file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 11 months ago #120024 by Kimika
Kitty, hoop jy voel meer energiek vandag ;)

Junita, bly dit gaan goed met almal behalwe die bakkie en die rekenaar!! :) Elke keer as ek net wonder waar jy is dan loer jy in :) Ek sit net nou die dag en dink .. mens is altyd so bekommerd oor jou kind dit of dat nie doen nie en voor jy weet praat almal, loop almal en eet hulle al hulle kossies.. dis eintlik so oulik :)

Lekker daggie vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #119968 by junita
Sorry ek is nog hier, die verdompe rekenaar gee net probleme :angry: , sit seker nou al meer as 'n halfuur, hy slaan net af, kry nie gelees of getik nie, so gaan maar vinnig ietsie tik.

Gaan goed, kinders gesond, of altans Luan amper, nie so effensie hoesie. Daar alweer waterpokkies in die skool, briefies uitgestuur om ons bewus te maak daarvan.

Ai Delucey jy moet seker as so op wees vir daai kar !!!

My man vir ons so tydjie terug 'n 4X4 d/c bakkie gekoop (ek ry hom deur die week en naweke my man se speelding ), en nou gee als ook in, die brieke vervang en nou gee ratkas ook probleme, nou die dag by die robot wou hy nie eers in rat sit nie :blush: , mens was super geirriteerd met my wat nie wou ry nie.

Gaan eers stop voor die ding weer afslaan....

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #119656 by kittycat
sjoe kimi,as jy nie besig is om te bak en brou nie, dan maak jy duvets!!!!! Jy is darem maar baie fluks!
Ek voel vandag asof ek nie eers uit die bed uit wil opstaan nie... :(
Ek haat dit as ek so voel.. ek hoop dit gaan gou gou weg!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #119467 by Kimika
Ooo julle ek het vandag mooi lap gesien wat ek wil koop vir Goggie se duvet en kussings. Gaan weer als self maak. Ek gaan die diertjies wat ek geverf het vergroot en uit suede uit op die duvet vasstik.. wat noem mens dit? Appliek of so iets :) Baie opgewonde :)

Ok en vir nou is die baba se naam: Pieter se boetie :) lol

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #119449 by Delucey
Kitty, klink of jy 'n lekker tydjie van kuier agter die rug het ;)

Ja ek was hulle hare dat dit lekker skuim maak dan los ek dit so rukkie op voor ek dit afspoel. Eben het ook sulke grasserige hare en ek moet se die sjampoo help nogal dat dit nie so hard is nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #119438 by kittycat
Hello julle
sjoe, jammer was so lanklaas hier. Was by my mahulle, en my broer van Bloem was die naweek hier.
Moes vandag 'n nuwe selfoon gaan koop.. Alex het myne so hard gegooi dat hy gebreek het, maar dis my skuld omdat ek die ding nie iewers sit waar hy hom nie kan kry nie!!!
Delucey, sjoe die kar storie klink omtrent na 'n mission....!!!
Ek probeer nou weer my man se ingevoerde kar (van UK) registreer.. dis nou omtrent 'n pyn in die julle weet waar... :S
Ek gaan ook daai not so little shampoo bietjie probeer. Alex het sulke dik harde hare! hehe..
Hy is mal daaroor as ek sy hare was.. ek het sulke mickey mouse shampoo gekoop. Dit ruik baie lekker, maar Alex se hare is nogsteeds so hard!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #118915 by Kimika
Ag dis baie cute dat hulle saamsing :) Goggie kyk Garfield.. hehe..

Ok die 2in1 klink vir my goed.. sy haartjies is gladnie sag van die baba shampoo nie so ek soek juis iets wat dit lekker sag maak en lekker ruik. Sal dit op my shopping lysie bysit dankie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account