file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 1 month ago #88925 by Kimika
helloooo helloooo hellooo ? daars 'n echo hier binne so verlate is dit :(

waar is almal???

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #87646 by Kimika
Ok hier broei def iets met my goggie... hy is super misluk en huil vir enigiets die laaste 2 or 3 dae.. slaap vreeslik sleg deur die dag (en aand maar dit tel amper nie meer nie). Ook dra sy ogies nou al van gister af en hy vryf dit heeltyd. Gaan maar more kyk vir 'n oogsalfie of iets voor dit omsit in 'n infeksie. Kan dit tande wees wat so iets maak??? Shame ek kry hom vreeslik jammer maar daai oognollies maak my super naar :( Arme dingetjie :(

Sy een oogtand het by die see al deurgesny maar nie veel van daar af gegroei nie, en die ander is gladnie in sig nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #86903 by Kimika
Hy gaan my def byt :) Hy hou oor algemeen niks daarvan as ek in sy mond rondloer of voel nie. Die tandepasta pla hom nie, hy suig dit af van die tandeborsel af en wil self borsel, maar sodra ek die tandeborsel vat en begin borsel dan skree en veg hy :( Moet ek hom nou maar net elke keer vasdruk en borsel tot hy aanvaar dis deel van die roetine?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #86537 by Delucey
Haha cute dat hy nou so stap Kimika. Bianca wil party dae lyk of sy gaan hardloop haha

Dalk brand die tandepaste hom of hy hou bloot net nie van die idee van tandeborsel nie. Wat jy dalk kan probeer is om nog 'n tandeborsel vir hom te kry dan kan jy dat hy self borsel en jy ook sommer so tussendeur. Ek weet nie hoe werk daai spiffies wat mens kry vir die tande nie anders kan jy dit dalk probeer maar ek dink dan gaan hy jou dalk byt ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #86525 by Kimika
Hi julle!!

Kitty, klink my die outjie hou jou baie besig ;)

Ek is juis nie seker oor die inspuiting nie, het verlede week al die suster gevra om in Pietertjie se leer te kyk wanneer moet hy weer kom maar sy het my nou nog nie gebel nie, sal haar maar more bel maar ek dink amper dit was op 15mnde.. Sal jou laat weet.

Pietertjie stap nou die wereld vol :) En hy vra my nie meer om saam te stap nie !! Dis sooo cute. Ons was nou die dag in my sussie se tuin en dis effe skuins daar. Toe stap die mannetjie en so met die afdraande vang hy 'n speedwobble en weet nie hoe om te stop nie. Hy val toe op sy kop en slaan skoon 'n bommelakiesie (sp), staan op en stap verder. Kannie glo my ou babetjie word nou so 'n seuntjie nie!

Oor die vroeg opstaan.. myne slaap omtrent elke oggend tot 8uur. So nou en dan sal hy vroeer wakker word.. maar dan moet ek se dat hy nogsteeds sooooveel keer per aand wakker word.. maar ek is nou al so gewoond daaraan dat dit my amper nie eers meer pla nie. :)

Ek sukkel vreeslik om sy tande te borsel.. hy huil en skree en baklei as ek net begin die tandepaste opsit! Daar is nie 'n manier wat ek dit 2 keer 'n dag sal kan doen nie :( Is dit normaal??

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #86442 by Delucey
Kitty wat ek maar altyd doen is om my hele post te select en te copy .. so as iets fout gaan paste ek dit net weer in :)

Ja Bianca het ook nou skielik vroeer begin wakker word... en sukkel maar om haar te kry om langer as 'n uur te nap in die middag!

Tussen 15 - 18 maande is dit die MMR inspuiting. My man is nou bietjie skepties om dit te gee toe se die suster ons moet dan die Masels booster gee. So ja sal sien ek moet nog 'n afspraak maak. Eben het die MMR gehad so kan nie se of dit iets maak nie.

Ai Bianca was alweer siekerig die week. Weer haar ore en mangels. En sy is nou weer op antibiotika en dit krap haar maag om - al gee ek Reuteri en Joghurt! Argh! Hoop maar dis die laaste want ek is glad nie 'n fan van antibiotika nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #86327 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re:*** Maart/April 2009 Mammas***
Hello julle
Die internet is ontsettend stadig hier, so ek lees wat julle se, maar ek is moeg daarvoor om 'n hele post te tik, en dan 'n time out te kry, en alles weg!! :angry:
Junita, hoe gaan dinge nou daar by jou?

Hier goed. Alex is vreeslik bedrywig.. klim op alles, maak alles oop, gooi sy speelgoed,(dog hy gooi nou die dag die ruit uit met een van sy balletjies) klim onder alles in, druk alles in sy mond in.. sjoe... :blink: major verkenning...

Tot hoe laat slaap julle babas nou? Of moet ek nou se toddlers??! :) Alex het vir baie lank tot 07:30 geslaap, maar nou is hy weer terug op die 06:30 oggende.. agh!!!

Is daar nie een of ander inspuiting op 15/16 mde nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account