file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 1 week ago #106504 by Delucey
Haha Kimika Bianca wil ook nie meer dat ek haar vashou dat sy aan die slaap raak nie. Ek moet ook langs haar op die bed le dat sy slaap... dan sit ek haar net later in haar camp kot. Sy is eintlik al te groot vir die ding maar sy trek my hare en ek kry nie geslaap as sy saam met ons le nie.

Hoe voel jy nou Junita. Is jy al beter?

Ai julle ek weet nie wat gaan met bianca aan nie. Sy is erg huilerig deesdae. Sy gil en skree as ek nie iets doen wat sy wil he ek moet doen nie of as ek haar nie optel nie. Vandag het ek haar gelos en sy het amper 'n hele uur lank geskree! Weet nie wat het die bure gedink nie. Eben het na 'n ruk ophou skree as ek dit met hom gedoen het maar B het nie einde nie! Partykeer skree sy sommer al hou ek haar vas. Weet nie of het sy dalk seer iewers en of dit net plein stoutgeit is nie.

Ons het saterdag ouboet se konsert. Ek is eintlik so vies want ons mag nie fotos of videos neem nie. Ons moet alles na die tyd koop by die skool... en ek moet nog geld gee vir die kostuums ook.

Verder het ek nie juis nuus nie. Behalwe dat ek nog vreeslik sukkel met die vetrolletjies!! En die somer is al hier... ai...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #105831 by Kimika
Wel ek dink ook nou meer dis tande.. sy neus loop skielik vandag.. maar hy is nog baie onrustig, het al klaar 2keer wakker geword. dink ek moet dalk weer vir hom rescue rest tipe pilletjies kry vir 'n ruk.

Junita, aai hoop jy word gou beter! Jy kry ook seker blootstelling aan allerhande kieme deur by 'n dr te werk?

Geluk met die oogtandjies, maar dammit hulle is 'n bogger hoor! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #105491 by junita
Luan stikke beter, ek vir hom sister Lilian se immunocare gegee, ek moet sê elke keer as hy siek is en ek gee dit kom hy nogals reg, dink dit moet tande wees, julle is reg, hy kou en kwyl weer baie. Ek gedog hy het net 6 tandjies en toe ek kyk bo toe sien ek daar is nog 2 tandtjies uit hehe, so die oogtandjies kan dalk nou sny.
Kimika Luan gisteraand ook sleg geslaap, ook by die bank gelê by hom :lol: , maar ja stem saam daai roetinetjie moet dadelik stop !

Julle sal dit nie glo nie...ek al weer siek, gister toe ek opstaan toe ek erge lyfseer en sinus (maar het dit inelkgeval omtrent elke dag). Ons het Sondag gaan 4 X 4 teen die Paarlberge en ek agter in die bakkie gesit by die kinders en daai stof het my ontrent siek gemaak.
Gaan toe gister vroeer huistoe om net toe kom lê, toe voel ek net te olik toe gaan ek maar dr toe, by dr kom toe my koors 39.4, my inspuiting gegee en 'n klomp pille, moet vandag en more by die huis bly maar voel al baie beter, so gaan maar more in, aangesien ek nou al so baie siek was die jaar voel ek nogal erg skuldig, dit voel almal rol hulle oë as ek nies ens.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #105434 by Kimika
Ek weet nou weer gladnie wat gaan aan met my kind se slaapery nie!! *sug* Hy wil niks weet van slaap nie, het gisteraand geskree en geskree tot hy naderhand amper opgegooi het! En dit was al 10uur en ek het hom in ons bed gesit !! Nou weer wou hy nie sy 11uur slapie doen nie :( het nou net eers gaan slaap! Ek weet nie of dit dalk 'n nuwe ontwikkelings fase is nie of is dit dalk sy oogtande wat seer is, hulle het klaar gesny maar moet nog baie uitgroei.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #104495 by Kimika
Toemaar Delucey, van sleg eet kan jy my niks vertel nie!! Dit voel of my kind net so paar dae in 'n maand reg eet.. aaiii.. Maar gee hom nou 'n bovril broodjie of 'n vienna en hy is happy hoor! Ek het altyd gedink ek sal nooit vir my kinders viennas koop nie :)

Ag nee ek hoop nie die crocs is gemors nie, dit lyk vir my so cute op die kids, en prakties, ek self sal dit nie dra nie.. sal maar uitkyk vir ander tipe skoentjies.. dis net so moeilik met seuntjies, daar is so baie mooi goedjies vir dogtertjies!

