file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 1 month ago #92720 by Delucey
Ja ek het nooit so aan die ontwikkeling gedink nie maar dit maak sin. Eben het wel laat begin kruip maar het op sy eerste verjaarsdag geloop. En soos ek se hy het vroeg ook nogal goed gepraat... hmmm Maar dan moet ek ook bietjie brag en se die juffrou se hy is uiters intelligent so dalk is hy die uitsondering op die reel wat sommer als gelyk ontwikkel :laugh:

Haha Kitty dis funny van die mat ;) Ja ek dink ook jy gaan dan nie probleme he met potty train nie. Ek juis gedink dis nou nogal moeilik ek sal maar volgende somer begin.. dan sal Bianca al 2.5 wees en hopelik makliker verstaan. Ouboet was ook so 2.5 toe ons hom begin het.

Hi Fawhaway... welcome! Urgh the ear infections... Bianca had two infections already and I read that kids with dummies get more frequent ear infections and she does use a dummy - but I do not want to take it away now. Congratulations on the pregnancy!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #92669 by fawhaway
Hi. I hope you don't mind me joining you. My afrikaans is very bad, i can understand it, but don't ask me to speak it cos you will laugh. My son is 16 months now, has 12 teeth and is finally started to walk. He is 9.5kg as well. He has just had his first major ear infection but is doing much better now. Im 8 weeks pregnant now with my second baby and can't wait.

1st son born 8 april 2009. 2nd son born 10 march 2011. Live in cape town. I got divorced on the 30th of june 2011. Remarried and now happily trying for number 3. www.doulaservices.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #92668 by fawhaway
Hi. I hope you don't mind me joining you. My afrikaans is very bad, i can understand it, but don't ask me to speak it cos you will laugh. My son is 16 months now, has 12 teeth and is finally started to walk. He is 9.5kg as well. He has just had his first major ear infection but is doing much better now. Im 8 weeks pregnant now with my second baby and can't wait.

1st son born 8 april 2009. 2nd son born 10 march 2011. Live in cape town. I got divorced on the 30th of june 2011. Remarried and now happily trying for number 3. www.doulaservices.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #92661 by Kimika
Delucey, eks bly hulle het dit geniet ! Ja ek sou dit ook so verstaan het dat dit vir die pappas is met kleinding.. die ma's wil seker nie uitmis nie! Ek sou nou weer gladnie wil uitmis op bietjie alone-time by die huis nie ;)

En ja, hy trek my nek hare van onder die pony uit.. dis ongelooflik seer, en ek dink hy kan sommer sien my oe traan want dan giggel hy nog lekkerder!

Ek stem met die redenasie oor die ontwikkeling. Ek kan dit mos nou mooi dophou. Ek meen my kind het eers ordentlik gekruip op 13mnde en geloop op 16mnde maar hy babbel en gesels heeldag en kan al vir my se wat hy wil he. Sy een maatjie is 11 maande en hardloop vir hom weg! En ek het baie opgelet dat die ander kindertjies is groter as hy en hardloop al rond en klouter en doen dinge maar praat nie veel nie, te se ek vir my man dat die arme goedjies kan mos onmoontlik nie alles op een slag ontwikkel nie!? So een van die twee ontwikkel sterker en die res volg op sy tyd. Maar teen die tyd dat hulle 5 is of moet skooltoe kan almal tog praat en loop en klouter :)

Junita, baie geluk met jou meisikind! Shoe sy blink darem uit in daai gebiede :) Jy moet haar aanhou blootstelling gee en ondersteun dan gaan sy dalk nog 'n bekende aktrise word :)

Kitty, het jou alweer gemis jong! Ag Alex is so cute al bollie hy op die mat! :silly: Dis baie oulik, ek dink hy sal maklik potty train as hy al kan verstaan dat sy broek en goed moet uit om te bollie, dit beteken die begrip is klaar daar! Pietertjie dink piepie beteken lig jou voet op om in die bad te klim :huh: Hy snap nog gladnie :) En hy skree blou moord as ek hom vra of ek sy doek kan ruil so hy sal niks wil weet van speelgoed los om toilet toe te gaan nie!

En ek dink ons moet onselwe maar voorberei want die terrible 2s is naby girls! Dit bekruip ons ;)

Ek voel baie goed, 'n rukkie nou al wat ek gladnie meer naar is nie. Dit voel baie anders as met Pietertjie.. snaaks nogal ne. Kannie heeltemal als beskryf wat anders voel nie, voel net anders :) Ons gaan vrydag weer gynae toe dan is ek 12wke, maar ek dink nie sy sal nou al kan se of sy geslag kan sien nie. Maar ek gaan duimvas hou dat sy ietsie kan sien, ek is vrek nuuskierig!

