file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 2 weeks ago #102783 by Kimika
Ag nee man!! Julle met net bietjie julle stemme dikmaak ! Of dalk nie, in SA as mens mos jou stem dik maak ignoreer hulle jou flat van daar ag.

Ek het nie baie voorstelle nie.. Pietertjie speel omtrent net met sy karre, en steek van hulle weg en los hom dan so paar weke voor ek hulle weer uithaal, dan is dit vir hom mos nou 'n nuwe ding dan kan hy soo lank speel met die karre. Anders as dit hou niks spesifiek hom rerig lank besig nie.. hy tjommel maar hier en dan daar, kry nogal enigiets om hom besig te hou. En dan moet ek se hy kan nogal lank sit en tv kyk en dit help as ek moet iets gedoen kry. Dit werk veral as hy dieselfde ding oor en oor kyk soos sy goggatjie :)

Oulik dat sy hardloop! Pietertjie doen iets wat vinniger is as loop maar ek weet nie of dit as hardloop tel nie?! Dis vinnig soos hardloop maar lyk net soos 'n speedwobbel loop :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #102742 by Delucey
Kimika gister bel my man die prokureurs om weer te hoor. Nee se hulle hulle wag nou vir die bank vir kansellasie syfers of iets en DAN gaan hulle eers die goed by JHB ingee vir die oordrag. Die een wat ons heeltyd mee kontak het is blykbaar met verlof en kom eers okt terug. So sy het ons 'n klomp stories gespin klink dit my! Argh!!!!

ek is oop vir enige voorstelle van speelgoed. ek het al blokkies, daai legkaarte, haar ride on, boeke ALS probeer! maar as sy sien ek is in die studeerkamer kom sy soontoe en wil op my skoot.

O en sy begin nou hardloop... te oulik as sy so spoed vang hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 weeks ago #102613 by Kimika
Ai Delucey, dis nou darem 'n gesukkel met die huis storie! Hoop als sal nou uitgesorteer wees.

Shame ek verstaan wat jy se met die dat Bianca met JOU wil speel en nie by haarself nie. Dis vreeslik uitputtend! Is daar nie iets wat mens kan doen om haar te leer om self te speel nie? Dalk speelgoedjies wat sy nie kan weerstaan nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #101958 by Delucey
Kimika kyk nou moet jy weet hoekom ons nie eintlik meer 'n sosiale lewe het nie... met twee kleintjies kan mens nie rustig iewers kuier of funksie bywoon nie ;) Ek is een van daai ma's heeltyd moet weet waar my kinders is.

Die jaar en 'n half is nie om ons huis verkoop te kry nie dis om die huis wat ons gekoop het op ons naam te kry. Eers was daar probleme met die munisipale rekening wat die bank moes betaal (is 'n bank terug geneemde huis wat ons gekoop het) en toe dit en toe dat en toe het hulle nie betyds betaal nie toe moes hulle weer van voor af die hele proses doen met die tariffs ens... ai en nou seker so 4 of 5 weke terug is die goed ingedien om die finale op sy naam sit te doen en nou met die klomp stakers wag ons al weer... en ons wil breek en bou en mal gaan. En intussen raak ek geirriteerd want Bianca is nogsteeds in ons kamer!!! Ek gaan so sukkel om haar in haar eie kamer te kry as ons eers getrek het. :blink:

My probleem met Bianca is dat ek moet werk en ek sit en werk tot elke aand 1 uur toe en ek kan nie onthou wanneer laas ek nie moeg gevoel het nie! Wel, se eerder gedaan gevoel het nie! Dis die hoofrede hoekom ek haar in dagsorg wil sit. As sy by haarself gesit en speel het sou ek haar by die huis gehou het tot sy 4 is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #101911 by Kimika
Ok wel die troue was nou nie heeltemal so great nie.. uhm sorry wat ek daarby bedoel is dat die troue was great maar dis VERSEKER die laaste keer wat ek 'n kind saamvat na so 'n geleentheid toe!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! grrrrrrrrrrrr Hy het ons mal gemaak :( Hy praat en gesels en klap kliphard hande in die kerk, so my man moes met hom buite gaan staan, en het die hele diens gemis. Toe in die onthaalsaal wou hy heeltyd oor die rose-hartjie hol of buite na die visdam gaan, so iemand moes hom heeltyd oppas want hy wil niks weet van stilsit op my skoot nie!! Dit was terrible.. ek het hom naderhand probeer aan die slaap skud want toe is dit lankal verby slaaptyd, maar hy is gladnie meer daaraan gewoond nie en ek moes opgee toe my bo-arm begin krampe kry.. anyway, ons het toe maar geeet en gewag dat hulle darem die dansbaan open, een draai gevat en toe gery. :( Maar ek het nie 'n ander keuse gehad nie want almal wat kan babysit is of uit vir die aand of op vakansie! maar as dit weer gebeur sal ek eerder maar die troue mis want ek en my man was meer geirriteerd as wat ons dit geniet het!

