Hi Julle
Kimi, dankie man.. Ja die eksamen ding is vreeslik sleg. Dis 'n reeks toetse, en hy het vir almal baie goed gedoen, maar hy het een of ander issue met hierdie vak, en dis nou al so erg dat hy so op sy senuwees raak voor die toets dat hy in elk geval dan droogmaak en gewoonlik nie klaar kry nie. Hy kan nie terug huis toe kom voor hy deur is nie, want dis regtig vrek belangrik... aai, ek kry hom so jammer..!!
Kimi, my seuna slaap nou al deur vir 'n maand. En jy weet mos hy was die master van insomnia nie baie lank terug nie.
Ek het die sleeptraining van Dr Christopher Green gedoen, en ek stem saam met Melinda. As Alex se kamer te koud is, dan wil hy nie slaap nie. SOnder 'n heater is sy kamer 15-16grade! Met 'n heater wat ek laag aansit is die kamer 18grade. Dit help baie. Alex skop homself net so oop, dan le hy en koud kry! So, ek trek vir hom 'n slaapsak aan. Ten minste kan hy dit nie afskop nie!
Melinda, ja sjoe Alex is nou weer reg, maar jitte hy was siek hoor. Ek wil hom mos in 'n nuwe speelgroepie sit, maar nou is ek te vrek bang. Ek het gedink om maar te wag tot na die winter.. miskien September. Dan is hy ook darem baie groter.
Hy het intussen begin loop!

Nog wankelrig, maar dis te cute. Met sulke stywe beentjies.. hehe..!