Lekker Sondag vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #92658 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re: *** Maart/April 2009 Mammas***
Hello Julle
Jammer ek was so lanklaas hier, maar julle weet mos ek 'n probleem met die internet, so gewoonlik dan kry ek 'n time out nadat ek 'n moewiese post getik het!! :angry:
Ek het so vinnig al die posts gelees. Sjoe, daai baba is huge!!!
Alex weeg nou 12kg.

Die goeie slapery is ook in sy maai in. Ek sien Alex kry twee nuwe tandjies (at last, ek dog hy gaan maar so deur die lewe moet gaan met 5 tandjies...) Hy word wakker dan huil hy vreeslik, en ek kan regtig nie ELKE aan vir hom Calpol gee nie???! :huh:

Gou ' npaar vragies:
Junita, hoe het diet toe met jou meisiekind se gediggie gegaan?
Kimika, hoe gaan dit met die swangerskap?Voel jy dieselfde as met Pietertjie?
Sjoe, hy is baie "advanced" met sy pratery!!!! :) Alex se nog net so paar woordjies, maar hy noem alles 'n "dan"... Van sy pap in oggende, tot die bome buite tot die hond en sy Ouma is 'n "dan".....
Delucey.. hehe.. ja wat is die punt as die vrouens nou saamsleep? Ag nee regtig..
Toemaar moenie sleg voel nie. Alex gooi ook tantrums. Veral as ek vir hom se hy kan nie buitekant toe gaan nie, of as hy sy bal in die dammetjie inskop....

Ek het vir alex 'n potjie gekoop. Hy trek mos sy broek af, sy doek uit, en dan bollie hy op die mat!!!! :ohmy: :ohmy:
Ek forseer hom glad nie om dit te gebruik nie, want ek dink hy is nog te klein, maar voor badtyd sit ek hom op die potjie, en dan piepie hy, maar soos ek se, ek "enforce" dit nog op geen ander manier nie.. nou nou kry hy Potjie-vrees of iets...!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #92631 by junita
Hi Kimika een van my vriendinne het laat weet sy is swanger en haar tyd ook nogal in Maart, ek so bly vir hulle, die 1ste enentjie en hulle nogal lank gewag.
Ek geweet ek gaan my kinders klaar he en dan gaan my vriendinne begin, ek hoop nou nie ek raak broeis of jaloers nie ;) , want ek sou ook graag weer dit wil doen, maar 2 is al klaar te veel !

Luan is nou besig om ook lekker gewiggies aan te sit, want as hy huil dan gee ek chippie of koekie en hy lief vir eet julle, maar dit is al tyd wat hy nou op sy gelukkigste is !!

Hi dan wil ek gou "brag" oor my meisiekind, sy weer gekies vir Eistedfod, maar die keer om gediggie voor te dra, nogal 'n moeilike gediggie, sy gaan vlg Saterdag dit doen en dan sing sy koor en die 1ste kooroptrede is Dinsdagaand. Voel so trots op haar !!

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #92605 by Delucey
Kimika my hare is permanent in 'n poniestert vir die hare trekery... maar dit help nie - sy trek sommer my hare uit die ponie uit!!! Urgh!

Ja Bianca en pappa het toe gegaan vandag. Klink my hulle het dit geniet. Hy se vir my al die ander mans (so ses) se vrouens was ook daar. Nou wat is die punt dan? Dis mos veronderstel om die pa en kind se tyd te wees.. anders sou hulle dit mos 'n parents and tots sessie genoem het :P Het daai vrouens so min vertroue in hul mans alleen met die kinders? Ja ek moet erken ek is ook so ma wat maar eerder alles self doen maar ek het gevoel dis nou die ideale geleentheid vir hulle om nou regtig alleen tyd deur te bring en dan ook vir my en Eben.

Cute dat Pietertjie al so oulik woordjies bymekaar sit! Bianca praat nog net enkel woordjies en ook nie eers veel nie. Die vrou by die moms and tots se donderdag blykbaar kinders wat later praat se groot motories is voor en die wat vroeer praat se klein motoriese vaardighede is voor... een of ander tyd haal almal in ;) Maar nou ja ek sou nogal daarvan gehou het as ek haar beter kon verstaan en sy vir my want die tantrums is nou definitief in volle swang. Sy begin mos nou haar kop stamp as sy kwaad of frustreerd word - boetie het dit ook gedoen.

Hoe gaan dit met jou swangerskap, Kimika? Hoe ver is jy nou?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account