file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 11 months ago #117979 by Delucey
Hoop maar net ek het sin gemaak. Die focusing ring sal op die lens wees as hy een het.

EK GAAN SLANGE VANG!!!! :evil: Het vanmiddag gery om my kar te gaan haal. Heel opgewonde gegaan en betaal en my man ry en ek ry toe en is op pad highway toe toe my kar begin lawaai en die skerm se Engine temperature too high. Jissie ek het begin panic en bel toe my man en die antwoord nie sy foon nie. Ry toe verby die afrit en gaan eerste straat in die buurt in. Bel weer en hy moes toe omdraai. Was al halfpad midrand toe. En intussen raak Bianca al hoe moeiliker en skree - ons het nog nie middag ete geeet nie. Hy kyk toe in die bonnet en ry toe 'n entjie en se hy sal die kar weer na hulle toe vat ek moet maar sy kar vat en Bianca huis toe vat. Hulle kyk nou wat is fout iets met die temperatuur verkeerd. Weet nie wat het hulle nou aangejaag nie want die kar het dit nog nooit gewys nie! So moontlik piekel ek later weer af Menlyn toe met twee kiddies.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #117513 by Kimika
oo dankie vir jou raad.. sal volgende keer bietjie na al daai let. ek het 'n nuwe resep uitprobeer (wat toe nou gagga was) en het toe lekker gespeel.

my man het ook gese ek moenie die goete afchop nie :)

dis my pa se fujifilm kamera.. ek het nie idee watter een nie. hy het 'n groter canon een maar hy het nie voorgestel dat ek hom kan leen nie ;) hy het self gesukkel met die zoom want hy gebruik hom nie baie nie so ek weet nie of hy manual kan fokus nie.. kon nie die ring opspoor nie!?

na wat jy se dink ek ook ek het te naby gestaan aan hulle.. ek sal volgende keer verder wegstaan en inzoom en dan blur dit dalk beter.. ek het agtergekom as ek te naby is dan blur als! lol

vrek die angles is vir my die moeilike deel.. elke keer as ek van bo af neem ens dan lyk dit nie reg nie.. ek dink dit vat tyd om dit reg te kry.

ek het ook baie gesukkel met die lig, ons het toe buite op die stoep gaan neem. ook gesukkel met die agtergronde en wat onder die cupcakes moet kom. maar ek het net gespeel om te kyk wat die eindresultaat is so ek is nogal happy (dit lyk 10000000 keer beter as enige vorige pogings met my poefdertjie kamera). dit kan van hier af net verbeter.

ek wil soooooo graag 'n nice kamera he! ek wil nou kyk of ek kan spaar sodat ek een kan koop voor babie gebore word.. ek wil graag self mooi fotos in die hospitaal neem eerder as om ander mense te vra. maar dis so moelik om vir dit ook nog te spaar tussen al die babagoed deur!

anyway, laat ek gaan doedoe.. dankie vir jou advies :) :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #117511 by Delucey
Ek sien wat jy se van die fokus. Eerste wil ek net se let op na jou crop. Moenie dele van die cupcakes uit die foto crop nie. Laat dit eerder binne die frame pas. Dink dit sal beter lyk en speel met verskillende "angles" Kyk hoe lyk dit as jy reg van bo af neem, skuins bo,skuins voor, reg van voor daai tipe ding.

As die kamera 'n manual focus ring (setting) het dink ek moet jy dit gebruik om self op die cupcakes te fokus veral omdat jy seker naby aan dit staan. Anders as jy auto focus moet jy maar net in jou viewfinder mooi kyk dat dit focus voor jy neem. Om die blur agtergrond effek te kry. Staan 'n entjie weg van die cupcakes en zoom in en neem dan die foto.

Hoop die bietjie raad help?