Ok ek is klaar afgelaai :)

Junita, halfdag possies is altyd die ideale oplossing vir mammas met kids, maar ongelukkig is dit gladnie altyd finansieel moontlik nie. die verskil tussen voldag en halfdag salaris is darem vreeslik groot :(

Delucey, het julle in al die tyd nie eers 'n offer gehad nie? aaaii.. en as mens een kry dan sukkel die mense tog op die ou einde om lenings te kry. Ek en my man het net so baie gesukkel met ons ou meenthuisie! Hy het eventually verkoop vir amper wat ons vir hom betaal het! :(

Kyk my gevoel oor die dagsorg is dat tot op 3 jaar het hulle dit nie so baie nodig nie! Hulle is tog maar nog baie mamma vas, dis deel van hulle ontwikkeling en nie rerig 'n probleem nie. Almal laat dit altyd net klink soos 'n probleem, dis dan net normaal!! Hulle kry genoeg sosiale stimulasie van hulle ouers af. As hulle so 3 is dan kan hulle ook darem al verstaan dat om skooltjie toe te gaan is deel van die dag en daar is maatjies en lessies wat lekker is ens. So ek gaan rerig net my kind in 'n skooltjie sit as ek voel hy is reg. Of as ek dit nie kan uithou met 2 kids by die huis nie ;) hehe

Pietertjie is nie meer so baie erg soos voorheen nie. Tussen vreemde mense sal hy so bietjie aan my klou of sy kop in my skouer of nek indruk, maar hy ontdooi nogal gou en dan wys hy al sy beste streke af vir die nuwe kennise. Maar ek is seker dat as ek hom alleen iewers moet los sal hy baie ongelukkig wees! Hy kom baie gou agter as ek uit die vertrek uit verdwyn dan roep hy en soek tot hy my kry.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #101904 by Delucey
Kimika ek is nog hier! :)

Kitty bly om te hoor julle het nou klaar getrek! Wens ons het al die trek agter die rug gehad :blink: Wag nou al 'n jaar en 4 maande - pateties...

Ai ja kyk Junita die aandagvratjies van ons!! Bianca dryf my deesdae regtig die mure uit. Ek wil haar mos in dagsorg sit maar nou twyfel ek weer... sy het woensdag uiteindelik haar waterpokkies inspuiting gekry en die suster het net vir haar Hallo gese toe gaan sy aan die skree!! Erg ma vas so ek weet nie of sy reg is vir dagsorg nie. Nou se 'n vriendin sy moet leer... maar ek voel sleg want dis nie asof ek MOET na 'n werk toe gaan nie. Ek moet werk maar doen dit mos maar by die huis en weet nie of ek my arme kind so moet angstig maak deur haar by 'n vreemdeling te los dat sy skree nie... besluite, besluite...

Verder gaan dit goed hier, behalwe dat Eben nou weer 'n sweer het... ai... gedink ek is ontslae van daai kiem...

Kimika ek kan doen met 'n lekker partytjie... is sommer jaloers hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #101890 by junita
Nog nie my mind op gemaak oor die werkery nie, halfdag is ideaal, maar lyk my finansieel gaan ek dit nie kan doen nie :( !!!!
Aai dinge wil ook nie altyd gebeur soos ons wil nie, sal maar sien wat gaan gebeur ?
Ag Luan ok'erig, maar hy is regtig 'n aandagvraat, dit is een van die grootste redes hoekom ek wil halfdag wil werk of tenminste 'n vaste skof, my en my man se laat werkery werk nie uit nie, en juis saans is Luan op sy elemente en nie ek of my man kry hom rustig nie, verder staan die huishouding stil, ens ens....

Kimika geniet die troue, ek ok lus vir troue hou !!!!

Kitty bly julle nou uiteindelik in julle "possie".
Miskien een van die dae bly ek ok sommer daar naby jou ;) .

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account