file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 3 weeks ago #101862 by Kimika
Kitty ek is bly julle is nou klaar getrek!! Jy is seker op een van die bure se wireless ;) hehe..

Junita, het jy nou al weer verder gedink of jy 'n halfdag pos wil vat?? En is Luan darem weer 100% reg? Shame, die kleinspan gaan maar nog lank deur stadiums gaan.. myne doen dit ook so moenie te veel worry nie :) Partydae is hy die cuteness homself en ander dae wens ek hy wil net ophou kerm en moan en huil :(

Delucey, waar is jy vriendin??? Hoop als is ok daaikant..

Lekker naweek vir almal!! Ons het more 'n troue so ek is nogal opgewonde.. lanklaas bietjie troue gehou! Ons moet net ook vir Goggie saamvat want daar is niemand om te babysit die naweek nie, maar darem gaan almal se kids saam!

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #101861 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re: *** Maart/April 2009 Mammas***
ag dankie tog ons het uiteindelik getrek!!! :)
Ons het nog nie eers 'n foonlyn nie, maar ek sien die internet werk??! :huh:
Junita, ons moet weer plan maak om 'n date te maak!! Jy moet maar se wanneer jy kan..
Sjoe julle, aupairs is nogal duur... R40-R60 'n uur!! Nannies goedkoper, maar ek weeet nie altyd hoe hul ondervinding is nie!
Ek sukkel maar nog voort sonder 'n creshe/nanny of aupair..>!
Aai, dis al laat. Ek slaap mos maar vroeg.
Junita, laat ons weet van die werkery.
Sal more weer post. Eks nou vrek moeg..

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #101384 by junita
Hehe nee jong :blush: , nie die drs nie, raak maar so bevriend met die drs se sekretaresses en dan karring hulle so aan my.
Nog niks verder gehoor nie, maar vandag met ons HR gepraat oor my werkery ens, en hulle bereid om vir my 'n halfdag aan te bied, maar natuurlik baie minder....so ek eers weer onseker :unsure: ?????

Met Luan gaan dit beter, gister nog laas maagwerkings gehad.
Hy loop nou ook al soos 'n ou hand, maar julle hy weer op daai skree stadium, hy huil omtrent die heeltyd totdat hy slaap !!!

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #99723 by Kimika
Hey.. ek kom ook nou eers agter al my posts van Vrydag is weg!!! Ek wou se ek is seker ek het meer gechat :)

Delucey, hmm ek is gladnie seker wat die verskil is nie?? Kitty sal jou dalk beter kan help. Sover ek verstaan is nannies maar ook Domestics so hulle maak skoon en kyk na die kinders.. so jy sal een moet soek wat spesifiek op haar references het dat sy na kinders gekyk het. 'n Aupair is weer 'n jong meisie wat net sekere tye inkom en dan net na die kinders kyk en met hulle speel of werkies doen, en hulle rondry na buitemuurse aktiwitieite.. maar ek weetnie of ek nou mis het wat wie doen nie !! lol

Junita, oo laat weet van die aanbod!! Klink my jy is gewild onder die drs :) Is Luan beter nou??

Goggie se onderste twee oogtandjies steek uit, nogal cute, dis net sulke skerp puntjies. Hy eet verbasend goed, maar ek wil dit eintlik nie se nie, bang ek *jinx* dit ;)

Lekker week vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #98961 by Delucey
OK ek gaan weer probeer :)

Kimika jy het my nou 'n idee gegee.. ek kyk bietjie rond vir interessantheid wat nannies kos. Kan iemand vir my se wat is die verskil tussen 'n au pair en 'n nanny? *blond* :P

Kitty dis wat ek nou dink... die nannies praat seker almal engels... maar nou ja ek kyk maar nog rond want ek wil Bianca nie regtig in die kleuteskool sit nie. Anders moet ek maar nog 'n jaar probeer uithou. Kimika waar bly jy nou weer??!!! :laugh:

Sjoe Junita ek hoop die salaris is goed.. dit sal darem maar net te wonderlik wees as jy kan halfdag werk! Hou duim vas!

OK ek gaan nie te lank tik nie netnou verloor ek dit weer hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #98945 by junita
Kimi ek kan oki wag tot die vlg sonar nie !!!

Delucey baie geluk !

Kitty sterkte met die trekkery.

Luan gister so koorsig gewees en toe begin die maag, die koors darm al gebreek maar die maag nog nie gestop nie, aai....
Hoop ok nie dit is een of ander virus nie, hoop dit is maar tande ?

Julle ek nog 'n werk "offer" gekry, halfdag, net wat ek wil hê, maar ek is so damn bang om 'n skuif te maak ??? Ek weet nog nie wat die salaris is nie, maar ek kan nie vir minder skuif nie !!
Sal maar more gaan uitvind.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 weeks ago #98880 by Delucey
Agge nee... ek het vroeer vanaand geantwoord (nogal 'n lang post getik!!) en nou sien ek dit wys nie!?!? Argh!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account