file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 11 months ago #117382 by Delucey
Nee voor 5 gaan nie werk nie want dis in Menlyn en ons bly in roodepoort en ek regtig nie lus vir in daai verkeer sit nie! Ai kan ook nie wen nie..

hehe nee ek nie te vol tjol met name nie maar dit is nogal moeilik om 'n naam te kies dat daar nie nog iemand in die familie of vriendekring is met die naam nie.

Ja my water het gebreek die saterdag aand 12 uur. Dit was nou nogal 'n weird gevoel! Maar my kontraksies het nie begin nie en daar was bloed. Toe ek sien daar is bloed toe bel ek die kliniek en die suster se ek moet kom. Hulle het my 'n induksie moes gee om die kontraksies aan te help want babatjie moet mos 'n sekere tyd na jou water gebreek het gebore word om infeksie en komplikasies te voorkom. Eers 14 ure later is meneertjie gebore. Ek was ook maar naby aan keiser he met hom want ek het baie lank gevat om te ontsluit en toe se die dokter op 'n stadium as hier nie nou iets vinnig gebeur nie moet ek my maar regmaak vir keiser.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #117374 by Kimika
Delucey, ek hoop hulle se jy kan jou kar voor 5 vandag gaan haal!!!! Ek hou duime ;)

Moenie vir my fotos wys van die outjie nie, dit sal my besluit beinvloed :) Ek is vol stront as dit kom by naam-assosiasies!!

3.6 is vir my groot! Pietertjie was 3.2 so enigiets groter as dit is baie vir my. Ja jitte, in daai laaste 3wke kon Eben maklik ten minste nog 400g opgetel het. Het jy vanself 3wke vroeg in kraam gegaan?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #117345 by Delucey
Kimika ja kyk as ek my asem moet ophou vir daai plek gaan ek beslis uitpass. Die kar plek is vol tjol. My man het die garage vanoggend weer gebel. Spin hom toe nou eers weer 'n storie van dat die part die einde van die week daar gaan wees. Hy se toe moan hy iets vreesliks. Toe se die vrou sy gaan gou kyk en wragtig se sy vir hom hulle het vanoggend die part gekry. Was seker nou weer te blerrie lui om te gaan kyk toe se sy nou seker van die einde van die week. Se toe sy sal hom 11 uur terugbel. 12 uur toe nog niks gehoor nie. My man hulle weer gebel. Wag om te hoor wat hy se...

Ewan is ook nogal 'n mooi naam... Maar moet se ek hou nogsteeds ook baie van Rueven. Ek gaan daai seuntjie binnekort weer afneem.

Die vrou wat ek gaan afneem het met my maternity shoot het toe Maandag haar keiser gehad en die seuntjie is 3.6kg en 51cm. 'n Lekker grootte dink ek. Bianca was 3.8 en het baie maklik hanteer. Eben was 3kg maar hy was drie weke te vroeg. Dink hy sou ook 'n groot kind gewees het as ek die volle termyn geloop het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #116768 by Kimika
Delucey, moet asb nie jou asem ophou terwyl jy wag dat jou kar dalk more gaan reg wees nie, asb jy gaan uitpass :)

Junita, klink my jou meisiekind gaan 'n aktrise word eendag! Dis so cute :)

Ek hou nie rerig van Ruben nie so my man gaan homself moet oortref om my te oortuig :( Ek hou van Ewan. My sussie se kerel is Ewald so gaan dit dalk weird wees??

So Goggie SOU gisteraand deurgeslaap het maar toe omtrent so 1uur gaan die huisalarm af en die sekuriteit bel so dis toe nou die einde van sy deurslaap! So kom ons probeer maar weer vannaand.

Jitte my battery is amper pap en ek is heeltemal te lui om nou die charger in te plug. Lekker slaap almal!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #116200 by junita
Julle ek so lekker naweek gehad ek sommer nogsteeds moeg, bietjie by my ma gekuier in Rawsonville en toe was daar by buitelug wynfees by al die kelders ;) . Ons omtrent by al die kelders gestop. My dogtertjie was by die meeste saam en sy haar gate uit geniet.
Toe by die een plek het Burger (die superster wenner) gesing en toe gaan vra my dogtertjie sy handtekening, so sy omtrent in haar noppies hehe, sy moes vandag gaan mondeling praat het en toe praat sy daaroor hehe.
My kind is definitief 'n kuierkind, sy het gedans voor by die stage en die mense haar omtrent geniet, ons ons vrek gelag vir haar.

Luan al beter, medisyne skop in.

Aai Kimika hoop maar jou man stem in met Reuven ;) , nog 'n mooi naampie gehoor Ewan, maar ek amper oortuig julle gaan vasteek by Ruben of Reuven.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #116154 by Delucey
Ek het nou weer die week besluit om minder te knibbel.. hmm so dalk 'n foto van 'n slaaiblaar ;) Dis nou een ding wat ek ine graag eet nie is slaaiblare urgh. Ek en die kids het netnou aarbeie geeet dit was nou nogal lekker.

Ek en my man het op Eben besluit terwyl ek in kraam was in die hospitaal!

Citroen se nou hulle kry die part more... maar "I won't hold my breath"!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #116151 by Kimika
Delucey, ek het meer waar daai een vandaankom ;) Miskien moet ek my profile pic elke week verander om almal lus te maak!! lol

Sterkte met jou swaer.. klink my hy is maar net eiewys en hardkoppig.. soos meeste mans maar is :)

As ons aangaan soos dinge nou is gaan ons in die hospitaal sit met die registrasie forms en redeneer oor name !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account