Hierdie seuntjie van my is darem maar hardkoppig hoor! Die laaste paar aande wil hy nou skielik nie meer he ek moet hom in sy bed neersit vir doedoe nie!!?? Sy roetine van die laaste 17mnde is nou nie meer genoeg nie, hy wil saam my op die bank le en voor die tv aan die slaap raak! Net hy sal weet waar kom hy daaraan.. ons doen dit nooit nie! En gisteraand toe word hy mos 3uur wakker en skree blou moord tot ek saam met hom op die bank gaan le! Dis maligheid :( Gaan more iets moet doen om daai ou roetinetjie te breek! grrrr

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #104490 by Delucey
Ja Kimika hulle se mos die proses van hoe yoghurt gemaak word is anders dis hoekom mens dit vir klein babatjies ook kan gee. My ma kry erg sinus van enige suiwel maar yoghurt doen niks aan haar nie. Ek gee vir bianca nou Calsuba poeier vir die kalsium. Moet nou nog net kyk vir 'n vitamien aanvulling saam met dit want sy is met tye vol tjol met die etery.

Ek het nou nie juis opgelet waar crocs is nie. Ek sal dit nie vir my of my kinders koop nie. Ek het vir Eben cheapies gekoop toe hy nog klein was en die goed het hom lelike blase gegee.

Haha Kimika hulle se mos as jy sooibrand kry het kleintjie baie hare. Maar dis beslis 'n bol tjol want ek het rof sooibrand gehad met altwee myne en my kiddies is basically bles gebore!

Kitty ek het vir die dokter gese ek soek iets wat gaan help met die slaap. Maar ek lees in die papiertjie die slaap effek "wear" af na 'n ruk. Ek lees mos altyd eers die inligting saam met medisyne... ek is mos paranoid oor alles :blush:

Haha ek hoop maar daai ou se stokke is nie van die erg duur soort nie! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #104482 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re: *** Maart/April 2009 Mammas***
Delucey, dis interessant oor die Aterax... Alex se dr het dit laas jaar vir hom voorgeskryf sodat hy net so bietjie kan slaap!! Ek was mos laasjaar omtrent hierdie tyd 'n wrak, want Alex het omtrent 10 keer 'n nag wakker geword, en die dr het seker gesien as hy nie nou vir my kind iets gaan ingee om hom te laat slaap nie, dan gaan sy ma mal word...!!! :huh:
Dis blykbaar 'n heavy sleep induced medisyne, maar dan natuurlik ook vir allergiee, en omdat ons toe nog nie lekker geweet het wat Alex so pla nie, en daai goed nogal goed gewerk!!

Junita, ja, ek wil ook weet, Sny Luan tande??? Ek wonder nou oor die koors? Ek is gelukkig dat Alex lank laas siek was. Vandat ek hom in April uit daai creshe uitgehaal het, was hy nog nooit weer siek nie.

Kimi, ja ek het 'n paar lesse gebook. Ons bly op 'n golfbaan, so ek kan mos nou nie hier bly soos 'n loser en nie golf darem probeer speel nie!!! Ek gaan net nie vir my opdress nie, dan gaan ek nie speel nie. Dis mos nie 'n modeparade nie, maar as ek so na party vrouens kyk, lyk dit omtrent soos 'n modeparade... (en dan slaan hulle in elk geval so sleg.. die balletjies trek oral behalwe op die baan)
Ek hoor dis nogal moeilik, so ek moet maar nie te veel praat oor balletjies wat skeef trek nie!
Van my stoep af kyk ek uit op putjie 7 se afslaan. Nou die dag
raak 'n ou so die **** in omdat hy nie bal seker nie lekker geslaan het nie, toe gooi hy sommer sy stok in die rivier??!?! :blink:
Sjoe, party mense is nogal ernstig oor hierdie sport...

Delucey, my naweek is lekker maar heel boring... het vamiddag saam met Alex na die eendjies gaan kyk. Hy like dit om vir hulle stukkies brood te gee - maar hy gee 1 stukkie brood, en eet 3 stukkies self...! :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account