Julle is darem maar oulik met die cupcakes maak. Jy moet maar weer bietjie nader aan Roodepoort trek dan kan jy vir my ook bak ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #117510 by Delucey
Nee ek het keiser moes kry met Bianca :( Ek het begin ontsluit, vrugwater minder geraak (sy was mos groot) en sy niks gesak nie - op 40 weke!

Sal julle op hoogte hou van my kar ;)

Ek sal bietjie gaan kyk of ek die groep kry. en my mening gee maar dammit.. dan gaan ek mos weer van voor af drool :silly:

Laat ek gou kyk dan kommentaar gee. Ek weet nou nie watse kamera jy gebruik nie maar ek se solank om die blur en fokus reg te kry sal jy met jou apperture settings moet speel. As jy nie noodwendig wil blur nie kan jy net mooi probeer fokus deur die cupcake in die middel van jou frame te sit - dan behoort jy makliker te fokus. Wens ek was nou daar ek sou lekker gespeel het om te probeer cupcakes afneem hehe... anyway laat ek gou kyk of ek dit kry.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #117508 by Kimika
Delucey, en met Bianca, het jou water met haar ook gebreek en was jou kraam vinniger??

Vrek ek hoop jy kry jou kar more!!!

Doen my ASB 'n gunsie en gaan loer op ons maart/april 2011 groep op bladsy 117. Ek het my cupcake fotos gepost en wil bietjie opinies he daaroor. Veral die fotografie daarvan.. ek wil mooi fotos neem maar ek is soooo dom met die kamera.. moes my pa se kamera leen. Ek weet nog nie lekker hoe kry mens die lig reg nie en ek sukkel ook om die agtergrond te blur en op die cupcake to fokus. ek het hope fotos wat fantasties sou gewees het maar dan fokus die agtergrond en die cupcake blur!!??

Kitty, ahh ek onthou nog lank terug toe jou broer kom kuier het :) Ja hy gaan def lekker speel! So wanneer begin hy die groepie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #117503 by Delucey
Ai die gesond eet is nogal 'n mission. ek vanaand al weer amper 'n hele slab opgeVREET!!! en coke gedrink. *sug* Ek voel so effens depressief deesdae en dit help ook nie die eetgewoontes nie. :unsure:

Nee ek kry nou heel moontlik my kar more (donderdag) So hou duim vas dit reen nie want ek haat dit om in die reen te ry.

Kitty klink nie of jy te mal oor jou SIL is nie hehe Ek is bly oor die groepie. Kan nou nie onthou nie, dis 'n groepie waar jy hom kan los of moet jy daar bly? Ek soek ook nog plek vir B maar op die stadium lyk dit of sy by ouboet se kleuterskool gaan opeindig :(

Ai jy moet jou broer se kuier geniet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #117470 by kittycat
Hello Julle
Jammer ek het verdwyn...
HEt Sondag besluit ek en mannetjie gaan by my mahulle kuier.. Nou nou net teruggekom. Sjoe dit was lekker, maar my diet is in sy kanon in.. dis ONMOONTLIK om nie my ma se kos te eet nie - So ek begin maar weer more.... het darem nogstees 1kg in die afgelope week verloor, maar dink dit so 2 wees as ek nie so gevreet het by my mahulle nie...!!!
Junita, ja nee jou dogtertjie klink asof sy 'n aktrise moet word! :)
Kimi.. hehe.. ja snaaks genoeg is ek ook BAIE erg met naam assosiasies...!!!
Delucey, het jy toe jou kar gekry??
Ek het nie naweek 'n moewiese uitval met my SIL gehad.. nice...
:angry:
Daai vrou het toe gebel en gese Alex kan die groepie join, en en dan kyk ons hoe dit gaan.. eks baie bly! :)
My broer kom more kuier! ek sien so baie uit! Het hom omtrent 'n jaar laas gesien, en hy het vir Alex gesien toe hy nog 'n ou babatjie was!! :) Hierdie keer gaan hulle lekker bal speel!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account