Kimi, ek is opgewonde oor die 17de Sept wanneer jy gaan vir jou volgende scan!!

Ek is seker julle sal dan kan sien!
Delucey, sjoe baie geluk man!!!! Ek sal defnitief die Okt uitgawe koop!
Julle, ek sit met 'n nuwe probleem: Ek kan mos nie meer vir Alex na 'n creche toe stuur nie, want hy word eenvoudig net te siek.
Ek het nou al 2 nannies probeer, maar dis 'n disaster, en dit kos my 'n fortuin. Die ene was nice, maar ek moet haar R100 'n dag petrolgeld gee!!!! Oor 'n maand is dit oor die R1000 net vir haar petrolgeld, so sy gaan nie werk nie, toe kry ek iemand anders, maar sy kan niks afrikaans praat nie. Ek voel dis belangrik dat iemand nou met Alex afrikaans praat terwyl hy leer praat voordat hy heeltemal deurmekaar word, en ook omdat hy nog nie eintlik praat nie wil ek nie nou al he iemand moet heeltyd met hom engels praat nie..

Toe kry ek 'n ander vrou wat baie nice is, maar alex hou NIKS van haar nie!!!

Hy skree dat die kranse antwoord gee as sy net by die deur inloop!! ???!! Ek het hom nog nooit alleen met haar gelos nie, omdat hy so te kere gaan, so ek weet sy slaan hom nie, of skree op hom of iets nie.. inteendeel, sy is baie saggeaard en nice. Hy het regtig niks van haar nie.. so ek dink ook nie dit gaan werk nie..
Ek kry NIKS gedoen op die oomblik nie, en wens ek kan net iemand kry om my met Alex uit te help vir 'n halfdag..
Ek begin nou 'n dagmoeder oorweeg wat net so 2-3 kinders het. Maar ek se julle, as hy weer gaan Rotavirus kry, gaan ek myself nooit vergewe nie!!!!!