Hello Julle!!
Uiteindelik is ons getrek, gesettle, ge internet, uitgepak en ge alles..!
Kom ek begin: Junita, hoe gaan dit met Luan? Is hy nog koorsig? Gaan jy nou die halddag job vat of eerder voldag??
Kimi, ek het lekker gelag vir jou eskapades by die troue.. Jy het meer guts as ek om jou kind soontoe te vat! Ek durf nie Alex na 'n troue toe vat nie..hy sal choas veroorsaak, want hy kan nie vir 'n minuut stil sit nie, en dis al klaar uncool vir hom om op sy ma se skoot te sit!!!

Ek kan net dink hoe Pietertjie visdam toe wil ploeter. Alex sal ook heeltyd so iets wil aanvang, of die goed op die tafel wil breek, of onder die tafel inkruip..!!
Ek se nou die dag vir my man.. dis nie regtig nie moeite werd vir my om op die oomblik met hom op vakansie te wil gaan nie, want ek hardloop die hele dag soos 'n mal haas agter hom aan!!

Delucey, jinne maar dis omtrent 'n gesukkel met die huis oordraery!!! Dis om van naar te word! Wat is daai sterk antihistamien sked 5 se naam? Help dit?
Ek stem saam met julle oor die dagsorg besigheid.. Ek wil nie eintlik vir Alex vat nie, maar hy het nou weer een HENGSE behoefte om met ander kinders te speel... hy het nou die dag omtrent uit die pick a pay trollie uitgespring toe hy 'n ander dogtertjie sien, en sodra sy na hom kyk, gooi hy vir haar die standaard smile dat mens net tande sien...
Hy het selfs 'n kar uit sy sak uitgegrou en vir haar probeer gee...!!! Shame. En nogal 'n favoroute kar.
Ek het intussen 'n nanny/babysitter gekry wat my 'n fortuin kos maar wat regtig goed is met Alex. Sy vra R50 'n uur!!!! Maar julle sal nie glo hoe oulik is sy nie. Hy hou baie van haar, en sy speel met hom buite in die grond, skop bal saam met hom ens ens ens. Al die goed waarvan hy hou! So, ek kry haar nou net 2 middae 'n week. Alex raak skoon opgewonde as hy haar sien!!
My man gaan volgende maand vir 6weke in Afghanistan vlieg.. ek meen.... dis nou nie dat dit jou nommer 1 holiday destination is nie. Ek weet nie hoekom moet hy altyd in die gate gaan vlieg nie??!!!!
Hy sal ook oor Kersfees en Nuwe Jaar in Kabul wees. So, hier gaan ons alweer!!!
Julle, hoe gaan dit met die pratery? Behalwe nou Pietertjie wat 'n woordeboek ingesluk het!


Alex praat nog nie veel nie. Hy babbel vreeslik, en maak die vreeslikste geluide, en verstaan ALLES, maar nog nie vreeslike woordjies nie behalwe nou vir Mama, Dada, Maan (hy is behep met die maan) bal en brrmm brmm, en Mum-mum vir enige iets wat hy in sy mond kan stop....
Ek het besluit om te begin golf speel. Ek is moeg vir niks oefening inkry nie, en 'n gym is so boring soos tien. Ek het skaars begin fiets trap dan is ek al so verveeld as kan iets kry....
Speel een van julle golf?