hoe hulle nou saamsing :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #118890 by Kimika
Ag lekker man :) Ja en more begin weer 'n nuwe week!! Naweke is darem maar net te kort.

Waarmee was julle die kids se hare? Ek is op my laaste bottel Elizabeth Annes (nogsteeds van die ooievaars!!) Maar wil iets koop vir Goggie se haartjies en weet nie eers of mens kiddy shampoo kry nie?

Kitty en Junita waar is julle outjies??

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #118873 by Delucey
Kimika ek het toe myself heeltemal ooreet!! Ek is soooo ongemaklik hier waar ek sit. Ekstra bewus van die tube om my lyf :P Maar ek het lekker gekuier dit was net ons, my twee broers en hul vrouens en kids en my ouers. So dit was lekker. Het nou eers by die huis gekom en die kids is stokvlou. hulle het so lekker gespeel en Bianca het op 'n stadium die sand/modder ontdek. So ja ons het maar eers gebad voor ons ry...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #118784 by Kimika
Delucey, sorry dat jou kar nou so issues gee :( wat 'n pyn!

Lekker eet!!! Ek dink amper Kentucky is vandag op die menu ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #118765 by Delucey
My kar... ek is baie lus en raak van die ding ontslae! Maar nou ja dit gaan nog meer kos en ek sal moet gaan vir 'n kleiner karretjie dalk... hmmm Ag nee jong nou raak die enjin warm as mens die aircon aansit. So mens moet net nie die aircon aansit nie dan kan jy ry. En volgens hul lysie werk my een agterlig nie, iets by die exhaust blykbaar stukkend, clutch ruk en weet nie wat nog als nie. Gaan my seker 'n fortuin kos om als reg te maak.

Haha Bianca doen ook die tel ding. een twee die! Dan sal sy nou begin hardloop of iets. Ek tel gewoonlik so as ek byvoorbeeld met haar op die bed val dan tel sy sommer saam. Gedink ek moet nou maar tot by 4 tel tot sy dit reg kry dan tot by 5 en so elke keer vir haar 'n nuwe getalletjie by leer.

Klink soos my man hy is net so accident freak en lyk my Eben het so bietije van dit geerf maar darem nie te erg nie.

Wel ek dink ek gaan nou bietjie relax. Was vandag bietjie by my ouers - al van vroeg af want my man het na 'n klient in Germiston gegaan en more gaan ons weer en dan gaan ons so 1uur na my sussie toe want sy gee 'n ete vir haar 40ste verjaarsdag. So ja gaan seker weer heeltemal myself ooreet ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #118692 by Kimika
Delucey wat gebeur nou met jou kar?

Waar is almal??

Goggie is te cute.. hy het die wilde gewoonte om in die aand na badtyd hiper te raak dan wil hy net rondval en stoei. So vannaand klim hy bo-op my sodat hy op die bank kan neerval en wraggies tel hy toe :) die woorde was nie honderd persent duidelik nie maar ek kon dit def uitmaak: een twee vyf :) en dan val hy!

En hy noem 'n BMW nou 'n "humwee"

Shame, ek weet nie wat hy probeer doen het nie maar het vandag in die hoe stoeltjies van die breakfast tafel vasgesit en toe val die ding op hom! Sy lippie is stukkend binne en hy het 'n knop op sy oog.. en 'n hele lang rooi merk waar die poot hom in die gesig getref het!

Hy is nogal 'n accident freak :) Kannie onthou of ek julle al vertel het nie.. hy het noudie aand my man met die kop getref toe hy sy lyf agteroor gooi vir bottel en slaaptyd.. nou het my man 'n blou oog!! Dis vreeslik snaaks.. niemand wil hom glo as hy vir hulle se sy klein 18mnde oue seuntjie het hom 'n shiner gegee nie :) Ek wil juis more 'n foto neem! lol

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #117988 by Kimika
Ag nee man! :( Is dit nou weer een van daai gevalle waar jy jou kar instuur vir een ding en dan kom hy terug met 100 ander foute? Sterkte!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account