file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 3 months ago #92592 by Kimika
Hi!!

Delucey, tande = erger! Ek het seker nou al 4 aande nie sy tande geborsel nie, dis net te erg! En hy sny nou sy oogtande ook so ek dink dis ekstra seer :(

Dis baie oulik dat Bianca haar pensie wys :)

En ek weet ook nie wats die ding met hare trek nie!!?? Goggie doen dit ook en ek word smoor kwaad vir hom! Ek piets sy hande dan hou hy sy handjie met die ander ene vas en bekyk hulle sooo.. en dan smile hy so skelm en kom trek weer :(

Junita, ek verkies def nou dat Pietertjie ook loop! Ek was al redelik gatvol om die boude en kniee van elke liewe broek te moet skrop! Nou word net sy skoene vuil :)

Wow wat 'n huge kind!! Pietertjie weeg nou net oor 9kg so hy sal soos 'n muggie lyk :)

Delucey, het Bianca toe saam met haar pappa gegaan?

Hierdie outjie van my raak nou te slim vir homself.. dis amper aandete tyd ou kom hy en se vir my "mamma soetie kry" En sal ek dit nou waag nie vir hom 'n swietie gee nie!!! So daar is aandete nou in sy maai in :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #91802 by Delucey
Ja kyk dis nogal vinnig dan begin hulle spoed vang. Bianca loop al vinnig maar is nog nie by hardloop nie ;)

Ek ken van nie wil neergesit wees nie... my heupe wil afbreek!!!

Sjoe hoekom is die kind so swaar? Lyk die kind oorgewig? Sjoe dis amper twee keer wat Bianca weeg! Ek onthou so paar jaar terug het ons met vakansie gegaan en daar was toe ook 'n vrou met 'n kind. Kon sien dis nog 'n baba maar daai kind was ook net so huge. Nie oorgewig of iets nie net baie groot.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #91796 by junita
Hi ja omtrent stil hier, waar is almal dan snik snik.

Ag gaan darm nog ok by ons ok, Luan gee ook al paar tree, een van die dae gaan ek agter hom moet hardloop :laugh: .
Hy maar weer regtig weer moeilik die laaste paar dae, wil niks weet van bad nie, wil nie neergesit wees nie, en ek sit met 'n stywe nek as gevolg van heeltyd hom dra.

Hi julle daar was vandag 'n baba by ons vir x-strale, hy nou 'n jaar oud en hy weeg 'n volle 22 kg :blink: !!!! Het nog nooit so groot baba gesien nie julle, ek dink nie eers my dogter weeg so baie nie, anyway...daai ma moet swaar dra.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #91780 by Delucey
Hmmm dit raak al weer te stil hier julle!!!!

hoe gaan dit nog met almal? Gaan goed hier, Bianca raak nou te oulik. Begin nou bietjie woordjies leer. Sy se te cute "teddie" kan haar sommer opvreet. Maar as sy langs my le en slaap en my hare trek dan wil ek haar nie opvreet nie hehe Weet nie wat is dit met haar en my hare nie. O en ek probeer nou haar liggampie vir haar leer en het haar nou maag geleer dan trek sy haar hemp so op en druk met haar vinger op haar maag en se dan "naaa" hahaha

Sy geniet ook nog die moms and tots. Hulle het nou saterdag 'n dads and tots dag en ek het vir my man gese ek dink hy moet vir Bianca vat dan kan hulle bietjie bond. Sy klou mos so aan my vas soos 'n neut.

Kimika gaan dit nou al beter met die tande borsel of erger? :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #89623 by Kimika
Hi julle!

Junita ek dink dis ook maar deel van seuntjie wees deur so bietjie boelierig te wees :) Bly dat hy amper al self loop! :)

Sy ogies is baie beter, dit het self reggekom nog voor ek iets kon kry daarvoor. Maar hy is nog nie heeltemal homself nie so ek vermoed nogsteeds die oogtande. Sal maar wag en sien of iets uitkom.

Tandeborsel is nog erger! hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #89255 by junita
Hi julle !!

Julle sommer gemis, was maar besig en die tyd was maar min vir chat.

Gelukkig almal weer gesond so nou gaan ons maar weer aan soos normaalweg :cheer: .

Luan gaan nou skuif na die groter babas toe, speel deur die dag daar en slaap by die klein babas, hulle sê hy pas mooi aan ek kan nie wag om te gaan speel nie :) , net een probleem, hy nou by die groter kinders geleer om afknouerig te raak, so nou knou hy die klein babas af deur hulle die stamp, sies boeta ;).
Hy loop al amper op sy eie, doen ok die handjie ding, so vir eers hou hy ons besig met die stap hehe.

Verder gaan als goed :) .

Kimika Luan se ogies ook so lelik gedra 'n week of 2 terug, gelukkig darm reg gekom, het maar met soutwatertjies die ogies afgevee, was by die apteek toe wou hulle nie iets gee nie, gesê ons moet hom liewerste dr toe vat, maar met ons siektes nooit daarby uit gekom nie, en my ma hom sommer so reg gedokter.

Jippie lekker langnaweek :cheer: !!!

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #88930 by Delucey
hehe Kimnika...

hoe gaan dit nou met die tande borsel? En die ogie? Ai die kinders... die winter moet nou net sy ry kry dat al die kieme en siektes ook kan wyk!!!

Ek het nou eers vloere gewas (jip die tyd van die aand) kry more 'n vriendin wat kom kuier so alles blink :)

Ons was weer by moms and tots vandag.. Bianca geniet dit vreeslik baie. Ek is bly ons het aangesluit. Sy speel so lekker.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account